Zuma: ‘Voorvaders draai op dié wat ANC verlaat’

Zuma Sondag tydens 'n verkiesingsbyeenkoms in Gaseleka. Foto: Chester Makana/ANA

Zuma Sondag tydens ‘n verkiesingsbyeenkoms in Gaseleka. Foto: Chester Makana/ANA

Die ANC se voorvaders sal hul rug draai op diegene wat die party verlaat, het pres. Jacob Zuma gesê.

Zuma het tydens ʼn verkiesingsbyeenkoms in Letlhabile naby Brits in Noordwes gesê dié persone sal ook teëspoed ervaar as die voorvaders hulle verlaat.

Talle ANC-raadslede wat ongelukkig is oor die party se kandidaatbenoemingsproses staan as onafhanklike kandidate in die komende munisipale verkiesing.

Zuma het gesê vertakkingspartye van die ANC het in klein deeltjies ontwikkel. “Ek gaan nie eers oor ander partye praat nie.” Zuma het sonder om die EFF by naam te noem verwys na ʼn “kwaai organisasie” wat deur ʼn “kwaai jong man” op die been gebring is om te veg.

Hy het gesê opposisiepartye het niks om vir kiesers te bied nie. “Hulle weet hulle sal nie wen nie, so hoekom moet jy jou stem op hulle mors. Die ANC is daarmee getaak om die land te herbou en ʼn samelewing te skep soos in die Vryheidsmanifes voorgestel. Ons moet in beheer bly om die land vorentoe te laat beweeg. Jou stem is belangrik om die reis vorentoe te neem.”

Honderde ANC-lede en -ondersteuners het by die verkiesingsbyeenkoms opgedaag. Tradisionele leiers het vir ʼn vreedsame verkiesing gebid terwyl tradisionele genesers wierook gebrand en eweneens ʼn vreedsame verkiesing versoek het.

Die ANC sal Sondag sy laaste verkiesingsbyeenkoms in Johannesburg hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

58 Kommentare

Piet van Zyl ·

Zuma moet Sy lippe aflek en proe wat hy praat. Suiwer anc putty.

Lh ·

Zuma se voorvaders het hom laaaankal verlaat. Inteendeel totaal afgeskryf.

Frederik ·

“n Ex-speurder vertel my dat Nammawan heel taalvaardig is. Hy kan blykbaar Russies, Portugees, Zulu, Xhosa en ‘n bietjie Engels praat. Komende van ‘n ex-polisieman kan mens dit natuurlik glo of nie. Dis egter ‘n feit dat die ou nie kan skryf of tel nie.

Anoniem ·

hy het homself en God se Woord verlaat…………………………………………………..

Stefaans ·

Diegene wat nie vir die ANC stem nie gaan groot teenspoed optel – hulle kan maar solank bakstene onder hul beddens plaas, want die voorvaders gaan verseker die tokolossie op hulle sit.

E.K. ·

…en steeds is daar die wat daarvoor gaan val. Paar hoenders sal seker geoffer word en so aan en dan gaan stem hulle steeds vir die klomp verloorders. Mense praat tog asb met jul werkers, ons kan almal help om mense ingelig te kry en te help ingeligte keuses maak!

Lee-anne ·

die vorige ou wat gedink het hy doen goed en sy werkers probeer vertel het hoe die dinge werk, is agterna aangeval deur ‘n werker (25jaar vir hom gewerk) en vir dood agtergelaat. So wees versigtig.

Wat-ek-lees ·

En hy mompel niks van apartheid en Jan v Riebeeck? Ai ai ai . . .

Nita ·

Ongelukkig gaan miljoene hom glo, voorvader geeste speel n massiewe rol in hul kultuur. Ons kan Zuma se stelling aflag, maar hulle sal hom glo.

NEL ·

Scalla, hy kan dit nie praat nie sonder dat iemand anders vir hom geskryf het en dan probeer hy dit voorlees. Baie bly ek staan nie in sy skoene nie, want voorvaders keer nie korrupie goed , of lieg en dedrieg en steel van belasting geld nie. Wonder wat sy verskoning gaan wees as hy eendag daar by die poorte kom en toegang geweier word. Sal hom seker met sy slim praatjies daar deur kry

Max ·

Korrupsie, lieg, bedrieg,steel ens. is Westerse kultuur volgens Zuma et. al.

TTh ·

… Sondag sal die ANC se heel laaste verkiesingsbyeenkoms wees in die RSA …

Marietjie ·

zuma word by die dag meer pateties en n grooter joke, hy is so arogant dat hy dit nie eers agter kom nie, of sal ek se te dom. julius is maar net n produk wat zuma self geskep het en nou pluk hy die vrugte daarvan. Verbasend weereens is die kerke dood stil oor zuma en als wat hy kwyt raak, dit is nogal verontrusbaar. Die media moet hulle liewer begin toespits op positiewe artikels en minder aandag en publisiteit aan zuma en sy smert afstaan.

Anti DA ·

Dit is hoekom arm swartmense in plakkers kampe arm gehou word want behalwe vir die rykes wat voordeel getrek het uit die anc bewind is dit die anc se stem by ‘n verkiesing

Anti DA ·

Dit is die mense wat anc stem se verskoning wat is die wit en bruin mense se verskoning wat vir die DA stem???

Klong ·

Ek stem DA die rede , omdat daar nog sulke mense is soos jy .( EK IS WIT EN NIE N SUID AFRIKANER )

Hennie ·

Spreuke 17:28: “Selfs ‘n sot sal as hy swyg, vir wys gereken word, vir verstandig as hy sy lippe toehou.”

Denise ·

Dit is netsoos jy daar se Hennie en watse voorvaders praat hy van maar nou ja enige iets om sy mense ophol te jaag!!!

Dawith ·

Voorvader aanbiding. Dit is hoekom afrika lyk soos wat hy lyk in konstate staat van vervloeking. “White privalge” is maar net n andernaam vir GOD se seen. maar dit is ook nou besig on vinnig te verander.

Rens Roodt ·

Gelukkig het ons Blanke Boerevolk n lewende Vader en Sy Naam is oor ons uitgeroep – Hy maak van die winde Sy Boodskappers – wee hierdie voorvadergeeste en tokkelossies – ancriminals en ancrime sowel as die effies – julle dag van vedelging is naby

frikkie ·

En so wys hy net weereens dat hy ‘n aithis is wat geen morele waardes is nie en net aan sy afrika voorvader geeste afgode glo. Met tyd sal Zuma deur die Een Ware Almagtige geweeg word, en dan sal hy die gevloge dra. Wag maar.

Lance ·

En hulle glo hom …dis hoekom hy present is wat al die dom goed aanvang ..soort soek soort

T ·

Yip en daarom wil hy die mense uneducated hou … want dan kan hulle daai storie altyd glo. Dis soos Mhalema wat se hy sal Tornados verbied, ergste is basies wat hulle se vir die mense is JULLE WAT DOM is stem vir my !!!!!

ZAS ·

Ja kan nie glo mense van die 22ste eeu glo nog sulke twak nie. Stem saam met jou T, JULLE WAT DOM IS STEM VIR ZUMA. Tenminste pas julle bymekaar. Soort soek soort.

johann cb ·

Ek aanbid ‘n lewende God, nie dooie mense nie. Zuma glo nog in die tokkelossie.

marina ·

Probleem is dat die mense hom glo en hy weet dit. Simpel persoon

Staan op ·

Kiesers van die ANC, julle leier en President reken dat jul baie dom is en die snert sal glo, as ek julle is vat ek hom aan omdat hy dink julle is so dom om te glo voorvaders sal hul rug draai, regtig mense staan op vir jul regte, julle is intelligent en kan stem vir die party wat jul kan lei!!!!!

Johanna Botha ·

Hy se vir mense dat hulle oupatjie hulle gaan kom pla ….genade hoe beweeg mens nou vorentoe met sulke mense wat dit nogal glo ….SA is eintlik n groot grap

Jan maak n Plan ·

Wat die arme Vet Marionet net weet nie is dat sy voorvaders by sy geboorte al hulle rue op hom gedraai het, dis die dat hy aan ernstige verbale diaree lei.

Wim ·

Hierdie zuma wil sy kiesers dom hê en dom hou, want niemand anders sal glo in die gemors wat hy praat nie.

Joann ·

Nita dis waar. Maar die Here weet kan mens nog so eenvoudig wees?

Burger ·

Ek moes net al die menings lees . Die spesifieke onderwerp kan jou nogal baie oor jou se as jy net roekeloos begin tik . ( Sal darem self nie n kabinet bou met die span nie . )

BOLANDER ·

Jy moet oppas Zuma!!! Die tokkelossie gaan jou vangeling en jaag tot in die gangeling!!!!! Klink na ‘n lêkker liedjie!!!!

Amanda ·

Kolosense 3:25…..Maar wie onreg doen, sal die onreg wat hy gedoen het, terug ontvang, en DAAR is geen aanneming van die persoon nie.

Sê maar net ·

In 22jaar is die land tot in die grond toe afgebreek. Wie is nog dom genoeg om ANC te stem? Sy voorvadergeeste skaam hulle seker dood vir hom!!! Ek dink hy moet ‘n dokter sien want hy het definitief ‘n ernstige geval van “verbal diarree”!!!

Johan ·

Ons oordeel ou stortkopie maar wat doen ons as Christene? Toe pornografie gekom het was ons stil, toe aborsie gekom was ons stil, toe gay en lesbiese huwelike gekom het was ons stil (ek praat nie van die klein groepe wat dit veroordeel het nie maar die meeste Christene), as iemand opstaan vir blanke gelowige waardes word hy/sy verdoem. Totdat ons nie weer eelte op ons knieë het nie, en ek sluit my heel eerste in, sal die zumas van hierdie wêreld regeer. Gelukkig weet ons dat ons Hemelse Vader vir ewig en altyd die pad bepaal, altyd in Sy raadsplan. Stortkoppie is ‘n grap maar geweldig gevaarlik maar nie almagtig soos ons Jesus Christus nie.

KP ·

Kommunistiese terroris wat deur Rusland opgelei is, sal glo dat hy die tale kan praat. Ongelukkig is dit al wat hy kan doen met sy beperkte denke.

m ·

Net sekeres wat gaan val vir hierdie strooi….. Probeer nog vir oulaas stemme verseker onder die swartes.

Annie ·

my dierbare mnr zuma ek weet nie of jy bybel lees nie God se mense wat dood is kan nie terug keer nie jou voor vaders weet nie eers van jou bestaan nie

Ben ·

Die vrou wat vir ons werk – al 30 jaar – is bang gepraat by haar kerk. As sy nie vir die ANC stem nie gaan sy probleme ervaar met haar voorvaders. In al die jare kon haar kop nie draai nie. Dis maar swaar as jy arm is en allerhande lekker goed belowe word. Ons laat haar maar begaan. Vrede.

GES ·

Dit is seker die duidelikste uitspraak nog dat Zuma en sy trawante voorvaderaanbidders is. Zuma wees gewaarsku, die lewende God laat nie van Hom ‘n bespotting maak nie. Jou uitsprake en aanmatigings gaan jou nog duur te staan kom. Wees verseker jou uurglas is besig om leeg te loop.

Dan ·

Net verlede jaar is daar R16m van jul belasting spandeer aan ‘n verslag van ‘n “ondersoekspan”. Die span was getaak om vas te stel waarom daar aanhoudende probleme voorkom by ‘n nuwe kragstasie wat in aanbou is. Die amptelike bevinding van die span was dat die kragstasie gebou word op die grafte van voorvaders, en omrede die voorvaders se beendere versteur is in die proses, is dit die voorvadergeeste wat al die probleme veroorsaak. Welkom in die jaar 516 BC.

Lewies ·

Voorvaders ? En die kerke versaak hulle priesterlike amp deur stil te bly. Mag ons dan nie meer getuig nie. Ek dink politieke korrektheid het baie christene verlam.

Lewies ·

As hulle en ons praat van voorvaders, wonder ‘n mens hoe ver in die verlede gaan hulle terug? Dit maak tog ‘n verskil!!

Johannes Meintjes ·

Zuma is moontlik heeltemal reg. Die Afrikaner se voorvaders met hulle afgodery het hom ook verlaat (en uitverkoop), en kyk hoe gaan dit nou met ons Afrikaners.

sarie van heerden ·

HOE OP AARDE HET HIERDIE LAND BELAND IN DIE MOERAS VAN ONDERGANG WAARIN HY NOU IS.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.