President Jacob Zuma het Saterdag sy 72ste verjaarsdag in die Wes-Kaap gevier.
“Hy sal die dag saam met die mense van die Wes-Kaap tydens ʼn ANC-kiesersveldtog deurbring en later saam met sy gesin vier,” het Jackson Mthembu, woordvoerder van die ANC, Saterdagoggend gesê. “Die ANC wens ʼn hartlike verjaarsdag toe aan ʼn lojale dienskneg vir ons mense en toegewyde leier van ons land.”