Zuma vlieg ook nou ekonomiese klas

Jacob Zuma en Simon Hodgson (Foto: Facebook)

Nadat foto’s van pres. Cyril Ramaphosa aan boord ʼn vlug van die laekoste-lugredery Safair die afgelope naweek ʼn opskudding op sosiale media veroorsaak het, word nog ʼn foto van oudpres. Jacob Zuma aan boord ʼn ekonomieseklas-vlug van die lugredery Kulula ook wyd op sosiale media versprei.

Simon Hodgson, stigter en eienaar van Love SA Music, het dié foto van hom en Zuma op Facebook gedeel kort nadat die oudpresident – byna asof dit doodnormaal is – langs hom op die vlug ingeskuif het.

Hodgson het op Facebook geskryf: “Ek het nie verwag dat my Woensdag so sou begin nie.”

Hy het aan sosialemediagebruikers gesê hy het omtrent land en sand met Zuma gesels tydens dié 50 minuut lange vlug. “Hy was eintlik baie aangenaam,” het Hodgson laat hoor. “Hy het selfs sy mints en Pringles met my gedeel. Matt [Hodgson se seun] het toe sy paaseiers met hom gedeel. Ons het gepraat oor ʼn vorige keer wat ons ontmoet het, sy familie, oor die tyd wat hy pas by Winnie [Madikizela-Mandela] se huis deurgebring het en Nkandla (waarheen hy op pad was). Ons het baie gepraat.”

Zuma en Hodgson deel hul lekkers (Foto: Facebook)

Hodgson se vrou, Tarryn, het ʼn foto op Facebook gedeel waar Hodgson en die oudpresident hul lekkers deel – net om aan die egpaar se vriende te bewys dat dit wel nié ʼn bogstorie is nie.

Maroela Media het vroeër berig verskeie reisigers het vir foto’s saam met Ramaphosa gevra nadat hy die afgelope naweek ʼn R599-Safair-vlug tussen Johannesburg en Durban onderneem het. Safair het later gesê dit was ʼn “eer” dat hy aan boord een van hul vlugte was.

Dit is nie die eerste keer dat Zuma in die nuus is vir vliegtuigverwante eskapades nie. In sy termyn as president het die presidensiële straler, Inkwazi, meer as een keer tegniese probleme opgelewer tydens presidensiële besoeke. ʼn Nuwe straler is in 2016 vir die presidensie aangekoop om Suid-Afrika se BBBP’e (baie baie belangrike persone) te vervoer. Die straler het sowat R4 miljard gekos, kan 30 mense vervoer en spog met ʼn private slaapruimte met ʼn en suite-badkamer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Oits ·

Hy moet glad nie meer vlieg nie, hy moet STAP!!! soos sy volgelinge ..

Hahahehehiehie tjietjie ·

Lekker laggie en ja mens moenie brag om langs so ou te sit nie.

Leon ·

Ag shame, moet ons dit nou opvreet dat hy nou ‘n gewone landsburger geword het….Pateties!!!!! Net omdat Cyril dit gedoen het, is dit te laat vir “brownie points”!!

Tabs ·

Die blinde sambok darem. Al die praatjies oor kolonialisme en onse Zumpies vlieg Brits?

snerp ·

too little to late! almal onthou die privaat straler wat bly staan het terwyl hy ander gekontrakteur het oor een od ander bygeloof.

christa ·

hoop hy het betaal vir die vlug. Dat ‘nresident nou vir die publiek moet wys wat is besparing

Manie ·

Onthou hierdie is n uit geslape manipuleerder. Ek sal dit geniet as hy weer ekonomiese klas vlieg maar hy moet sy oranje tronk pakkie aanhê

MJ ·

Enigiets kan goedkoper gedoen word… veral as jy met jou eie geldjies moet werk…

Johann ·

Hehehehehe… dis more HOFTYD vir stortkop… hoor sy supporters gaan in hul. duisende aangery word om hom te support… die mag en invloed wat die ou behou is skokkend.

Christo ·

Dit wil vir my voorkom dat daar twee groepe in die meerderheidsparty is. Een groep, wie die ouman ondersteun – wie dan ook korrupsie, moord, bedrog, onderdrukking en rassehaat goedpraat, en dan die ander, wie meer na die beskaafde, ubuntu, leef en laat leef groep behoort. Ek probeer sê dat dit WIL VOORKOM dat die ANC lede wat môre hof toe gaan om Zuma te ondersteun, korrupsie, onderdrukking, diefstal, en alles wat as misdaad is, OOK so is. Die leiers van ons land, nou nog die ANC, moet al hierdie elemente uit die ANC verban en uitwerp.
Ek het destyds JA gestem om die slegte dinge van die verlede met ń nuwe lewe, wat ek gedink het in vrede en met liefde vir my land, te begin.
Laat dít, wat ons met die skrywe van ons grondwet onderneem het, nou toegepas word. Die gravytrein bestaan nie meer nie.

CHRISTA ·

As hulle hom in hulle duisende kom “support” kan hulle hom dalk daarna ‘n “lift” terug huis toe gee – dan spaar dit hom selfs ‘n vliegkaartjie!!

WeetJy ·

Daar is nie n nuwe straler aangekoop nie, kan Maroela Media net hul feite agter mekaar kry voordat hulle artikels publiseer.

Hansie slim ·

Ek lag my dood.. Oits sê hy moet stap. Dis die regte kommentaar!!
Van ‘n R4bn vervoer, na ‘n kruiwa of “haba walk”..

Leon ·

So toevallig sit hy langs n “blogger” wat hy al ontmoet het, en dié het snaaks genoeg toevallig agter hom n seat vir sy vrou gebook? jip, goeie probeer, maar nie só stupid nie

Tim Kirsten ·

Agenee Maroela, wat het julle besiel om die berig te doen?

Attie ·

Hoop maar Hodsgon wat langs hom gesit het,het gekyk of sy beursie nie dalk weg geraak het op daai vlug nie. Eks bly hy het sy pringles met jou gedeel dis al wat jy uit jou verlore belasting geld gaan trug kry

Lynette ·

MM se die nuwe straler is aangekoop? Daar was dan aangevoer dat dit nie gedoen sou word nie? Waar is straler nou

Oom Kalahari ·

Mnr Zuma, ons glo jy het ‘n aangename vlug reis geniet in Ekonomiese klas. Ook wens ons jou baie sterkte toe met jou hofsaak more en glo alles sal goed verloop in jou guns.

jean ·

Nou wat probeer hy hierdeur bewys?….Hy het mos miljoene (miljarde?) of probeer hy dit spaar vir die hofsakies..

Kan mens dit nou glo ·

Wat van Zuma se vliegtuig van miljarde…? Asb. tog?….!!! Wat van alles wat nuuswaardig is en nie geadresseer word nie soos plaasmoorde??? “Window dressing” vir die buiteland.

Alida ·

Sover ek onthou was daar nie n vliegtuig gekoop nie tensy dit agteraf gedoen is deur skelmstreke.

John ·

Zuma hoop op ‘n magtige Zulu- en ondersteuner-dreuning wat hom weer gaan help om uit die gereg se hande sal bly en uit die tronk. Hy boer op plekke waar die ANC-‘high society’ uithang en het selfs by Winnie se huis gaan inloer. Skaamteloos. Hierdie oom droom heel waarskynlik steeds dat hy nog die land se president is en die wereld se beste pa.

Harry ·

Jan van Riebeeck het op 6 April 1652 vir die eerste keer voet aan wal gesit te Tafelbaai, Kaapstad. Jacob Zuma se hofdatum is presies 366 jaar later, op 6 April 2018 te Durban, tradisionele gebied van die Zulu. Wat beteken hierdie drie maal 6 getalle en is dit bloot toevallig of presies bereken? Hoekom speel Zuma nou die rol van die nederige vriendelike soet skapie, terwyl hy genoeg geld het om met ‘n helikopter of privaat straler te reis?

Potlood ·

hierdie beskryf die afrika kultuur 100%. Almal moan en almal word beinvloed deur wat hierdie man gemaak het. Almal wil hom slag (mooi soord)! maar die dag wat jy hom raak loop, smile jy, eet sy chippies en neem ‘n selfie saam hom. hahahahaha oeeee ons is darem maar net spesiaal…
But wait, theres more… Selfde weer aan Z se kant ook. Hoeveel keer het hy die “westerse mens” belledig en sleg af gemaak. en nou sit hy langs een en deel sy chiipes met hom. Smile en neem fotos…

ONS IS SO FAKE!!!

Anoniem ·

Dis PR in die styl van Bell Pottinger! Siek spul!

BELL POTTINGER se styl die.

Moet nie vir die snert val nie.

Sarel ·

Die wat nou lag, julle gaan nie lag indien hy na 2019 verkiesing terugkeer nie. Pasop.

desire ·

PR stunt op sy beste, en het die Simon oukie dan geen ruggraat nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.