Zuma vra dat vervolging gestaak word

Oudpres. Jacob Zuma. Foto: ANA

Oudpres. Jacob Zuma verskyn Vrydag weer in die hooggeregshof in Pietermaritzburg op aanklagte van bedrog, korrupsie, geldwassery en rampokkery.

Natasha Ramkisson-Kara, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê daar sal tydens Vrydag se hofverrigtinge op ʼn datum besluit word wanneer die direkteur van openbare vervolging hofdokumente moet indien om Zuma se aansoek dat vervolging gestaak word teen te staan.

Zuma voer in sy beëdigde verklaring aan die saak het “al die eienskappe van ʼn saak wat permanent gestaak moet word”. Volgens Zuma was daar al talle vertragings, ongerymdhede rakende die voorverhoor, blatante vooroordeel teen hom, geen slagoffers of klaers nie en politieke inmenging.

Die staat het tydens Zuma se vorige verskyning aangedui dat hy gereed is om met die verhoor te begin.

Regter Mjabuliseni Madondo het die verdediging tot 16 November geleentheid gegee om dokumente in te dien rakende die aansoek dat vervolging gestaak word en die saak tot 30 November uitgestel.

ʼn Regsverteenwoordiger vir Thales South Africa, die maatskappy wat saam met Zuma op die aanklagte tereg staan, het aangedui dat hulle ook ʼn aansoek vir staking van vervolging sal bring.

Oudpres. Jacob Zuma in die hof. Foto: Leon Lestrade/ANA

Thales South Africa is ʼn filiaal van die Franse wapenvervaardiger Thales en word in die beskuldigdebank deur Christine Guerrier verteenwoordig.

Zuma staan tereg op een aanklag van swendelary, twee aanklagte van korrupsie, een van geldwassery en 12 aanklagte van bedrog. Die voormalige president word daarvan beskuldig dat hy altesaam R4 072 499,85 onregmatig bekom het uit 783 betalings wat Schabir Shaik gedoen het, ʼn sakeman wat as sy finansiële raadgewer opgetree het ten tyde van die beweerde transaksies.

Die geld was vermoedelik omkoopgeld van die Franse wapenvervaardiger Thales met betrekking tot die omstrede wapentransaksie van 1999.

Ten tyde van die betalings was Zuma aanvanklik die LUR van ekonomiese ontwikkeling in KwaZulu-Natal en daarna, in 1999, die adjunkpresident van Suid-Afrika.

Zuma hou vol hy is onskuldig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Willie ·

Ag ek dink ou stortkop gaan in elk geval niks oorkom nie… hulle is almal kop en een mis…

John ·

Wie het al die vertragings veroorsaak? Skies dat ek vra, maar ek het net gister in SA aangeland. Die ou oom uit… Zoeloeland (so verneem ek) het werk om te doen op sy plaas wat hy of se mens hom ~ verskoon tog ek leer nog Afrikaans~ duur bekom het en geld nou dringend nodig het (so verneem ek) om dit weer van voetsoolvlak af op te bou na ondersoekbeamptes en joernaliste dit so ongevraagd platgeloop het (so verneem ek) en sy spaarvarkie wreed van hom weggeskeur is en met op verkeerde vlug op Dubai beland het (so verneem ek)… Shame on you…

Henk ·

Die arrogansie en die vlak van die man se kriminele vermoeens is verbysterend! HY het die staat gekaap deur sy staatsgreep in Polokwane sodat HY seker kon maak dat hy homself uit die howe kon hou. Nou wil hy aanvoer die tydsveroop benadeel sy saak?

Skik ·

Kom tot n skikking. Paar trillion terug betaal en hy mag nie weer aan politiek deelneem nie.

Gatvol ·

Not n sokkie. Laat hy sit en boontjies eet soos die bree populasie in die staatshotelle.

Lex Luger ·

Zuma gaan niks oorkom nie. Hulle moet asb nou stop met hom en die hofsaak. Ek wil nie meer verder vir sy regkoste betaal nie. Ons moet maar aanbeweeg-dis hoe dit nou maar is.

Koos B ·

Stem 100 % saam maar sit hom ten minste onder huisares 24 uur per dag vir die res van sy lewe.

Santjie ·

Nee Oom Zuma. Ek sê nee. Jy het aangejaag en jy moet nou maar jou pak vat.

Anoniem ·

Ek hoop hierdie aansoek van Zuma word met koste afgekeur.

Colleen ·

Hy is baie arrogant om te wil hê alles moet net teruggetrek word sodat hy kan aangaan met sy lewe. Wanneer en hoe was die Nkandla skuld betaal wat hy moes terugbetaal? ‘n Mens lees gedurig hoe die skelms geld moet terugbetaal, maar daar word nooit bevestig dat dit wel terugbetaal was nie.

Johanna Botha ·

NEE ! na alles en die gemors waarin SA is agv die man en sy anc skelms ?

RHG ·

Géén slagoffers nie, sê hy! As daar nou een mens in SA is wat juis voor die hof moet kom, is dit hy.

Jacques ·

Zumpie – Dream on . Jy moet vervolg word vir jou sondes en klaar . Omdat jy die land in n hool verander het en nou die vermetelheid het om te se die klagtes moet terug getrek word , oooo neeeee . Jy hoort in n oranje speelpakkie , hulle het klaar jou grote .

Martin ·

Soos gewoonlik “stall” hy weer, sy taktiek om hom uit die sop te hou, end die res van sy ANC maatjies help hom daarmee.

Ryan ·

Aag julle, kom ons los die man, dat hy nie hoef te antwoord hoekom hy so gesondig het en die land opgeneuk het nie. Kom ons hou liewers ‘n openbare uitvoering, dan is als oor en verby.

alida ·

Hierdie st 3 leerder moet weet dat hy nie kan maak soos hy wil nie. Hy moet tronk toe gaan. Hoekom het Nelson Mandela en al die ander tronktoe gegaan? Daar was goeie rede. Hy en ALMAL wat so saam met hom gekonkel het moet tronk toe gaan. Die howe kan nie met nonsense besig gehou word nie.

Die Stem ·

Daar is seker nie nog n persoon wat soveel lewens benadeel het, soos Jaco Zuma nie. Sy dade het verreikende gevolge. Die armes is die mense wat die meeste ly.
Hy verdien om lewens lank tronk toe te gaan.

Roeks Griessel ·

Zuma is die een wat alles vertraag, Zumma is die een wat inmening veroorsaak. Die tyds verloop is niks nie, die regter behoort aan te beveel dat die tyd wat dit vertraag is juis Zuma bevoordeel sedert hy nou baie langer kans gegun is om voor te berei. As dit enige ander persoon was het hulle hom arresteer en op borg vry laat om sy saak saam te stel. Waarom is Zuma bo die wet.

Anoniem ·

Zuma, jy het die land verniel, soos die Engelsman se: “You must face the music”.

CHRISTA ·

In die verlede sou Zuma aangekla wees van HOOGVERRAAD!!! Nou gee hulle dit so ‘n fancy naam soos “staatskaping”!!! HEHEHEHEHE!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.