Zuma vier sy 73ste verjaarsdag

President Jacob Zuma Foto: GCIS, Flickr

President Jacob Zuma Foto: GCIS, Flickr

President Jacob Zuma vier Sondag sy 73ste verjaarsdag.

“Sy kinders het vir hom ʼn privaat familiekuier by die amptelike presidensiële woning in Durban, John Dube House, gereël,” het Mac Maharaj, woordvoerder van die presidensie, in ʼn verklaring gesê.

“Ek is dankbaar vir hierdie geskenk van lewe,” het Zuma gesê. “Wat my gelukkig en tevrede maak, is om in Suid-Afrika te bly, ʼn pragtige suksesvolle land met wonderlike mense met ʼn blink toekoms. Maar, wat my laat wakkerlê in die aand is die werk wat ons nog moet doen om almal se lewens te verbeter, veral die armes, en die behoefte dat ons almal, die regering, gemeenskappe en alle sektore, vinniger sal werk om ʼn beter lewe vir almal te skep.”

Die president het gesê sy verjaarsdagwens is dat “alle Suid-Afrikaners in vrede en harmonie sal saamleef”. “Ek wil ʼn nasionale eenheid en samehorigheid sien, waar alle burgers hulself as mekaar se bewakers sal beskou, waar ons almal saamkom om probleme op te los en ʼn saam verenigde en vooruitstrewende Suid-Afrika te bou.”

Zuma vertrek na die feestelikhede na Kaapstad vir ANC-verpligtinge.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Dreiks ·

Jy Mnr Zuma, het ons land laat verval in die ergste rasse spanning wat ek nog ooit gesien het. Jy het ons land se blink toekoms dof gemaak. Ons armes armer, want nou het jy nog vir Malema ook op ons skouers gesit. Hierdie was ‘n lang 8 jaar met jou as leier wat ons land soveel skade aangedoen het. Tree uit soos Zille asseblief. Elke minuut in hierdie land tel nou. Die Kubane gaan nie sorg vir drink water hier nie.

KAG ·

Wie de hel gee om. Verdwyn tog net seblief. Jy, Zuma, is die slegste ding wat ooit met die land kon gebeur….

Jo ·

Dankbaar vir die gekenk van lewe. Meeste van ons is verseker nie dankbaar daarvoor nie en sou dit duidelik anders wou hê.

Griki ·

Suid-Afrika, ‘n pragtige suksesvolle land? Hy leef in La-La-Land. Hy’s besig om die pragtige land tot in die grond af te breek. Hoop hy vier nie sy 74ste verjaardag as president nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.