‘Zuma vertrou net koukus as hy stemme kan kontroleer’

Pres. Jacob Zuma en adjunkpresident Cyril Ramaphosa. Mei 2017. Foto: Elmond Jiyane/GCIS

Pres. Jacob Zuma is duidelik gekant teen ʼn geheime stemming.

“Dit het vanmiddag geblyk uit ʼn vraag van die VF Plus of Zuma ʼn geheime stemming sal steun in die lig van die grondwethof se uitspraak oor die saak vandag,” het Corné Mulder, hoofsweep van die VF Plus, gesê.

Die hof het onder meer bevind die speaker is wel by magte om te besluit of ʼn geheime stemming toegelaat kan word wanneer die mosie van wantroue in die president in die parlement ter tafel geneem word.

“Op die vraag of hy ʼn geheime stemming sal steun, het die president geantwoord hy verkies dat die parlement moet bly stem soos met die vorige stemmings wat oop was en waar gesien kan word hoe elke lid stem,” het Mulder gesê.

Mulder meen dit is duidelik dat Zuma nie sy party-koukus vertrou om oor hom te stem as hy nie elkeen se stem ná die stemmery kan kontroleer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Skybird ·

Wie gaan elkgeval dié stemme tel as dit in geheim geskied ? Sy edele diè speaker !

jan van riebeeck ·

mense julle moet julle ogies oopmaak , hier kom nag

Asjas ·

Hy is nie vreeslik skerp nie, dis al hoe hy gaan weet wie om te bevorder en wie nie. Ek dink nie eers hy weet wie doen wat nie maar stem vir hom en “that one with the green dress, make her da next minister of finance, I like her”.

Francois le Cochon ·

Sekerlik nie skerp nie, maar wel uiters slinks. Ek dink die meeste van ons het geen begrip van die vlak van Zuma se slinksheid nie.

Sw ·

Terwyl hy onderpresteer het met sy leiding, was hy besig met sy konkelwerk.
Gelukkig hou niks verewig aan nie.

Waghond ·

As die Speaker teen ‘n geheime stemming besluit, kan die opposisie partye hul tot die hof wend want daar is uitddruklik in die uitspraak gese haar besluit moet op rasionele oorwegings geneem word.

ant ·

Die media sal asb nou moet probeer leiding gee oor wat rasioneel is en wat nie. As ons waghonde net saam deel aan die absurde, bly klomp saampraters net wat hulle nog altyd was. Laat die lig skyn, asb! Vrees vir ‘n geheime stem impliseer intimmidasie. Lg is self nóg rede vir ontslag van ‘n prez, en die fool kan dít nie eens insien nie! Die dom is só erg, dis skoon aansteeklik!

Alta O'Kelly ·

Mense hy is glad nie dom nie, hy hou hom net dom astrant sodoende kan hy met moord wegkom.

zahn ·

Baie baie waar, Alta. Hy mag miskien akademies heelwat onderpresteer het, maar dit maak hom nie noodwendig dom nie. Selfs al weet hy na watter raad om te luister, en selektief raad te aanvaar wat hy tot voordeel van homself kan aanwend, maak dit van hom presies die teenoorgestelde. Jare gelede het ons ‘n man gehad, Tony Factor, wat nie kon lees of skryf nie, maar hy was bitter ver van dom af. Moet nooit jou opponent onderskat nie, nê? Ek prys die stortkop glad nie, maar soos jy, sien ek hom baie ver van dom af. Manipuleerders kan nie dom wees nie.

MissDemeanor ·

Dis wat ek ook dink. Hy is TE slim en gladnie wys nie!

Magda ·

Natuurlik sal hy bang wees – ek sou ook as ek in sy skoene was, hoop dit gaan toe gelaat word sodat ons uiteindelik van hom ontslae kan raak en n baie beter SA vir ALMAL kan skep.

Sw ·

Ons land het dringend ñ ekonomiese inspuiting nodig om werksgeleenthede te skep, ons jeug weer op te voed met morele waardes en werksetiek, en ñ gesonde voorbeeld te kry met verantwoordelike staatsleiers.

aiai ·

Sodat hy kan sien wie die is wat teen hom stem en die dan kan rond of uit skommel!!!!!!! Diktator

Avokado ·

Wat gebeur as die geheime stemming wel gehou word en die mosie van wantroue slaag steeds nie?

Matewis ·

Die pogings om van Zuma ontslae te raak deur ‘n “geheime stemming” te gebruik, toon eintlik die desperaatheid van die opposisiepartye. Dit gaan helaas ook nie werk nie.

Onlangse vergaderings v an die ANC se nasionale hoofbestuur (NEC) het gewys dat die anti-Zumas in die ANC ‘n klein en uitgeweke groepie is – hoofsaaklik mense wat uitgeskop is soos Derek Hanekom.

Parlementslede van ALLE partye word nie direk verkies nie, maar op partylyste geplaas word en dan proporsioneel aangewys. Dit is dus die reg van enige party om LPs te ontslaan en ander in hul plek aan te stel. Dit is dus die ANC se goeie reg om te eis dat enige stemming nie geheim is nie want hulle wil weet watter aangewese lid of lede TEEN die party stem (dalk net omdat hy/sy met ‘n lekker bedraggie omgekoop is!) en dan kan en SAL hulle teen sodanige lede optree – net soos ander partye die reg het om teen enige lid op te tree wat dalk VIR Zuma sou stem!

Ek is nie ‘n ANC of Zuma-ondersteuner nie, maar om van Zuma ontslae te raak gaan nie die probleme oplos nie want Zuma is nie die probleem nie, die ANC is nie eens die werklike probleem nie. Die probleem is dat hierdie nou ‘n tipiese Afrika-land is en dit so sal bly – en net erger word.

Maak ander plan – begin soek na Afrikaners wat ander vorme van eie beheer soek. Daar IS diesulkes.

Anoniem ·

Hoekom het ons geweet die gaan gebeur??? Daar sal nie ‘n geheime stemming wees nie,

Wouter ·

Ek hoop hulle stem vir die behoud van Suid Afrika en nie vir Zuma

MissDemeanor ·

Selfs al fire hul hom nou, sy (ex)vrou sal hom dalk opvolg in vlg verkiesing. Ons moet net hoop ANC kry nie n meerderheid vlg verkiesing nie. Hel ons moet almal seker maak ons stem. Ek voel byna dat ons n beter kans het met EFF as wat ons nou het met ANC. Dit is nogals n dedperate situasie om vasgekeer te wees tussen die pan en die vuur.

Jan ·

Ek sien julle hier bo trap maar lekker op die man, ek sal nie ook nog op hom trap nie, netnou spat dit.

Johann ·

Zuma is ‘n teksboek voorbeeld van ‘n psigopatiese manupileerder van mense en situasies om sy siek eie gewin en maghepsug te voer! Hys gevaarlik gewetensloos. Gee nie om wie of wat hy in sy proses van oorlewing verwoes nie. Hys miskien totaal ongeskoold; maar ons moet onthou hys GOED geskool as terroris in sy dae as deel van die ANC se anargie se “bevrydings” korps. Hys GEVAARLIK!!!!!

Pendoring ·

Zumpie en Bob sal nooit weens enige virale siektes sterf nie. ‘n Virus het ook sy trots.

AP ·

Ja nee ou zuma en mugabe word albei gespaar , hulle hoort agter tralies

John ·

Daar is ‘n ander paar gevaarlike siele in ons midde, waaronder die induna van die blf en Malema. Die DA se gierigheid om ‘n paar stede se stoele warm te sit, gee spreekbeurte en mag aan die EFF se powere party en dra meer waarde as wat sy verkiesinguitslae wys. Malema staan al nader aan die ANC en is tjoepstil oor sy voorkeur-kandidaat vir die volgende president. Cyril speel ook lekker wegkruipertjie en hou se lyf kamma konserwatief. Daar is min twyfel dat mev-x wel ‘n Zuma is, selfs haar van se so. Sy sal so glibberig soos ‘n plaasdam-paling wees as president en haar jet se enjin sal nooit koud word nie. Die ANC sorg dat die kringetjie opvolgers so nou soos die oog van ‘n naald bly en die grondwet pas die regime soos ‘n outyds borsrok… wat net-net hou waar dit moet hou…

Basjan ·

Ek wil ‘n voorspelling waag: As die Geheime stemming wel plaasvind, gaan Zuma steeds wen. Hy het ‘n manier om sy ondersteuningsbasis so te manupileer dat hulle vir hom sal stem. Dink net daaraan, as Zuma uitgestem gaan word, gaan sy “kaders” sonder inkomste en heenkome sit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.