Zuma verskyn weer vlugtig in hof

Zuma Vrydag in die hof. Foto: ANA

Die staat het Vrydag in die hooggeregshof in Durban gesê hy is gereed om voort te gaan met die saak teen oudpres. Jacob Zuma en dat die verdediging die saak laat sloer.

“Die staat is gereed, maar die verdediging nie,” het staatsadvokaat Billy Downer gesê. Zuma en sy medebeskuldigde, Christine Guerrier, namens Thales South Africa, het vlugtig in die  hof verskyn voor die saak tot 27 Julie uitgestel is.

Thales het Donderdag voorleggings aan die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) gedoen om die saak teen die maatskappy terug te trek. Downer het dit bevestig, maar gesê die staat het nie genoeg tyd gehad om die voorleggings na te gaan en ʼn besluit te neem teen vandag nie.

Downer het uitgevaar teen Michael Hulley, Zuma se regsverteenwoordiger, en gesê die saak is op 6 April tydens Zuma se eerste hofverskyning spesifiek uitgestel sodat Thales voorleggings kan doen en Zuma se regspan ʼn hersieningsaansoek kon indien.

“Die staat het nog nie ʼn hersieningsaansoek van mnr. Hulley ontvang nie en ons is teleurgesteld dat dit die geval is.” Hy het bevestig die staat is gereed om voort te gaan met die saak en dat 12 November steeds beskikbaar is as ʼn moontlike verhoordatum.

Die saak sal op 27 Julie in die hooggeregshof in Pietermaritzburg aangehoor word. Hulle het in reaksie op Downer se beskuldigings aan regter Mjabuliseni Madondo gesê die oogmerk was nie om ʼn gebrek aan respek teenoor die hof te toon nie.

Hy het gesê daar is steeds “omstandighede” rakende Zuma se finansiering wat aangeraak moet word. Zuma glo die staat moet sy regskoste betaal terwyl die EFF en DA hof toe is om te verseker dat dit nie die geval is nie.

“Ons sal teen 27 Julie duidelikheid hê hieroor en dan ʼn tydlyn saam met die staat kan uitwerk vir die saak.” Hulley het gesê hy het ʼn skrywe aan die presidensie gerig om duidelikheid te kry oor die regskostekwessie en wag op ʼn antwoord.

Guerrier hoef nie op 27 Julie saam met Zuma in die hof te verskyn nie en sy en Zuma is weer op waarskuwing vrygelaat. Zuma is buite die hof deur ondersteuners begroet.

Zuma staan tereg op een aanklag van swendelary, twee aanklagte van korrupsie, een van geldwassery en 12 aanklagte van bedrog. Die voormalige president word daarvan beskuldig dat hy altesaam R4 072 499,85 onregmatig bekom het uit 783 betalings wat Schabir Shaik gedoen het, ʼn sakeman wat as sy finansiële raadgewer opgetree het ten tyde van die beweerde transaksies.

Die geld was vermoedelik omkoopgeld van die Franse wapenvervaardiger Thales met betrekking tot die omstrede wapentransaksie in 1999.

Ten tyde van die betalings was Zuma aanvanklik die LUR van ekonomiese ontwikkeling in KwaZulu-Natal en daarna, in 1999, die adjunkpresident van Suid-Afrika.

Zuma hou vol hy is onskuldig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Joshua ·

Toemaar oom Jacob, jou comrade Shawn Abrahams wat jou kastig aan gekla het sal al die sake teen jou ‘kook’ en afwater sodat jy vry kan loop-dis mos eintlik hoekom jy vir Shawn jare gelede aangestel het as die hoof van die National Prosecution Authority (NPA) om seker te maak dat comrade Abrahams jou alie sal hou uit die tronk.

Buitestander ·

Moet nie kommer zumpie sal nog vir teminste 3jaar later as vandag verhoor word. Hy en trawante moet 2019 verkiesing ontwrig!!@

Enigste ou ·

Enigste ou wat trots is om in die beskuldigdebank te staan.

John ·

Almal weet die musical chairs-speletjie gaan nie stop nie, want die muziek hou net aan en aan en aan. En die landlyn na Mugabe bly warm vir meer raad en onderzkraging. Wat mens laat wonder, wie die ANC in wese is met ‘n hoofleier van die UKeZ’e x-prez homselwers wat duidelik buite die reels speel, uitgevang is, maar sy ondersteuners bly in sy onskuld glo. Hoekom? Is verkeerd nie verkeerd nie en misdrywe bloot Westerse konsepte? Wat impliseer dat die gewete van sekere mense sekere aksies nie absorbeer nie en oortredings nie as sulks erken nie. Het die samestellers van die grondwet bloot saamgespeel en dus ooit van plan om dit te eerbiedig nie.

Abe ·

Zuma het n geskiedenis van nie verstaan wat hy verkeerd gedoen het nie.

Ver links ·

Advocate Abrahams has done a thorough and professional investigation, but one has to understand that there is no sufficient evidence against Pres Zuma. This is only cost the country lots of money on court cases and the money can be used for housing, schooling, medical etc for the poorest of the poor. Let Pres Zuma now enjoy his retirement. This hunting on the Pres is uncalled for and people should pray for him and the good deeds thay he has done for the country.

Stoffel ·

Ver Links, jy laat my lekker lag vanoggend. Maar eintlik konstateer jy net die feit dat Mzansi in sy maai is. Met ‘n kieserskorps soos jy? Cry the beloved country…..

Rynhardt ·

In 2016/2017 het ek vir Maroela media gese in verskeie kommentare:”Zuma sal nie n tronksel sien nie.Hy sal uitgaan met n “bang!” Op E-Tv vandag het Zuma gese:”Alles is poltiek gedryf teen my.Ek het niks verkeerd gedoen in wapenskandaal nie.” Onthou Zuma en sy rebelle glo hy is onregverdig uitgewerk! Jy sien baie wittes verstaan nog steeds nie Anc-politiek nie.Buite die hof het n spreker die volgende aan Zuma se ondersteuners gese:”Ons mense word vermoor en hul moordenaars verskyn nie in die hof nie,maar Zuma moet,maar hy maak nie ons mense dood nie!” Dit wys n groot magstryd heers in Anc.Die botsing tussen pres.Ramaphosa en Zuma se ondersteuners is ver van verby!Ek glo Ramaphosa gaan nie sy volle termyn uitdien nie.

Snowball ·

Wie laaste lag…….Nou moet ons net sien wie gaan vir die gelag betaal. Daai tweede naam “Gedleyihlekisa” – The one who laughs while grinding his enemies – blyk nogal profeties te wees as ek die “Hehehehehe” van sy tyd in die parlement reg onthou. Hoop ek aanskou wie laaste lag…..

Sarel ·

1. Zuma en Regsverteenwoordigers se ou taktiek van vertraging duur voort. 2. Zuma gaan terug kom in 2019 verkiesing.

Muffin ·

Daar sal niks van kom nie. Staatsgelde word net gemors en ons moet betaal.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.