Zuma versoek beter rasseverhoudings in Coligny, Ventersdorp

Pres. Jacob Zuma tydens die Jeugdagvieringe in Ventersdorp (2017) Foto: @PresidencyZA, Twitter

Rassisme is ʼn siekte van apartheid wat genees moet word, het pres. Jacob Zuma Vrydag gesê.

“Die jeug, swart en wit, moet saam staan in die stryd teen rassisme in die land en ʼn werklik verenigde, nierassige samelewing bou,” het hy gesê toe hy die inwoners van Ventersdorp toegespreek het tydens Jeugdag-vieringe.

“Ons het ʼn jong persoon, Malthomola Moshoeu, hier in Coligny in Noordwes verloor. Hy is gewelddadig vermoor. Die omstandighede rondom die moord sal deur die hof bepaal word en ons moet die reg die geleentheid bied om sy gang te gaan.”

Hy het gesê Moshoeu se afsterwe moet die mense van Coligny verenig in die toewyding om rassisme te oorwin deur saam te werk.

Die seun is op 20 April oorlede. Twee boere, Pieter Doorewaard (26) en Phillip Schutte (34), is in hegtenis geneem in verband met sy afsterwe. Hulle is vrygelaat op borgtog van R5 000 elk. Hulle sal na verwagting weer op 26 Junie in die hof verskyn. Die boere voer aan Moshoeu het sonneblomme gesteel en van ʼn bewegende bakkie afgespring toe hulle hom na ʼn polisiestasie wou neem. ʼn Ooggetuie het aangevoer hy het gesê Matlhomola is uit die bewende motor gegooi. Sy afsterwe het tot gewelddadige betogings in Coligny gelei.

“Ons hou die 16 Junie-herdenking in Ventersdorp, wat sy eie hartseer geskiedenis het van rasseverhoudinge, gegewe die invloed van ʼn voormalige inwoner van die dorp,” het Zuma gesê, met verwysing na AWB-leier Eugène Terre’Blanche.

“Terselfdertyd het Ventersdorp ʼn positiewe geskiedenis, omdat oom JB Marks nou hier begrawe is. Kom ons bou ʼn nierassige dorp waar Suid-Afrikaners mekaar respekteer en ʼn beter toekoms saam bou, ter nagedagtenis aan Oliver Tambo en JB Marks.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Landi Maree ·

Ag hemel hy het van bakki gespring in di ry want hy geweet hy skuldig. Nou kry rasisme di skuld nee dit is ni rasisme dis di maak n breek n aanrand en afbrand en moor en wegkom daarmee. Di land kort n leier wat omgee vir di land se voortbestaan n ni net vir eie gewin. Iemand jonger wat omgee

Pieterlewismuts ·

Ek haal aan. “Hy is.geweldadige vermoor”.
Twee insig te vir oorweging.
1. Almal aanvaar in RSA dat jy onskuldig is totdat die hof jou skuldig bevind, behalwe as dit andets in Mnr Zuma se agenda pas.
Dit is nou “Fighting talk” was my heel eerste reaksie toe ek dit lees.
2. Om in teenstelling met 1. hierbo nou te pleat vir beter rasseverhiudings is n weerspteking daarvan.
Dit is die soort van taal wat voor verkiesings gebruik word.
Besluit self wat om daarmee te maak as Mnr Zuma sy.mond oopmaak.

Reti ·

Wat kan mens sê? Volgens mý waar ék werk en waar ék beweeg is rasseverhoudinge BAIE goed. Net as die persoon genaamd Zuma sy mond oopmaak voel ek ook na GEWELDADIGE MOORD. Hoe kan hy sê die kind is geweldadig vermoor? Is die hofsaak verby? Wat van al die boere wat GEWELDADIG VERMOOR is? Rek hy sy mond (bek) daaroor? Hy hou so daarvan om rasse onenigheid te stig want dit pas hom. Ek gaan aangekla word van laster as ek enigsins aangaan. Asb Zuma. Sjurrup net.

Eugene ·

Hy veroorsaak rasse konflik deur sy uitsprake om die aandag van sy korrupsie aftelei.

Adam ·

Absoluut korrek, Eugene. Indien rassisme ‘n “siekte van apartheid” is Mnr Zuma, moet jy asb vir my verduidelik hoe rassisme in ander dele van die wereld ontstaan het. Jou onsinnige uitsprake begin nou na waansigheid klink.

Eish ·

Ek kan nie politici en Baalpriesters hanteer nie! Geen melding word gemaak van die vernietigingswerk wat op die dorp neergedaal het na die ” geweldadige moord” nie. Die man is slegs die president van die land waar ek toevallig woon. Dis al!

De Villiers ·

Gerrit, slaan jy nou die spyker op die kop. Plaas haal hy die balk uit sy eie oog voordat hy vir almal wil voorsê.

marlene ·

Dis so ongelooflik dat hy nooit iets noem oor die plaasmoorde nie……
DIT is geweldadig!

Gerrit ·

“Gee my masjiengeweer” Was dit nie Zuma se woorde nie. Jakals.

Grietha ·

Hoeveel is plaasmoorde, moorde, verkragtings en hijack? Op onskuldige mense en kindertjies so wreed! Misdade word nie minder nie. Hoe beskerm onskuldige mense hulself asook kindertjies. Ons moet bakkei met ons kaal hande om ons self te beskerm. Dis baie hartseer.

jagter ·

Sien youtube wat by Coligny gesing is – Boere moet ophou “nice” wees en julself meer beveilig, behalwe as julle vernietig wil word.

B-BBEE is ‘n misdaad – dis diskriminasie en rassisme
SWART bemagtiging is nie deur APARTHEID ingestel nie, maar deur Zuma Malema 400 parlementslede en al die liberaal verligte BLANKES wat in alreeds in DAKAR was, gaan kyk gerus wie hulle is – bb.
In hansard van 2003 het bekende in liberaal verligte blanke advokaat in kringe, ook sy pamflet uitgedeel, hoe om van 750000 blankes ontslae te raak…. hoop regsgeld brand jou sakke stukkend van die bloed
Swart leiers en blanke advokaat het voor 1994 gekla SEGREGASIE is ‘n misdaad by VN maar die dag na 1994 tree Trustwette in werking wat SEGREGASIE nie ‘n misdaad maak nie – > swartes verkies hul eie gebied, volk , taal en kultuur – blankes ook, sonder die liberales.

tom ·

Mens kan sien die __________€was nie op skool nie dis hoekom die land in sy m___ is

Boland ·

Z..a hoe pateties is jy nie.Dit gaan my verstand te bowe iets wat jy sekerlik nie het nie.Heheee jou vet gaan nog braai.

Vryheid ·

Dit uit die mond van die groot rassis homself. Ek vra wys my asb net waar zuma n positiewe bydra in ons land gehad het, waarop kan hy roem. Niks, nothing mahala.

Johanna Botha ·

En so vra die grootste rasis ….vee maar eers voor jou eie deur en haal die balk uit jou eie oog ou tweegatjakkals !

Johann ·

Rassisme is ‘n ongeneeslike siekte wat masjiengeweer Zuma het.

Johann Marx ·

Ek sal aan my rassistiese neigings begin werk die dag as jy Swart Ekonomiese Bemagtiging en Regstellende Aksie en Sport Kwotas opskort ou grote…. Tot dan, doen ons maar elkeen ons eie ou dingetjie, né?

Jan ·

Sê niks, kyk om hom, verby hom, bo-oor hom, wat nie moeilik is nie, en bly uit die moeilikheid uit. O’ja, en bly weg van Twitter.

FM ·

Dink die siel daar is mense wat hom glo. As hy iets sê moet jy maar weet hy sê dit net om sy eie bas te red en dus omdat hy n verskuilde agenda het. Hy sê dinge soos dit hom pas. Mense met n lae selfbeeld en lae intellek raak zumageite kwyt. Dink hy nou n normale mens glo hom!!!

Jan ·

Mense, Zuma is die grootste rassis, dis ‘n siekte van hom, as ek dit wat hy gesê het mag omdraai en die blaam plaas waar dit hoort. Apartheid het nie ontstaan as gevolg van rassisme nie, dit was nie die oorsaak nie. Zuma stop nie nie en hou net aan, maar verplaas dan die blaam. Ons moet eintlik groter wees as hy, nie kommentaar lewer nie, maar verby hom kyk, hom nie raaksien nie en ignoreer. En ons moet maar eerder wegbly van Twitter.

Arie ·

Komende van die grootste rassis, die party is n grap en hy is die hoof nar!!

Frik Kruger ·

Zuma lewer eerder kommentaar oor nog n sinnelose moord tydens n plaas aanval by Lichtenburg. Jy het klaar die twee mans skuldig bevind sonder n verhoor maar rep nie n woord oor die swartmense wat die boer vermoor het nie. Jy behoort jou te skaam om so kant te kies. Dit is duidelik dat jy eintlik die rassis is.

Amanda ·

Kan iemand asb vir pres Zuma al hierdie kommentaar wys? Ons sal dit vreeslik waardeer.

Blits ·

die vent is vertraag verby, hy het nie n gewete nie en beslis ook geen karakter nie

Leendert ·

Ek wens ek kon die president van ‘n land wees om my oudag mee te verwyl, die verveeldheid op te kikker, die land nou en dan so ‘n skop te gee, op te neuk as ek knorrig is, of as die jig te veel pla en as die hond nie in die nabyheid is om dit op uit te haal nie. Dan gee ek sommer ook my kat, Apartheid, die skuld, ja dis die naam, want die kat hou hom maar eenkant as ek laat waai. Ook die papegaai, Gigabite, hou dan sy bek.

Rina Vermeulen ·

Ai nee Mnr Zuma rassisme is nie net ñ siekte van apartheid nie! Kom ons kyk bietjie hoeveel rasgebaseerde wette is op die wetboek nou en dit net in ñ ander mooi naam transformasie. Ook rassisme moet oor die hele spektrum aangespreek word nie net eensydig nie. En asb veroordeel alle moorde nie net sekeres nie .Berispe ook u mense as hul als net wil afbreek en brand .As u hierdie benadering volg kan alle rasse in harmonie saam leef.

Johannes Meintjes ·

Ons is verby Apartheid in die sin dat die huidige generasie genoeg tyd gehad het om te studeer en nie in die Apartheidsera grootgeword het nie. Rasissme is egter skynbaar sterk ingebore en polities opgesweep in SA.

SARIE VAN HEERDEN ·

Eintlik moet ons nie eens kommentaar lewer op Zuma se publieke uitlatings nie want dis sy manier om aandag te trek en sy naam nog “op die boeke” te hou. Dan gaan die gek en verklaar by ‘n byeenkoms dat hy homself ge-“educate” het. Waarmee, met vrouens en veelvuldige kleintjies? Zuma moet ‘n ziip oor sy lippe laat aanbring en dan stilstil te verdwyn na wie weet waar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.