Zuma-vervolging: NVG vra uitstel

Oudpres. Jacob Zuma in die hof. Foto: ANA

Die Nasionale Vervolgingsgesag het Vrydag bevestig hy het die aanvanklike sperdatum gemis om sy antwoordende aanbevelings in te dien waarin hy verduidelik hoekom oudpres. Jacob Zuma op aanklagte van onder meer korrupsie vervolg moet word.

Zuma staan tereg op een aanklag van rampokkery, twee aanklagte van korrupsie, een van geldwassery en 12 aanklagte van bedrog nadat hy na bewering omkoopgeld van die Franse wapenmaatskappy, Thales, via sy voormalige finansiële adviseur, Schabir Shaik, ontvang het. Die saak hou verband met die land se omstrede wapentransaksie waardeur Thales ʼn multi-miljard rand kontrak toegeken is om wapens vir die Suid-Afrikaanse vloot te voorsien.

Thales staan tereg op een aanklag van rampokkery, twee aanklagte van korrupsie en een van geldwassery.

Natasha Kara, woordvoerder van die NVG in KwaZulu-Natal, het Vrydag kort voor 22:00 in ʼn verklaring gesê die NVG het op 21 Februarie ʼn versoek aan Zuma en Thales se regspanne gerig en uitstel versoek tot 11 Maart. Kara sê die versoek spruit onder meer uit die “lywige aard van die dokumente” wat deur Zuma se regspan ingedien is.

Kara sê die versoek is gemaak met die verstandhouding dat Zuma en Thales dan hul antwoorde en betooghoofde onderskeidelik op 12 en 30 April sal indien. Sy sê die datum waarop die staat sy betooghoofde moet indien (10 Mei) en die verhoor (20 tot 23 Mei) bly onveranderd.

Voormalige pres. Jacob Zuma en Christine Guerrier, ʼn verteenwoordiger van die Franse wapenvervaardiger Thales, in die beskuldigdebank van die hooggeregshof in Durban (6 April 2018). Skermskoot: SABC regstreekse uitsending

Tydens Zuma se vorige verskyning in die Pietermaritzburg-hooggeregshof in November verlede jaar, het die staat gesê hy sal sy antwoorde teen 1 Maart indien. Zuma en Thales sou hul antwoorde teen 1 April moes indien en hul betooghoofde teen 18 April.

In Zuma se verklaring wat in November ingedien is, het hy gesê alle aanduidings van die saak is dat sy vervolging permanent gestaak moet word.

“Die uitstelle was uiters lank, die voorverhoor onreëlmatighede is duidelik, die vooroordeel teenoor my is blatant, daar is geen slagoffers of klaers nie, en die politieke inmenging in die vervolgingsproses is alles faktore wat deur die hof in ag geneem moet word,” lui die verklaring.

In Thales se verklaring stel die maatskappy se regsverteenwoordiger, Christine Guerrier, dat die besluit om weer aanklagte teen die maatskappy in te stel was “onwettig” en dat Thales se reg op ʼn regverdige verhoor geskend is.

Die maatskappy voer die lang vertraging aan as die grootste faktor, asook dat die werknemers wat betrokke was by die gebeure waaroor die aanklagte handel nie meer beskikbaar is om die maatskappy van instruksies te voorsien om sy verdediging voor te berei vir die verhoor nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Charl ·

Verduideluk dit nou vir my NVG het meer as 10 jaar gehad om vir die saak voortebery maar hulle kan dit nie eers doen nie.

Johanna Botha ·

Vir wat wag julle nog……KYK die anc is net op n ander vlak van dom onnosel!

Jan pierewiet ·

Arresteer die verdagte numba 1.
Gee hom 1 aanklag.
Stel die saak uit totdat die ondersoek afgehandel is.
Die boeremag het jare gewag vir hul beweerder verraad saak teen hulle.
Numba 1 het homself aan verraad suldig gemaak.
Dis al.
Numba 1 gaan meld aan by goosie mampuru

Eléne ·

Kan dit wees?Mensig dit is verstommend maar hoekom sal hulle bekommerd wees want die belasting betaler betaal vir dit!

Hb ·

Ja stem. Hoeveel Miljoene kos al hiri kom van ondersoeke ens. ens.. Alles vir niks. Kyk wat het met Shabir Shaik gebeur. Was tronk toe maar ook ni eintlik ni. Ons is redelik geskroef. Te veel miljoene ongeskoolde massas wat vd huidige regerende party stem. Hulle sal ni verander ni want hulle is gewoond aan swaarkry en n dag tot dag bestaan te voer. Al hiri probleme inni land raak net ons werkende klas tipe mense. Ons te min

Ralph ·

Sal uitstel en uitstel totdat die krimineel in die graf is.

Arno ·

Laat Mike Bolhuis ondersoek, Gerrie vervolg ….. dan moet ons net n geskikte tronk soek.

Riaan ·

Ek herhaal wat ek vantevore gese het, die NVG, insluitend die nuwe hoof, Batholi???, IS CAPTURED!!!! Nie net shaun the sheep, mrwebi en jiba, DIE HELE SPUL!!!

Alida ·

Trek die skelm tot voor Zondo dat hy rekenskap gee. ALLES het tog by hom begin of nie?

Matt ·

Uitstel, uitstel en uitstel…… Zuma en almal wat aan hom verbind kan word en hoop dat die publiek later daarvan vergeet. Ou bewese taktiek.

Penellope Jones ·

Lyk my hulle sukkel so bietjie om die werk onder die knie te kry . . . . .
Sal seker uitstel vra en vra tot in die jaar 3 000.

Maljan ·

Was die nvg so oortuig dat die hoofnar gaan skotvry wegkom dat hulle nie eers aanklag teen hom voorberei het nie?

Eddie ·

Die geskiedenis sal bewys dat Zumpie die slinkste leier was wat Afrika nog gehad het !!!

Pieter ·

Mag ‘n beskuldigde ‘n kussing van die huis af saambring, want dit lyk vir my dit gaan ‘n lang hofsaak wees.

humor ·

Linkste leier ?????????? Die mees kriminele president.!!!!!!! Hy was ook hoegenaamd nie n leier nie.

simpatie ·

Hy is die produk van die primere rol modelle uit hulle groot word jare.

John ·

Dit is of hyself of Cyril wat die saak laat sloer. Zuma het oraloor vriende geplant wat weer gunste skuld vir hom. Dalk hoop hy, al die klagtes gaan uiteindelik deur die hof uitgegooi word weens tydsverloop. Of Cyril hou die vuilwasgoed vir nà die verkiesing want dit gaan beslis smerige en geurige items wees, wat die ANC stemme kan kos…

Mark ·

Zuma is een van die ANC se sterkste stemwerwers in KZN, sou hulle hom nou “toedruk” mag hy dinge in KZN vir die ANC opmors. Wag maar tot na die verkiesing…

aj ·

Skors JZ se regsverteenwoordigers uit die regsprofessionele organisasies vir hulle onetiese en onprofessionele regspraktyk!

SLUIT / VRIES hulle bankrekeninge!

Dit is hulle wat voordurend ‘red tape’ genereer om Zuma uit die tronk te hou! Hulle is MEDEPLIGTIG aan JZ se misdade! Vervolg hulle daarvoor!

En vir dwarsboming van die reg … regsverydeling!

Verhaal AL die belastinggeld, wat wanbestee is op JZ se ‘skelm’ regsverteenwoordigers.

Wanneer die regs’verydelaars’ agterkom dat alles rondom Zuma ‘toksies’ geword het … sal hulle verkas.

Eers dan sal Zuma sy ‘dag in die hof’ kry …. en hopelik dekades in die tronk!

humor ·

Ag wanneer sal die dag kom dat ons nie meer teen hierdie krimineel se gesig hoef vas te kyk nie.

aj ·

‘JUSTICE DELAYED IS JUSTICE DENIED!!!

Slagkreet van die ANC hordes in hulle sg. STRUGGLE!

Waarvan hulle gerieflikheidshalwe VERGEET het … in Zuma se geval!

Leë retoriek van ‘bose’ ANC operateurs … om hulle ‘rasse suiweringsagenda mee te ‘regverdig’!

UITGEVANG!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.