Maimane het gesê die Demokratiese Alliansie (DA) sal alles in sy vermoë doen om die aankoop van die BBP-vliegtuig te verhoed. Hy het ook geëis dat Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging, die verkrygingsproses stopsit en Armscor dienooreenkomstig inlig.
Volgens Maimane het die departement en Armscor skielik ʼn ander deuntjie gesing sedert Sondag se mediaberigte oor die aankoop van die vliegtuig wyd opslae gewek het. Die versoeke vir voorstelle wat deur Armscor uitgereik is, het dit egter duidelik gemaak dat die vliegtuig teen die einde van Maart by die Waterkloof-Lugmagbasis afgelewer moet word, het hy gesê.
Hy het verder gesê die planne om ʼn luukse presidensiële straler wat 30 persone aan boord kan vervoer en boonop spog met ʼn privaat slaapruimte met en suite-badkamer aan te koop, is ’n aanduiding van die regering se skewe prioriteite. “Die regering kan nie R4 miljard op die aankoop van ʼn vliegtuig regverdig terwyl miljoene jong Suid-Afrikaners werkloos is en nie in staat is om ʼn tersiêre onderrig te bekostig nie,” het hy gesê.
“Ek het daarom aan die president geskryf en hom aangemoedig om leierskap te toon deur opdrag te gee dat die verkrygingsproses onmiddellik gestaak word. As die president Suid-Afrika eerste stel, moet hy die departement van verdediging aansê om die aankoop te kanselleer en fokus op regte probleme soos die werkloosheidskrisis, die chroniese finansieringskrisis rondom tersiêre onderrig en die dreigende waterkrisis,” het hy gesê.
Maimane het ʼn beroep op Zuma gedoen om tydens sy vraag-en-antwoord-sessie in die parlement volgende week ʼn verklaring oor die aankoop van die vliegtuig te doen.
Ek het geweet die beoogde nuwe staler gaan ‘n aanboord badkamer hê met ‘n stort. Hy sal in die geskiedenisboeke as ‘n uiterste selfgesentreerde sot opgeteken word.
Ons president moet asseblief nie geld verkwis op luukshede nie, nie nou nie. Ons land is in NOOD gedompel weens die geweldige droogte. Ons doen ‘n beroep op die president om die geld eerder as droogte hulp aan te wend asseblief.
Hoekom sal Zuma staak sit aan die koop? Hy het dit dan duidelik gemaak dat die ANC se belange voor die land sin kom.
Zuma rits rond om ander lande se probleme op te los.
Daarom het hy die vliegtuig nodig. Dis tog te lekker om met jou eie vliegtuig rond te rits.
As hy hom nou sou beperk tot die RSA se probleme dan hoef hy nie rond te rits nie en dan kan hy nie meer so lekker in sy eie vliegtuig vlieg nie.
Zuma kuier op die oomblik in Duitsland. Ek is seker dat die Duitse Kanselier, Andrea Merkel, nie NAASTENBY so baie rondrits as Zuma nie.
Dieselfde geld vir die premier van Engeland en selfs Pres Obama