Zuma vra jeug om land vorentoe te neem

Pres. Zuma tydens sy Jeugdag-toespraak. Foto: ANA

Pres. Zuma tydens sy Jeugdag-toespraak. Foto: ANA

Pres. Jacob Zuma het by Jeugdagvieringe in Soweto gesê die land vier vandag die heldhaftigheid van studente wat opgestaan het teen die apartheidstaat en geveg het vir hul regte en die bevryding van hul land. Hy het beklemtoon die land het ʼn ver pad gestap sedert Junie 1976 en die stryd en opofferings van die klas van 1976 was nie verniet nie.

Volgens Zuma leef ons vandag in ʼn lewendige demokrasie en sterk en demokratiese staatsinstellings is met harde werk gebou. “Ons leef in ʼn land waar vryheid van uitdrukking, assosiasie en die media verskans word in die Grondwet waar ons weet ons sal nie geskiet en vermoor word as ons ʼn vreedsame optog hou om ons griewe te lug nie.”

Die staat verskaf basies dienste aan mense om hul lewensgehalte te verbeter en miljoene mense het nou toegang tot water, elektrisiteit, behuising, hospitaalsorg, gehalte-onderrig en ander dienste, het hy gesê. “Ons weet sommige mense wag nog vir die dienste wag weens die agterstand in dienslewering.”

Die apartheidsregime het die land en sy ekonomie erg benadeel deur die meerderheid van die bevolking kwaliteit onderrig te weier, het Zuma gesê. “Die apartheidsregering het onderwys as ʼn instrument van onderdrukking gebruik terwyl die demokratiese regering besluit het om onderwys ʼn instrument van bevryding te maak. Onderwys is ʼn topprioriteit en ontvang die grootste deel van die nasionale begroting.”

Hy het gesê 80% van openbare skole bied nou gratis onderrig aan en nege miljoen kinders is kwytgeskel van skoolgeld. “Armoede moet nie ʼn kind verhoed om onderrig te ontvang nie.” Volgens Zuma bou die regering drie nuwe universiteite en 12 tegniese kolleges om groter toegang tot hoër onderwys te bied.

Zuma het weer na gewelddadige betogings verwys en gesê dit bedreig die “sosiale struktuur van ons samelewing”. “Ons moet onthou nie ʼn enkele skool is afgebrand tydens die 16 Junie 1976 studente-betogings nie. Ongelukkig het ons die afgelope tyd aaklige voorvalle gesien. Studente het die ondenkbare gedoen en universiteitsgeboue afgebrand, net om te wys hulle kan nie klasgelde bekostig nie. Dit is onaanvaarbaar en onvergeeflik.”

Die president het jong mense aangemoedig om tydens die komende munisipale verkiesing te stem en “sodoende hul reg waarvoor talle dood is” uit te oefen. “Ons vertrou op julle as die jeug om Suid-Afrika vorentoe te vat met die kragtigste wapen van almal, naamlik onderwys.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

dries ·

Ja nie n enkele skool is toe afgebrand nie, en by Marikana, laat jy mynwerkers doodskiet. Dus jou regime is erger as apartheid, tyd dat iemand jou verwyder! Jy staan in die pad van vooruitgang, beter gestel jy staan vir selfvernietiging.

Johann Marx ·

“…..en miljoene mense het nou toegang tot water, elektrisiteit, behuising, hospitaal sorg, gehalte onderrig en ander dienste…” Sou dit nie ook fantasies gewees het as ons 17 miljoen meer siele gehad het om te help dra aan die belasting las wat nou deur 10% van die populasie gedra word nie? As ons al die bakstene wat tans in “veiligheidsmure” ingebou is om misdaad te bekamp, nie nodig gehad het nie…..was daar genoeg bakstene in hierdie land om vir elke daklose inwoner ‘n huis te bou.

johann cb ·

Ek wonder wie hierdie “toespraak” vir die ou skepsel geskryf het!

John ·

President Zuma praat net met die swart jeug. Daar is geen ‘wit’ in sy toekomsberekeninge nie. Baie witmense gooi hulle voor die voete van die nuwe eienaars van die land en word deur die swartes verag. Hierdie groep moet ophou om namens ander Afrikaners te praat. Hou eers ‘n referendum of stig die Wit Nappy Party. Die Afrikaners se taal en kultuur is nie te koop nie en nog minder sal dit, selfs met petrol oor, op die brandstapel in vlamme en rook vergaan.

T. van Schalkwyk ·

John

Indien jy die “John” is wat dit nie kan verdra dat Steve Hofmeyr in die buiteland gaan vertel hoe die Afrikaner-kultuur geminag en uitgewis word nie, moet jy my nou asseblief verskoon as ek heeltemal oorbluf is deur jou kommentaar hier?

elna ·

Weet hy ooit wat hy sê. Ja wonder wie het dit geskryf. Dries, dis waar. En nou betaal ons hom nog om daardie snert kwyt te raak.

Riaan ·

Liberation BEFORE Education, So presies waarheen gaan jou ongeskoolde klomp ons invat. Persoonlik dink ek dit is in die verderf in, so ek SMEEK vir die wit mense om saam te staan en te sê, tot hiertoe en nie verder nie … Ons soek ‘n APARTE STAAT / GROND GEBIED vir ons self.

Andrea van Vuren ·

Riaan dis waaraan dr. Verwoerd gewerk het en sy planne het gefugireer totdat die geldmag (kommuniste) hom vermoor het. Tydens die Sharpville onluste was daar maar ‘n paar kinders dood. Hoeveel boere en kinders is die afgelope 22 jaar deur die sg. bevrydenes vermoor?

pierre nell ·

Zuma het almal in die stadion in al die tale gegroet BEHALWE in Afrikaans,vandag.
Kill the goose that lay the golden eggs.
Kinders toi toi in skool uniform vandag???? Julle het n lat gepluk vir jul eie gat in die toekoms( of vir D A ???)

Toekoms ·

Die toekomstige generasies gaan neerkyk op hierdie krimineel wat hulle so opgemors het. Hy sal as n skande en verloorder gesien word.

Pietman@Bethlehem ·

Verseker praat hierdie egois nie met Afrikaanse jongmense wat waardes vir goed en lewe het nie. Sy ‘luisteraars’ is meestal seker ‘jeug’ van ouer as 30 wat nie n benul het van waarheen hulle in die toekoms wil gaan nie, en ook maar net gehoor het van apaarthaaid. Ja Jakob, jy praat baie, maar jy praat SNERT.

Irene ·

Elke jaar dieselfde storie oor en oor
Hy sweep net die swart jeug op teenoor ons wittes om sy doel te beryk maar van hulle kyk met a ander oog

Andrea van Vuren ·

Hy speel viool in die uniegebou terwyl ons swaarverdiende land brand!

Ben Prinsloo ·

Ja prez ek stem saam. Die apartheid regime het hulle ingeperk met wet en orde. Nou is hulle vry, vry om skole, universiteite en wat nog meer af te brand want geeneen word tot verantwoording geroep nie. Jy is reg prez, hou so aan totdat niks oor is nie en dit gaan binnekort gebeur.

Hannes Stander. ·

Dit is jammer dat die jeug met leuens opgesweep word want hulle ken nie die verlede nie. Hulle almal glo dat die blankes die grond gesteel het maar hetMnr. Zuma al ooit aan hulle probeer verduidelik dat die Voortrekkers grond aangekoop het met ruil transaksies. Het hy al ooit gedink dat demokrasie bestaan uit eerlikheid en opregtheid. Indien S A hom na aan die hart le sal hy poogc om almal bymekaar te bring en nie nog meer teen .ekaar opte sweep nie

Lance ·

Hehe ja sure terwyl hy ons agtertoe neem ….wat n joke !!!

Bokram ·

Dis reg ou Zoempie vra maar die jeug eerder,want jy beteken tog niks vir die land

Koos ·

ANC must fall soos Donald trump VSA se presedent moet word en mense die sa rugby wedstryde moet boikot.

Rynhardt ·

Zuma hoe moet die jeug die land vorentoe neem as die Anc onderwys vernietig het en die jeug vanjaar 29skole afgebrand het? Lyk my dieselfde slagspreuk geld nog steeds: “Liberation before education”.Zuma hoe verduidelik jy ook dat swangerskappe onder die jeug toegeneem het? Jou raadgewers van R30miljard laat jou lelik in die steek!

PIETER ·

Elke jaar die selfde ou storie ,die jeug veral ons swart jeug se oe begin oopgaan hul wil vrede he en goeie opleiding ,hul sien die bedrog wat in land aangaan dis hoekom hul toi toi , ou swart skole se leerplan was beter as vandag se algehele leerplan ,pleks hy moet alle jeugdiges aanmoedig om saam te staan en saam die land se ekonomie op te bou praat hy politiek , al die vakansiedae gebruik hy vir politiek wat hom pas maar mense raak slimmer

m ·

Met sulke jeug kan geen land vorentoe beweeg nie………………………..Hulle word te rassisties grootgemaak.

John ·

T. Van S, ek gee toe ek is seker maar dom, maar hoe jy nou by Steve en sy syfers oor boere-moorde uitkom, slaan my ook totaal dronk. Nou nie van Amarula nie. Steve kan maar gaan praat oor misdaad in die buiteland, as hy van die aandag hou en glo die wereld gaan HOM glo veral as hy regstellings maak. Ek ken iemand verlangs wie se oom ‘n ou sanna ontdek het toe hy ‘n ou skuur se muur afgrbreek het. President Steyn se kleinseun het sulke antieke boere-uniforms vir hul jaarlikse kamma-oorlogvoering. Ons kan dit in die hande kry en sorg jy vir die perd, dan kan Steve sy rolprentloopbaan ‘n werklikheid maak. Julle ‘fans’ kan volg. Ons ander sal later die begrafnisse hou. Waar moet jul heldeakker wees?

Johannes Meintjes ·

En nou moet heldhaftige studente weer opstaan teen ‘n korrupde en gefaalde staat en ‘n bekonkelde skoolleerplan geskeidenis wat op sigself ‘n bekonkelde leun is wat geen waarheid onderskraag nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.