Zuma vra Cosatu om te verenig

jacob-zuma

Pres. Jacob Zuma. Foto: GovernmentZA/Flickr

Pres. Jacob Zuma het Maandag tydens Cosatu se 12de nasionale kongres gesê die vakverbond moet meer verenig na vore kom.

“Ons kan nie die ware eenheid van die alliansie bereik as ons nie verstaan waar dit vandaan kom nie,” het Zuma aan afgevaardigdes in Midrand gesê. Hy het gesê die alliansie is soos ʼn spies en ʼn skild en dat die een gebruik word om te veg en die ander om te verdedig.

“Die twee hoort saam, jy kan nie net een hê nie. As jy net die spies sonder die skild het, is jy in die moeilikheid.” Zuma het gesê die alliansie is vandag steeds relevant en het mekaar nodig aangesien die aanslag teen die werkersklas groot is.

“Die ANC bly ter ondersteuning van werkers. Die ANC het geveg om hierdie land te bevry,” het Zuma gesê. Hy het ʼn beroep op werkers gedoen om vakbondwerk van politieke werk te skei. “Jy kan albei doen, maar skei dit.”

Zuma het gesê Cosatu was nog nooit ʼn politieke party nie maar ʼn vakverbond. “Werkers het ʼn goed gefokusde Cosatu nodig.” Hy het ʼn beroep op al Cosatu se affiliasies gedoen om saam te werk ten einde ʼn verenigde federasie te bou en nie toe te laat dat hul vyande hulle verdeel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Genis ·

Volgens Slovo se kommunistiese agenda vir Suid Afrika is vakbonde oorbodig in die tweede fase van die revolusie, wat ons nou betree. Ek hou dus die demontering van ál die vakbonde met groot belangstelling dop.

Zumie ·

En dit is die party wat ‘n paar jaar terug gespog het dat hulle sal regeer tot die wederkoms……. Die skip kraak al hoe meer …. etniese krake, Cosatu krake, Julius en Co…..

Johann Marx ·

Genis is korrek. Ek soek nog na my bronnelys, maar…..in die 1ste 10 jaar na oorgangsregering sal die “nuwe” regering alles in sy vermoë doen om ALMAL gelukkig te hou, en gerus te stel dat die “taal, kultuur en godsdiens” van elke groep beskerm en erken sal word. In die 2de 10 jaar begin die regering die regte vernnote in plek kry en omring die president hom met mense wat hom tot die dood toe sal verdedig, en word potensiële “probleme” uit die politiek uitgewerk, of ambassadeurs gemaak in ander lande. En in die 3de 10 jaar gryp die regering absolute mag, maak net soos hulle wil……en duld geen kritiek of opisisie nie, en daarna is die land gedoem. Gaan kyk maar hoe het dit telkemale gebeur in elke ander Afrika land, of land waar demokrasie stelselmatig vervang is met kommunisme.

GES ·

Genis en Johann. Baie dankie vir die brokkie waardevolle inligting ivm Slovo se plan. As u die bronnelys kan opspoor kan dit as ‘n teenaanvalswapen op ander forums gebruik word.

Tom Theron ·

Vakverbond of vakbond? Ons praat tog nie van die Afrikanerverbond nie?

Sune van Heerden ·

Dagsê Tom

‘n “Vakverbond” is ‘n federasie van vakbonde, soos Cosatu.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Jan maak n Plan ·

Nr1 – bla bla bla eeee I neeed your vote eeee bla bla bla. hehehehehe

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.