Zuma versoek gesamentlike optrede teen terrorisme

Pres. Jacob Zuma Foto: Elmond Jiyane

Pres. Jacob Zuma Foto: Elmond Jiyane

Pres. Jacob Zuma het gesê gesamentlike internasionale optrede teen alle vorms van terrorisme is noodsaaklik, maar dat dit ook van kritieke belang is om werk te maak van die oorsake daarvan.

“Ons moet goeie bestuur vestig, algehele volhoubare ontwikkeling ondersteun, die beskerming van menseregte instandhou en verseker dat enige militêre optrede streng in ooreenstemming met internasionale reg onder die mandaat van Verenigde Nasies se Veiligheidsraad plaasvind,” het Zuma by die beraad van G20-leiers in Turkye gesê.

Volgens Zuma het die “pynlike menslike tragedie” van die huidige vlugtelingkrisis in Europa die noodsaaklikheid om volhoubare oplossings te vind, beklemtoon en dit moet erken word solank daar konflik in die wêreld is, vlugtelinge ʼn werklikheid sal wees om mee rekening te hou.

Suid-Afrika het weer ʼn beroep op leiers van die Europese Unie gedoen om dringend te reageer met ‘n gemeenskaplike, omvattende en volhoubare beleid met die fokus daarop om verantwoordelikheid onder sy lede te deel, terwyl die probleme van die lande waarvandaan die vlugtelinge kom, hanteer moet word met die belofte van ondersteuning indien nodig, het Zuma gesê.

Volgens Zuma is die algemeenste oorsaak van die huidige tendens van terrorisme en die teelaarde vir gewelddadige ekstremisme hoofsaaklik die gevolg van ononderbroke oorlog en konflik in ‘n streek waar militêre optrede vir ‘n baie lang tyd voorkeur gekry het in plaas van politieke oplossings.

“Die gebrek aan bevordering van politieke dialoog en die afwesigheid van ‘n volhoubare langtermyn-oplossing het die ruimte geskep vir terroristegroepe soos ISIS, Al-Kaïda en die ander groepe wat met hulle verbind is, om onenigheid uit te buit vir hul verwronge oortuigings.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Dan ·

Hy moet sommer die terreur in S.A. ook laat ondersoek. Ons weet wie in die verlede dit gedoen het en soos nou.

Louisa ·

Het dit nie dalk ook tyd geword vir gesamentlike optrede teen die uitwissing van ons boere en ander onskuldige slagoffers van geweld in ons die land nie?????

Flippie ·

Die ANC en die huidige regering was terrorists en hulle ondersteun van hierdie terrorists groete aktief.

Die toestand in Europa agv van die vlugtelinge is ‘n goed beplande strategies van die Islamiete (ekstremiste). Om hulle eeue oue vyhande te infiltreer waarna hulle korte metre van die europese kultuur sal maak.

Die beskaafde wêreld moet op hulle eie die toestand berrefer sonder die inmenging van onbeskaafde en barbaarse regerings.

Flippie ·

Die ANC en die huidige regering was terrorists en hulle ondersteun van hierdie terrorists groete aktief.

Die toestand in Europa agv van die vlugtelinge is ‘n goed beplande strategies van die Islamiete (ekstremiste). Om hulle eeue oue vyhande te infiltreer waarna hulle korte mette van die europese kultuur sal maak.

Rupert Ashford ·

Mmm, hy’s kop in een mus met sy “vriende”. Die onderliggende redes volgens hulle is o.a. Israel. Die VN sal met meerderheidstemme dikteer dat alle hulp aan Israel onttrek word en die land van die wereldkaart verwyder word deur sy vredeliewende maatjies, en dan sal Europa/die weste volg.

Anoniem ·

Waarom sal die beraad nou luister na n nar wat aan die hoof staan van n muishond land wat ook terroriste huisves. Asb. gaan huistoe en kry jou huiswerk opdatum!!!

J.Z ·

Kyk maar wie is sy vriende en wat in sy eieland aangaan,dan wil hy die wereld voorskryf, vee eers voor jou eie deur dan kan jy praat.

Siener's Vriend ·

Nou wonder ek of hy hom meskien nie meer moet bekommer oor omgekrapte Suid Afrikaners as Islam Ektremiste…..

Philip ·

Hy kan nie eers wet toepas op taxi drywers nie, nou wil hy ook ‘n eiertjie lê!

Henry ·

Jip.
Hy kan sy eier loop lê in een van hierdie droewe land se miljoene slaggate.
Die ou en sy gevolg wat hulself as ‘n regering voordoen, kan nie eers ‘n simpele slaggat herstel nie.
Nou kekkel en kraai hy oor dinge waarvan hy minder as niks weet nie.

Elizabeth ·

Ag ou Zuma ek wil net vir jou sê soos Langenhoven gesê het (nie dat jy sal weet wie dit was nie) “Leë vat hou toe jou kraan dalk sien iemand jou vir ‘n volle aan.”

vermeende ·

Ek hoop hy begin met die bekendmaking aan die VN van die ISIS oleidings kampie hier in SA en gooi die deure oop soos ons grense vir optrede.

Langtand. ·

Wat maak zuma altyd met n donkerbril op sy kop?? Wat steek hy weg dat hy nie die wereld in die oë kan kyk nie??

Zuma niemand steur hul aan jou nie, want jy dwing in jou eie land geen respek af nie!! Kyk hoe bang was jy om te verskyn met die studentekrissis, jy sit veilig agter n televisieskerm waar niks jou kan tref nie!!
Kom terug en gee aandag aan die terroriste wat ons boere so uitmoor! Jou eie land brand en jy toer en vermaan die wereld oor onderhandelings! Ag asseblief, arme nar wat nie eens n getal kan lees nie! Shame!!

GES ·

vermeende – Baie, baie interessante punt wat jy aanroer. As die ISIS – opleingkamp nou in SA ontbloot sou word, hoe gaan dit verduidelik word? Die arme Zuma is omring deur Islamvriende en het lankal sy siel verkoop. Hierdie vriende gaan geen teensyand van hom verdra.

GES ·

As Zuma se oggend- en aandpraatjies ooreengestem het kon hy nog ernstig opgeneem word. Hy moet dalk probeer om sy toesprake self te skryf as hy kan. Wie weet, dit is dalk meer betekenisvol en geloofwaardig. Al wat ek tussen die lyne lees, is die uitwissing van die staat Israel. Hierdie gevolgtrekking vereis net ‘n bietjie kennis en logiese denke. Wat my betref is ons nie meer baie jare weg van Armagedon nie.

HEVW ·

Mense, hoor hoe groot dinge se onse president. Die wereld sidder en beef. Ek wil se hy staan aan die hoof van n wereldheerskapy. Al sy kaders hier vryf hul hande met groot genoegdoening en reken n 40 miljoen se nuwe vliegtuig is n noodsaaklikheid.

JH ·

Zuma, jy is n verleentheid vir die mense van jou land.. jy moet eerder stil bly en regmaak wat verkeerd is op jou eie voorstoep.. wens jy will n bietjie dronk raak en vir die mense daar by die G20 n bietjie syfers lees.. dit kan nogal pret wees.. You will be the main peanut-head in the packet brother!! the soul of the party… hulle sal so lag hulle sal nooit week kan ophou nie… meskien dan sal hul dan weet waarmee ons Suid Afrikaners elke dag te doene het..

alida ·

Ek wonder SA sulke bomaanvalle sal kan hanteer. Is die hospitale en hulle personeel bekwaam en opgelei om ‘n krisis te hanteer? Ek glo nie !! Het die hospitale noodvoorraad en genoeg dokters? NEE want al ons goeie dokters immigreer. Is die SAPD en SANW opgewasse daarteen? Weereens NEE. Wat weet Zuma nou eintlik? Hy het mos sy skuilplek Nkandla.

Solly du Preez ·

Hoe kan een terroris ‘n ander nou veroordeel. JZ julle het presies dieselfde gedoen en doen dit nog steeds.

kurt badenhorst ·

Dis nie ‘n slegte toespraak nie al verstaan JZ nie die inhoud daarvan nie.
Wanneer skrik die Afrikaner wakker en neem reg, veiligheid en toekoms in eie hande? Niemand gaan kom help nie! Ons het die mense, die kennis en kapitaal. Stoot leiers na vore en neem beheer!
Kyk wat kry ‘n handjievol reg by ons universiteite en die vlugtelinge in Europa! Kyk en leer en verander strategie, die antwoorde le voor ons.

BUSFARK VAN PLETSEN ·

Ek wonder of Zuma en die ANC die lysels sal neer le met a vrye en reg verdige verkiesing as die DA die verkiesing wen ek dink noe so nie Hulle sal moor om aanbewid te bly

vermeende ·

Busfark, dit het nog nooit in Afrika gebeur dat ‘n terroriste groep ‘n land oorneem soos die ANC gedoen het en op ‘n demokratiese wyse verloor en afstaan nie. Hulle word onttroon soos hulle in bewind gekom het.

Ek gesels die naweek met ‘n vurige DA ondersteuner wat my probeer oorreed om te stem en vir die DA. Ek wys hom daarop dat die DA se beleid dieselfde is as die ANC en ook dat hulle regstellende aksie steun en ook swyg oor plaasmoorde, die persoon se toe. Ons moet saamstaan om die ANC te breek en as die DA in bewind is dan moet ons weer saam staan om die DA te breek. Ek kon nie glo wat ek hoor nie. Die stigters van die DA het net so lekker gehelp om die ANC in bewind te kry. Die DA dra net soveel skuld soos die ANC vir die toestand van die land en die aanslag op die blanke!!

Petro ·

Zuma moet homself net op sy plek hou daai terroriste vat nie Eleventy two hundred and thirty something as bribery nie daai mense maak onskuldige mense dood.Die volgende ding wat Zuma moet koop is n mars ruimte tuig sodat hy nie kan terugkom nie.

Hoenou ·

Hy seker bang ‘n drone kom bom Nkandla! Wens die weste wil hulle vervies en sommer SA ook bykom en skoonmaak. Sal hulle ewig dankbaar wees..

Johan Spies ·

Hierdie man ‘Zuma” se laaste paragraaf verbaas my en jy kan duidelik aflei dat ‘n libtart wat op sy ‘payroll’ is hierdie toespraak gekryf het!

Johan ·

Ai tog, ek wens die mense wat kommentaar lewer wil net ‘n HAT of enige ander Woordeboek koop en reg begin spel…..party van die spellings laat my dom voel!

Johannes Meintjes ·

Hopelik ook dan met die barbaarse kernoorsake van ongetemde misdaad en stedelike of landelike terrorisme in SA …

Alex ·

zuma is seker die enigste president dat wanneer hy praat, praat hy ook as Tolk vir die dowes.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.