Zuma vra jeug om Afrika-identiteit te bevorder

Pres. Zuma. Foto: Flickr/GovernmentZA

Pres. Zuma. Foto: Flickr/GovernmentZA

Pres. Jacob Zuma het die jeug aangemoedig om moeite doen om hul Afrika-identiteit te verstaan en te bevorder.

“Daar is ’n probleem wat ons in die AU (Afrika-Unie) begin bespreek het. Dit is die opening van die grense op die vasteland. Kolonialiste het ons verdeel en nou glo ons wel hierdie persoon is ’n Portugese burger, hierdie een is ʼn Brit en daardie een ʼn Fransman. Ons is nie, ons is net Afrikane,” het Zuma gesê tydens die amptelike Jeugdagviering in Pretoria.

“Ons doen ook ʼn beroep op jou om die geskiedenis en kultuur van soveel as moontlik Afrika-lande te verstaan. As ons dit doen sal ons die land transformeer en ʼn beter plek vir almal skep.” Zuma het ook van die geleentheid gebruik gemaak om jongmense aan te moedig om vir identiteitsdokumente aansoek te doen ten einde hul in staat te stel om in volgende jaar se plaaslike verkiesing te stem. “Jou stem is van kardinale belang om te verseker dat hierdie land behoorlik regeer word,” het Zuma gesê.

Volgens Zuma is onderwys ook baie belangrik en belê die regering die grootste gedeelte van sy begroting hierin. Hy het gesê ondanks die feit dat jong Suid-Afrikaners opleiding ontvang sukkel hulle om werk te kry. “Die ekonomie groei nie so vinnig as wat ons wil hê dit moet nie en skep ook nie die werkgeleenthede wat ons nodig het nie. As gevolg hiervan sit baie van ons gegradueerdes tuis sonder werk.”

Zuma het ʼn beroep gedoen op die private sektor om indiensneming onder jong mense te bevorder deur internskappe te bied. “Ons moet saamwerk om geleenthede vir die jeug te bied, aangesien hulle die toekoms van die land is. Die regering kan dit nie alleen doen nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

jakes ·

Reg Zum ons sal jou korrupsie en die afrika unie se korrupsie volg. Reg so ou, of keur jy dit af . Neee jy sal nie ek weet sommer ons kan maar dat die ou geldtjies laat wegraak dan is ons ook bo die wet, Ga!!!

Danie ·

Afrika-identiteit = Misdaad in elke moontlike vorm.
En dan is daar steeds naiëwes wat dit goedpraat.

Hansie ·

Is sy trawante so dom om alles te glo wat hy sê? Wanneer gaan hulle wakker skrik!!?? Seker nooit.. Vat die kolonialiste weg en wat bly oor..?

Hennie ·

Die regering doen al die steel werk en wil nou vir privaat sektor sê, steel saam. Ek glo nog die jeug sê oë sal oop gaan en sien dat huidige regering is vals.

Victor ·

En tog is daar HOEVEEL (wit) jeugdiges, met baie goeie opvoeding en BAIE meer grade as ou Zuma self, wat by werke weggewys word agv hul velkleur…! Nou hoe beplan julle wat die ANC, is om die land en sy ekonomie te bevorder as julle die heeltyd toelaat dat opgeleide jeugdiges weggewys word…?? Word wakker, ANC!

Gerhard Bezuidenhout ·

Maroela Media het nie my kommentaar geplaas nie . Soos Nuus 24 lyk die my hou hulle nie daarvan dat mens n senuwee raak boor nie.

Rooijan ·

So Zuma vra dat ons werk moet skep maar terselfdertyd gaan hy en sy kaders uit hul pad om maatskappye se pogings om werk te skep in die wiele te ry.

Peet Schabort ·

Eerlikwaar gaan ek nie eers tyd mors om sy gepraat te lees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.