Zuma-voertuie: Klagte by OB ingedien

Thuli Madonsela Foto: Werner Beukes/SAPA

Thuli Madonsela Foto: Werner Beukes/SAPA

Die burgerregte-organisasie AfriForum het Donderdag ʼn klag by die kantoor van adv. Thuli Madonsela, die openbare beskermer (OB), ingedien oor miljoene rande wat aan voertuie vir pres. Jacob Zuma se vrou bestee is.

Dit het vroeër vandeesweek aan die lig gekom dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) R8,6 miljoen uit sy begroting aan motors vir Zuma se vyf vroue bestee het.

“Ons hoop dat die OB ’n diepgaande ondersoek na hierdie kwessie van stapel sal stuur en dat sy moontlike ongerymdhede met die nodige erns sal aanpak,” het Monique Taute, AfriForum se nasionale veldtogkoördineerder, gesê.

“Volgens die presidensiële handboek is die SAPD verantwoordelik vir die koste van die aankoop, onderhoud en lopende uitgawes van motorvoertuie van die president, adjunkpresident en hul eggenotes. Die voortgesette aankoop van dié tipe luukse motors is moontlik gemaak deurdat geen perk vir dié koste voorgeskryf word nie,” het Taute bygevoeg.

Sy het gesê AfriForum beskou die wanbesteding van belastinggeld as ’n nasionale krisis, en het in April vanjaar strafregtelike klagtes teen 13 provinsiale departementshoofde ingedien.

Die minister van polisie het op 24 Mei bevestig dat voertuie oor drie boekjare uit die SAPD se begroting vir pres. Jacob Zuma se vroue aangekoop is.

Min. Nkosinathi Nhleko het toe, in antwoord op ʼn vraag van die DA, aan die parlement bevestig meer as R8,6 miljoen is oor drie boekjare, tussen 2012 en 2016, bestee.

Volgens Nhleko is vier Range Rover-voertuie, twee Land Rover Discovery-voertuie, twee Audi Q7’s en drie Audi Q6’e aangekoop.

Hy het gesê die voertuie is aangekoop om “omvattende beskerming” te bied vir BBP-gades.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Gerd Lourens ·

Ons kan darem seker nie verwag dat die “honourable” man se eggenotes met taxis moet ry nie…

Asjas ·

Wel die ANC weier om te erken dat Taxis n probleem in die land is. Bewys dit dan deur hul vrouens en kinders in Taxis te sit!

Marietjie ·

SKANDE/SKANDE wat doen sy vroue vir SA behalwe om hulself dik te vreet en op en af te rits.
Nog nooit in die geskiedenis van ons land het so iets gebeur nie. zuma het geen skaamte nie en moet nou steel soveel as wat hy kan voordat sy tyd om is. Polisie voertuie is in haaglike toestande maar zuma sorg net vir homself, het mos dertig lyfwagte om hom te beskerm. Miskien wil ou julius een van sy vroue ontvoer en n losprys eis, daarom die duur karre sodat hulle maklik kan weg kom.

MJL ·

Dit is te lekker by die trog. Hy moet net onthou dat ‘n trog ook maar net sò lank, breed en diep is. Een of ander tyd raak hy leeg….

neelsie ·

Uiters onverantwoordelik!
Dinge soos die wat sal maak dat RSA se ekonomie na rommelstatus afgegradeer sal word.
Dit sal vinniger gebeur as wat ons dink…dit raak elkeen in die land.
Sal jare vat om weer terug te draai.
Anc se ‘belangrikes ‘ het reeds vir hulself gesorg , dis die arme drommels op grondvlak wat gaan krepeer.
Hierdie trein snel teen die afdraande af sonder remme en daar is n skerp draai voor!

Cherokeed ·

Dissie meer ‘n trein nie, dit is nou ‘n erreplyn. ‘n 4 Miljard rand erreplyn.

My bydrae ·

Daar gaan niks van kom nie. Hy en sy slaafse beskermers gaan ons net weer ‘n toffie wys. Blankes is nie welkom, word onderdruk en mag nie ‘n werk hê en niks besit nie, maar ons is goed genoeg om vir hom, sy uitgebreide familie, vriende en res vd bakhandstaande, vandalustiese anargiste te voorsien. Pleks dat hulle elke blanke gesin R50m gee om in ‘n ander land ‘n nuwe begin te maak. Dan is hulke mos vry om af te moor, af te breek en te vernietig.

Grap ·

Dankie Afriforum/Solidariteit as julle betrokke is dan is dit altyd positief.

Koos ·

En die grootste opposisie party is tjoepstil net solank oningeligte mense vir hulle stem.

Raadop ·

Danie, die Q6 is een van fancy fastback SUV met al die klokkies wat jy van droom, waarvan net die rykstes van droom…

Johann Marx ·

Wat ek nie verstaan nie, is dat hierdie tipe transaksies oor ‘n tydperk van 3 jaar plaasvind…en dat NIEMAND ‘n vraag daaroor vra nie? NOU spring almal op en af, vra geregtelike ondersoeke, kla en kerm by die OB, maak politieke uitsprake en hang dit aan die groot klok vir almal om te sien………….maar waarom is daar nie ‘n stelsel in plek om hierdie tipe van vergrype TE VERHOED nie? Waarom word daar eers geknoei, dan na 3 jaar word ‘n ondersoek aangevra, dan word ‘n kommissie aangestel (wat meer as R8 miljoen gaan kos) om na 3 jaar te sê daar was GEEN fout met die proses nie….en teen daai tyd koop hulle WEER R200 miljoen se karre (want teen daai tyd is die wisselkoers R75/dollar)???

Danie Erasmus ·

Mag die OB terselfde tyd sommer ondersoek hoe Afriforum se Hoof se vrou die Hoof se adj Hoof is ?
Waarom gebruik sy nie haar man se van by werk nie,maar haar nooiensvan? Ek is bietjie dom maar lyk ook maar na n nepotisme tipe organisasie.

Sune van Heerden ·

Dagsê Danie

Ons is nie presies seker wat jy bedoel nie.
AfriForum het drie adjunk uitvoerende hoofde: Alana Bailey, Ernst Roets en Cornelius Jansen van Rensburg.
Nie een van hulle drie is met die uitvoerende hoof, Kallie Kriel, getroud nie.

Kontak ons gerus by [email protected] indien daar ander inligting is wat jy onder ons aandag wil bring.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

alida ·

As hierdie transaksie na drie jaar eers oopgevlek word beter hulle nou al begin soek vir die volgende bedrogspul voor daar weer 3 jaar verloop.

Jan maak n Plan ·

Nou ewe skielik lyk dit vir my of ek en Nr1 deselfde geletterheid het, want ek verstaan nou nie so mooi nie. Hoe kan 5 vroue 11 voertuie he. Is die ander 6 vir sy vriendinne????? My huishulp se sy sal ook vir hom liefie se vir n ou karretjie.

Alfonso ·

Wat n skreiende skande vir n president! Is dit ook apartheid se skuld?

johann cb ·

Dankie dat julle intree AfriForum. Dié geld kon baie beter aangewend word as op luukse voertuie. Sjoe, dit is baie geld wat gemors is.
My vraag is net: voordat die motors die afgelope drie jaar deur die SAPD befonds is, waar het die geld tóé vandaan gekom? Die belastingbetaler?

Cherokee ·

Waar dink jy het die SAPD die geld gekry? Die belastingbetaler.

Frans ·

Zumpi jy gan een van die dae moet pawn shop toe gaan om te lewe hule moet jou net gehaak kry ou koning

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.