Zuma verskyn vandag voor staatskapingkommissie

Jacob Zuma (Foto: ANA)

Die voormalige president, Jacob Zuma, sal na verwagting Maandag voor die Kommissie van Ondersoek na staatskaping verskyn waar verskeie getuies reeds die vinger na hom gewys het.

Dit is nog nie bekend of Zuma vrae sal beantwoord nie, nadat sy versoek, dat die vrae voor die tyd aan hom gestuur moet word, reeds deur die kommissie se voorsitter, adjunkhoofregter Raymond Zondo, afgekeur is. Hy is geskeduleer om die hele week voor die kommissie te verskyn.

Zuma se prokureurs en die kommissie se regspan was ongeveer ses weke lank in gesprek waartydens die kommissie se versoek, dat Zuma skriftelik sal bevestig dat hy voor die kommissie sal verskyn, geïgnoreer is. Zondo het vyf dae geskeduleer vir die oudpresident.

Zuma het Vrydag aan die ZAUK gesê die kommissie het hom geroep “sodat ek my verhaal kan vertel, so ons sal daar ontmoet”. Hy was Vrydag in die Randburg-landdroshof waar sy seun Duduzane vrygespreek is op aanklag van strafbare manslag en nalatige bestuur oor ʼn ongeluk in 2014.

Zuma geniet steeds groot ondersteuning uit KwaZulu-Natal, sy tuisprovinsie. Hy het al herhaaldelik in die publiek gesê hy het niks verkeerd gedoen nie, ondanks toenemende getuienis van beweerde korrupsie en staatskaping toe hy die president was. Hy word daarvan beskuldig dat hy sy vriende, onder andere die Gupta-broers, toegelaat het om miljoene rand in staatskontrakte te plunder. Die voortvlugtige Guptas het in 2016 vinnig die land verlaat toe e-posse uitgelek het wat die omvang van die vergrype in die Suid-Afrikaanse regering en staatsbeheerde ondernemings bekend geword het.

Daar sal streng veiligheid wees by die kommissie se lokaal in Parktown, Johannesburg. Slegs 200 lede van die publiek sal in die saal toegelaat word. Reëlings word getref vir die publiek om die verrigtinge op groot skerms te kyk in die nabygeleë Pieter Roospark. Zuma-ondersteuners, wat hulself “radikale ekonomiese transformasie (RET)-kampioene” noem, sal na verwagting in groot getalle opdaag. Sy ander ondersteuners sluit in Black First Land First (BLF) en sommige lede van die uMkhonoto weSizwe se militêre veteranevereniging (MKMVA).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

Oud-pres Zuma “Verskyn” vandag voor die kommissie. Dit klink vir my soos ‘n “Wel-Wil-Lendheids besoek = hy gaan net bietjie oe wys en jovial verkeer!! He-he-he!

Sarel ·

Waar Zuma is sal drama wees, so maak julle maar reg daarvoor. Moet nie verbaas wees indien daar chaos gaan ontstaan nie.

emily ·

En so gaan hy natuurlik weer uitloop. Hy is mos te goed om te kry wat hy verdien.

Lana ·

Aan jou vriende sal jy geken word. Dit spreek boekdele as jy oplet dat BLF hom ondersteun.

Johan ·

Dit is verbasend dat mense wat die staatskaping blykbaar uitgevoer het (en miljarde rande laat “verdwyn” het deur korrupsie, geweldig steun. Die staatskaping het die land en sy mense verarm.. Tog is daar diegene wat dit wil goedpraat. Nét in Suid-Afrika!!

Grassie ·

Die feit dat Zuma se prokureurs en die kommissie se regspan ses weke lank onderhandel het voor hy ingestem het om te verskyn maak my bekommerd. Gisteraand op Kyknet nuus is gewys hoe hy soos ‘n nar dans en honend lag oor die aangeleentheid – baie seker van sy saak. Dit was ‘n oorwinningsdans. Hy is ‘n meester-manipuleerder en ek vertrou nie die vrede nie. Miskien is wat gesê gaan word nie baie belangrik nie, maar wel dít wat verdoesel gaan word.

Theresa ·

Gisteraand op TV baie vermakerig gewees, gedans en spot gedryf. Kom ons kyk of hy vandag ook gaan dans!!

Linda ·

Aaaag wat… Hy gaan soos in niks oorkom nie. Soos gewoonlik. Net soos sy seun losgekom het gaan Zuma ook niks oorkom nie. Geen gereg in hierdie land nie.

LR ·

Zuma MOET op n manier geēlimineer word. He het ner doodeenvoudig die land te veel skade aangerig, daar word bereken dat sy leierskap direk en indirek die land se ekonomie met 25% laat krimp het.

Paul ·

Ek het gedink Zuma is opgeroep om vrae te beantwoord aan die Zondo kommissie, maar hy word nou toegelaat om ‘n politieke toespraak te lewer.

Ian ·

Hierdie Zuma het nou n toespraak gehou. hy het seker meer as 10 keer genoem dat daar 3 intelligentsie agenskappe n plan solank as 20 terug al teeen hom voer. hoop hy noem al 3 dan. Sover is sy pratery maar net n skoonwas van homself. Kyk maar later self .

Michelle ·

Watter sirkus menige kleinkinders gaan lank hieroor praat as ons nie meer daar is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.