Zuma verwys Onteieningswetsontwerp terug na parlement

President Zuma during a press briefing

President Jacob Zuma (Foto: GCIS)

Pres. Jacob Zuma het die Onteieningswetsontwerp na die Nasionale Vergadering teruggestuur vir hersiening, 10 maande ná LP’s dit goedgekeur het, het sy kantoor Vrydag gesê.

Zuma het verlede week tydens sy staatsrede gesê hy sal die wetsontwerp aan die parlement terugstuur vir verdere openbare deelname.

Die wetsontwerp, wat al sedert 2008 in die pyplyn is, maak voorsiening dat grond in die openbare belang onteien kan word en poog om die rasseongelykhede in grondeienaarskap aan te spreek. Dit kan grondhervorming bespoedig en maak voorsiening dat meer kriteria oorweeg word as net die markwaarde wanneer vergoeding deur die staat aan die huidige eienaar bepaal word.

Die Demokratiese Alliansie het Zuma verlede jaar gemaan om nie die Wetsontwerp te onderteken nie, aangesien dit teenstrydig is met artikels 25 en 26 van die Grondwet wat betref die reg tot eiendom en die reg, om nie sonder ʼn hofbevel ontset te word nie.

Zuma het in Julie 2016 die speaker van die Nasionale Vergadering en die voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies versoek om hom te adviseer oor die proses wat die parlement gevolg het om die Onteieningswetsontwerp goed te keur.

Die wetsontwerp is in daardie stadium na die president verwys om dit as ʼn wet te bekragtig nadat dit in die parlement goedgekeur is.

Zuma het verskeie petisies van individue en organisasies ontvang teen die bekragtiging van die wetsontwerp. Die besware het ʼn aantal kwessies uitgewys wat die prosedure betref wat die parlement gevolg het, waaronder:

  • die prosedure wat die Nasionale Raad van Provinsies en sommige provinsiale wetgewers gevolg het, was teenstrydig met die Grondwet;
  • die Nasionale Raad van Provinsies het versuim om voldoende konsultasies met die publiek te hou voor die wetsontwerp aanvaar is; en
  • die wetsontwerp is nie na die Nasionale Huis van Tradisionele Leiers verwys, kragtens artikel 18(1)(a) van die Wet op Tradisionele Leierskap en Regeringsraamwerk 2003 (Wet 41 van 2003) nie.

“Die president het gevolglik die parlement versoek om hom in te lig oor die proses wat gevolg is om die wetsontwerp goed te keur,” het Zuma se kantoor destyds gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

w ·

Ag ou z jy wil ma net die grond vi jou en jou kaders he soos ou mugabe gedun het

david king ·

alles gaan oor as jy as presdent nie vir lands burgers kan werk gee nie, sal geen ander nasie in die wereld burgerskap kry in daai land nie. Maar nie onsin nie ALMAL IS WELKOM KOM MAAK EN BREUK SOOS JUL WIL. maak my siek.

Taalliefhebber ·

Ek is baie bly dat ons Maroela Media het wat onbeskaamd nuus oordra in my Taal. Dankie daarvoor.
Graag wil ek ‘n beroep op my mede Maroela Media lesers vra om tog te probeer om die kommentaar wat hulle gee, in goeie Afrikaans te lewer of te probeer lewer.
Ek het David King se kommentaar gelees en die volgende het by my opgekom. Hy is seker Engelssprekend (alhoewel daar baie Afrikaanse Kings is) en probeer sy bes om Afrikaans te skryf. So, dankie daarvoor David.
Kan ek egter vra dat indien enige iemand kommentaar lewer in Afrikaans, probeer die taal en gramatika suiwer hou, asb. Ek is net ‘n gewone Afrikaanssprekende sonder enige taalopleiding verder as Matriek, maar as ek iemand in Engels moet antwoord, probeer ek dit in sulke goeie Engels doen as moontlik en gebruik ‘n speltoetser indien nodig.
Jou berig, lees ek dit reg? Is dit wat jy bedoel en indien wel, so ek dit so gestel het:
Alles gaan daaroor, dat, as jy as President, nie vir jou eie landsburgers kan werk skep nie, behoort jy geen burger van ‘n ander land, burgerskap van jou land te gee, om sodoende die werk wat wel beskibaar is, te kom vat nie. Maar nie ons President nie! “Almal is welkom! Kom maak en breek soos julle wil”. DIT MAAK MY SIEK!
Is dit wat jy wou oorbring?
Groenis

Andre ·

Daar is baie grond beskikbaar wat aan die regering behoort. Hulle wil grond he wat ontwikkel is en werkende plase. Net soos hulle ons werkende en winsgewende besighede wil he.
Hulle is nie in staat daartow om hulle eie wins te maak .
Daar is geen manier wat enige van die bykans 50 miljoen ņ dorre stuk grond kan vat en dit laat werk nie.
Baie makliker om die wet te gebruik om ons te dwing om alles vir hul te gee.
Parasiete…

Peanut ·

Andre ek stem 100% met jou saam en dan gaan die ontwikkelde en werkende ook bar raak soos die res. En wie gaan hulle dan blameer

Scalla ·

Hulle soek nie dié grond nie, kan nie boer nie , hul is geld honger, besef z en sy gespuis dit nie

Heather ·

So bekommerd oor die grondwet. Wat van mense wat in tronke sit en gee se het nie. Wanneer gaan daar vir ons geliefdes amnestie kom. ander lande reeds gekry. Vra maar net?

albert ·

Dit is net nog n manier om aandag van hom en sy misdade af tehou en ‘shine’ vang by die nasie

Johannes van Staden ·

Die staat sit reeds met meer as 50 % van die grond in SA …en wat doen hy met dit ? …hoekom gee hy dit nie vir sy mense ? Daar is nou ook na die droogte baiw goedkoop plase beskikbaar …hoekom koop die staat dit nie ? Onbevoeg ! !

Grotman ·

My genade neefs! Ek het net die grond in my blom bakke oor. Waarin gaan my blomkies nou groei as hulle die grond ook kom vat? Nee magtig, hoe nou gemaak? Groei blomkies in mens kompos ook?

dirk L ·

zuma wil die wetsontwerp deurkry voor die studie oor grondbesit afgehandel is want hy weet die staat besit miljoene hektaar. baie eise het ge-eindig in groot uitbetalings omdat die eisers die geld wou he, i p v die grond

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.