Zuma verskyn wél voor staatskapingskommissie

Jacob Zuma (Foto: Nic Bothma, Pool via AP)

Die kommissie van ondersoek wat staatskaping ondersoek, het bevestig dat oudpres. Jacob Zuma wél volgende maand voor hom gaan verskyn.

“Die kommissie kondig hiermee aan dat hy gister (Maandag) ʼn geskrewe onderneming van mnr. Zuma, by monde van sy regsverteenwoordigers, gekry het dat hy tussen 15 en 19 Julie 2019 gaan verskyn,” het Mbuyiselo Stemela, woordvoerder van die Zondo-kommissie, in ʼn verklaring gesê.

Luidens berigte het die kommissie Zuma sedert April vanjaar al minstens drie keer gevra om te bevestig dat hy voor die kommissie gaan verskyn.

Die oudpresident het ook vantevore daarop aangedring om vooraf te weet watter vrae aan hom gestel gaan word, voordat hy instem om te verskyn of ʼn verklaring af te lê.

Die kommissie het toe gesê Zuma is nié daarop geregtig om te eis dat hy voor sy verskyning van vrae voorsien word nie.

Verskeie vorige getuies oor staatskaping het in hulle getuienis voor die kommissie na Zuma verwys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Magda ·

Hoop net dat die grootste skelm op aarde iets gaan se wat die moeite werd is – Lieg is sy No 1 – so sal maar sien wat uit sy mond kom.

Ma ·

Hoe op aarde kan hy voorwaardes stel? Nogal wil hy voor die tyd weet sodat hoekom? Hy sy liegstories kan gaan uitdink. ? Ek raak net al hoe meer vies!

doris ·

Nee mnr, Juma hoe wil jy nou die vrae hê voor jy instem om te verskyn of n verklaring wil aflê die ander mense het net voor die kommissie verkyn sonder om te doen wat jy nou wil hê hulle vir jou moet doen. Nee wat dat die waarheid nou een maal uitkom.

Johann cb ·

Dankbaar om van die voorgenome verskyning te hoor!
Het die Zondo-kommissie egter enige persoon/instansie laat vervolg en vonnis?

Maljan ·

Besef hy nie dat hy die sleutelfiguur in die staatskaping was nie?

Johann cb ·

Volgens ‘n berig wat ek pas ontvang het, gaan hy wél voor die kommissie verskyn, maar skynbaar níé getuig nie!

Petro ·

Dit is net reg kom bieg jy is nie nou meer die president nie jy is nou net so n landsburger soos enige van ons

Danie ·

Die tyd is Nou dat die krimineel en sy meelopers van hoogverraad teen land en sy mense aangekla word

Gert van Wierdapark ·

Hy reken seker maar dat hy n ou welwillendheids-besoekie moet gaan afle by die Kommissie. “Rent A Crowd” sal natuurlik vir n tros aanhangers sorg want JZ is mos n man met baie volgelinge, vroue en vriende!!

shark ·

so van tyd mors was lank laas beleef.. hierdie hele ondersoek na staatskaping, maar ten minste kan ons sien hoe die opper skurk stress…alles is basies lagwekkend want niks gebeur nie,die mense wil maar net belanrik lyk maar sommige weet beter.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.