Pres. Jacob Zuma het Woensdag teruggekeer ná ʼn twee dag lange staatsbesoek aan Frankryk om bande tussen die twee lande te versterk.
Zuma het tydens die besoek gesprekke gehad met pres. Francois Hollande.
Die presidensie het in ʼn verklaring gesê die twee leiers het weer die behoefte, om ʼn strategiese vennootskap te bevorder wat betref die politiek, ekonomie, maatskaplike wese en verdediging.
“Verskeie ooreenkomste is tydens die besoek onderteken om die samewerking tussen die twee lande te verstewig in landbou, energie, hoër opvoeding en opleiding asook kuns en kultuur,” het die presidensie gesê.
Zuma het ook met uitvoerende hoofde van Franse maatskappye vergader en die Suid-Afrika/Frankryk-sakeforum toegespreek om die noodsaaklikheid van handelsbetrekkinge en ekonomiese samewerking te benadruk.
Die presidensie het gesê Zuma het die privaat sektor gemaan om beleggingsmoontlikhede in Suid-Afrika te ondersoek.
Zuma het Woensdagaand in Johannesburg begin met die ANC se “Countdown to victory”, 20 dae voor die plaaslikeregeringsverkiesing op 3 Augustus.
Ja en jou eie land en sy mense is in skerwe………………………..
Ja daar sal niks van kom nie jy mors ons geld dis wat. Dink die hy die Franse is simple. Gatkruip vir Afrika. Lyk tog of skildery reg is
Ek stem saam Christine net ‘n verandering van die heersende party na ‘n regte demokratiese party gaan die land se ekonomie verander.
Vergeet dat die franse ooit met die deurmekaar land van ons iets te doen sal wil he. Zuma jy het nou genoeg vakansie gehou met ons geld.
Die Franse moes hom weg gejaag het.
Meskien vry hy nou na die EU nou dat die Engelse uit is.
Hier is nog materiaal vir n uitstekende skildery
Dit nie gaan werk nie….om n ooreenkoms met zumpie te sluit…..jaaaa
Praat praat praat en tee drink …intussen sit hulle met die kunstenaar se naakte beelde in hulle kop …hoe kan mens jou lag hou wonder ek …hehe
Wat het die gewaande skildery nou met ambassadeurspolitiek te doen? Kom nou mense, moenie dat jul afkeuring van Zuma in die pad kom van gesonde verstand nie…
Ek wonder of Pres.Hollande weet wat alles in SA afspeel, ek dink as hy dit geweet het dan sou hy nooit as te nimmer met Pres.Zuma gesprekke gevoer het nie
Natuurlik speel Pres.Zuma nie oop kaarte nie want hy het sekerlik nie vertel oor al die moorde en ander kriminaliteit in SA nie. en ja hulle het gepraat oor verdedeging…..wie wil wie nou verdedig?
Die Franse president is net so pateties soos ons sin. Lees gerus na oor hom.
Die Franse regering het seker oogklappe op….
Nee, hulle moet polities korrek wees…… S W A R T.
Is dit nie ironies nie? Die swakste president wat SA nog gehad het vergader met die swakste president wat die Franse nog gehad het! Is dit nou ‘n toeval of deel hulle hul swak vermoëns met mekaar?
Ek kan my lag nie hou nie ” Die Presidensie se Zuma het die privaat sektor gemaan om in SA te bele! “watter privaat sektor? SA sin of die Franse sin? Zuma is taamlik arrogant om die Franse te wil voorse!
Ja en magape se ook “count down to victory” wyl sy mense suffer.
Zuma het seker namens Mugabe gaan geld bedel.