Zuma: Vordering gemaak sedert 1994

Pres. Jacob Zuma. Foto: Siyabulela Duda, departement van kommunikasie

Pres. Jacob Zuma. Foto: Siyabulela Duda, departement van kommunikasie

Die regerende ANC-party het vordering gemaak sedert die begin van demokrasie in 1994, het pres. Jacob Zuma tydens die 60ste herdenking van die Vryheidsmanifes in Kliptown, Soweto gesê.

“Sedert 1994 het die demokraties verkose regering daarop gefokus om historiese ongeregtighede aan te spreek en nuwe instellings geskep om ‘n demokratiese samelewing te bou gegrond op die beginsels van nie-rassigheid en nie-seksisme,” het Zuma gesê.

“Aansienlike vordering is gemaak op die gebiede van aanspreeklikheid, politieke stabiliteit, doeltreffendheid in die regering, regulatoriese gehalte, integriteit, die legitimiteit van die staat, en die oppergesag van die reg.” Hy het bygevoeg dat konkrete stappe gedoen is om wetgewing, wat op apartheid gegrond was, te verander. Volgens Zuma het die aftakeling van die wetlike raamwerk van apartheid en die transformasie van staatsinstellings gelei tot die verbetering van miljoene mense se lewensomstandighede.

“Tydens die eerste tien jaar van demokrasie, is 789 wette of wysigings wat daarop gemik is om die Suid-Afrikaanse samelewing te transformeer, deur die Parlement goedgekeur. Ons het hoofstuk 9-instellings geskep om grondwetlike demokrasie en menseregte te beskerm en te versterk.

“Die ANC-regering het nuwe institusionele reëlings en strukture in plek om rassisme, rassediskriminasie, xenofobie en verwante onverdraagsaamheid teen te staan, op grond van die Vryheidsmanifes en die Grondwet.”

Zuma het ‘n beroep gedoen op ANC-lede om te verenig. “As ANC-lede moet ons die waardes van die Vryheidsmanifes en Grondwet uitleef. “Ons moet eenheid, nie-rassigheid, dissipline en die onbaatsugtige toewyding aan die bou van ‘n beter Suid-Afrika vir almal, bevorder. Ons moet almal in ons land omhels, veral diegene in nood en dié wat swaarkry,” het Zuma onder luide toejuiging gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Niel ·

Leë woorde van ‘n korrupte, oneerlike rassistiese “president” Wie glo hom nog? Betaal terug wat jy gesteel het !

KarooKlong ·

Ek is seker hierdie klong het van een van mugabe se notas afgelees. Paragraaf drie se inhoud in aanhalingstekens is van alle waarheid ontbloot. Daar kom nie eers soveel uitwerpsel uit ‘n eselanus nie.

Rita Hendrikse ·

Zuma (ek moet hom seker “president” noem, alhoewel ek dink hy is nie die titel werd nie) sê vordering het plaasgevind in die regering. Hy noem egter nie die woord korrupsie nie – in my oë is dít die aspek waar die meeste vordering plaasgevind het. Ál die an aspekte wat hy noem, is ‘n grap: legitimiteit van die staat (haha), integriteit (hahaha), oppergesag van die reg (hahahahaaaaa, het El Basjir seker in sy mou gelag), aanspreeklikheid (pay back the money – hahahahaaaaa, lag Zuma daar agter die mikrofoon asof die EFF ‘n vuil grappie vertel het), en politieke stabiliteit (HAHAHAHAHAHA uit ons maag)??? Verbetering van miljoene mense se lewensomstandighede?!?! Ek dink miljoene méér mense se lewensomstandighede is swakker as voor 1994, as mens dienslewering oor die breë spektrum in ag neem. Dus: Zuma is in my oë nie die naam president werd nie.

Hansie ·

Ons “president” is darem die beste in die wêreld en dit is om soveel strooi te praat dat hy homself glo…SNERT!!! Ek sal dit graag sterker wou uitdruk

Wessel ·

Aansienlike “Agteruitgang” sou baie beter geklink het in paragraaf 3.

Gielie - Namibië ·

Viva korrupsie viva; viva lieg, viva; viva onderduims viva….

Peet Schabort ·

You can fool some of the people all the time;
You can fool all the people some of the time;
BUT YOU CAN NOT FOOL ALL THE PEOPLE ALL THE TIME.

KarooKlong ·

Peet, noulat jy ‘n nuwe buitelandse vriend bygekry het nou slaan jy sommer oor na ‘n volksvreemde taal?

Dave ·

Yip KarooKlong, nou drop hy sy vriende van laaank se tyd vir die ene wat nie sy moedertaal wil praat!

Jaco ·

Goeie vordering met hospitalisasie, goeie paaie, uitmuntende elektrisiteitsvoorsiening, skoon watervoorsiening, ai en polisie, sekuriteit, korrupsie, so kan ons aangaan Viva ANC en Zuma

hevw ·

So klink dit as n intelektuel gestremde sy lyfie nar hou en n klomp blinde konings of dan narre saam lag. n sataniese sirkus.

Dave ·

Ek weet nie waarom julle soos ‘n koor teen Jakop stry nie. Daar ìs wel vordering oftewel vooruitgang gemaak! Daar is swartes wat hul strooise kon opbou met ‘n R¼biljoen en direkteure wat nie die mas kon uitklim by bankrot instellings soos Eskom het steeds miljoene rande ryker daar uitgestap as waarmee hulle enkele maande vroeër daar ingestap het. Mense wat finansiële foutjies gemaak het met hul berekenings en tot ‘n dekade en ‘n half tronkstraf gevonnis is, speel weer golf en die Western Movie aanhangers hoef nie meer na Ster Kinekor te ry maar kan skietgevegte in hul eie huise op TV dophou tydens elke nuusuitsending – gratis, verniet en vir mahala! So ook hoef die Boswell en Wilkie oftewel sirkusgangers bloot net na uitsendings oor parlementsittings te kyk om die dag te spanning met ‘n glimlag te verlig. Daar is vele meer so waarmee verskil julle?

Cobus ·

Daar is soveel goeie vodering en vooruitgang gemaak dat ons al van Vrydag oggend af geen water het nie. En ek skryf die in die donker, want ons het alweer “load shedding”…. Ek is so bly ek het vir hom gestem, ek kan nie wag om dit weer te doen nie.

Lynette ·

O nee die hele storie kan omgedraai word . Ek dibk ons is in alles slegter af as voor 1994 . Raasisme die hoogste . Ek het in my hele lewe soveel mense gesien so swaar kry nie . Alles word duurder en kleiner . Honderde kinders kan nie kos skool toe vat nie . Mense kry so min salaris hulle kan nie al die duur goed koop nie . Jong kinders gee hulle self oor aan drugs en tik . Dit vat nie hongerpyne weg en gee hulle guts om te roof en steel net om nog drugs te kry . Hulle kry nie werk nie en moet mAar op n manier survive . Ek dink nie ons President ken al die feite nie

Martin ·

Dave, hoekom praat jy nie vir jouself nie? Hoekom op Karroo Klong se rug ry?

MJL ·

Ons moet nie te erg krities op Zuma wees nie. Hy is nie eers slim genoeg om al hierdie twak uit te dink nie. Die groot gif sit in Luthuli-huis – die kommunis Mantashe!

Henrietta Klaasing ·

As nonsens praat ‘n korreltjie sand was, was Zuma se ewige geklets die Saharawoestyn.

Se Maar Net ·

Ek is jammer dit is lagwekkend. Vordering?? Watse vordering, duidelik het ons nie dieselfde
kennis as ons hoog geplaaste nie. Ons is totaal oningelig, hy weet dan beter, hy het die feite!!!

Jax ·

Zuma leef in n seepbel. Hier is geen vordering in SA nie – ons beweeg met reuse spoed agteruit! Wakker word Zuma!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.