Zuma vra SA om te verenig

Foto: ANC/Twitter

Foto: ANC/Twitter

Pres. Jacob Zuma het Saterdag ʼn beroep op die ANC se lede gedoen om te verenig en te veg teen die probleme waaronder Suid-Afrika gebuk gaan, soos korrupsie en rassisme.

Zuma het die ANC se jaarlikse 8 Januarie-verklaring tydens die party se 104de verjaardagviering in Phokeng naby Rustenburg in Noordwes gelewer. Die ANC het op 8 Januarie 1912 tot stand gekom.

“Lede moet onthou dat die ANC aan die mense behoort, met sy tradisies en waardes. Werk saam om korrupsie, faksievorming en ander euwels te bestry wat geen plek in die ANC het nie.”

Zuma het met verwysing na rassisme gesê dit is duidelik dat sommige Suid-Afrikaners nog die land se apartheidsverlede verafgod. “Dit is duidelik dat daar ’n klein minderheid is wat apartheidsleiers verafgod. Hierdie mense verteenwoordig nie die ware karakter van Suid-Afrika nie.”

Volgens Zuma moet die “demokratiese uitdrukking” en die wil van die meerderheid te alle tye deur alle burgers beskerm word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Ricki ·

Zuma moet as leier eers n voorbeeld stel vir ons as Suid Afrikaners. Daar is totale anargie in die land terwyl hy sing en dans en nie die probleme aanspreek nie. Hy is n verleentheid vir die land.

jaco ·

Komaan mense, dis so maklik soss 1-2-3. Zuma het sy intensies glashelder uitgespel. Eerstens, hy het n probleem met witmense wat vergoed wil word vir plaasgrond. Tweedens, hy vra almal moet saamstaan teen die land se probleme- sekerlik het hy nie die blankes toegespreek nie. Dus, die land se mense maw swartes, moet saamstaan teen o.a die gewillige verkoper beginsel. Hier kom swaar tye as die nar nie uitgewerk word nie.

elize naude ·

“apartheid” heer is alle gemeenskappe… ongelukkig het SA dit perfeksioneer d.m.v wetgewing… nou pluk ons die suur druiwe van sogenaamde “onafhanklike ontwikkeling”!!!

Ian ·

Die berig bevat alweer slegs die soet gedeeltes. Hoekom berig julle nie oor die feit dat Zuma ons blankes WEER beskuldig het dat ons land gesteel het nie?

Gerhardt ·

Hoop jy het die opvolg berig gevind? Zuma dink hy en die ANC is ‘n god. Waar was sy voorsate tydens bloedrivier tog.

Frederik ·

Probleme waaronder SA gebuk gaan, soos korrupsie en rassisme. Albei Zuma spesialis-gebiede.
Zuma wil die demokrasie in SA vervang met ‘n kommunistiese stelsel. Nou vra hy dat die “demokratiese uitdrukking ” deur alle burgers beskerm word. Wat ‘n moroon !!

DPJ ·

Sê my hoe kan die wil van die meerderheid geld in geval van rassisme? Met ander woorde sou ‘n lid van die meerderheid sê wittes is rassiste dan is dit so. Ha ha ha.

Berhalet Beukes ·

Die demokratiese uitdrukking en wil van die meerderheid… Klink vir my meer na kommunisme as demokrasie… Wat van die minderheid? Moet hulle nie ook beskerm word nie?

CJAN ·

Korrupsie beveg?? Dan moet daar by Zuma en sy Aanhangers begin word.

Dee ·

Zuma vra SA om te verenig
en in die volgende paragraaf
vra Zuma die anc om te verenig.
Klaarblyklik beskou hy die anc as SA
en ek daar is rede om te dink dat dit huidig so is.

GES ·

Dee dit verklaar hoekom hy dink al die ander kontinente kan oppervlak gewys in Afrika in pas. Sy Gr5 opleiding het hom net genoeg kennis gebied om ‘n “fool” van homself te maak.

Anna ·

‘n klein minderheid? Ek dink jy is in vir n surprise…….

Marous ·

Beroep op SA ? Enige persoon buite jou politieke party moet in die grond ingetrap word ….duidelik jou beleid vir 2016.

Flippie ·

How vermag hy dat die “gronddiewe” ( dis nou die wittes) met hom moet saamstaan.?

anita ·

ZUMA, weet jy wat gebeur met grondhervoreming! Elke plaas wat afgevat word, gaan ten gronde! GEEN boer geen kos! Maar vergeet, oorsee se lande gaan mos jammer kry en gee, .anc gee plase weg, aan swart boere en een plaas in carolina is n plakkerskamp…witmense is lankal nie meer welkom hier! Maar ons belasting is!

Rynhardt ·

By Phokeng praat Zuma om te verenig! Teen wie?Luister mooi na sy boodskap.Dan verwys hy na daai klein groepie (wittes) wat apartheidsleiers omarm! Dan se hy, “hul verteenwoordig nie die nuwe SA nie”.Hoe moet die nuwe SA van Anc wees?Ek laat dit oor aan jou om te besluit.Die prez praat weer oor uitroei van korrupsie (kom voor by al sy toesprake vir jare nou), terwyl dit gedy vir 22jaar onder Anc.Selfs die legendariese Avengers kan korrupsie nie uitroei in SA nie!

Elizabeth Bosman ·

Raak ontslae van Zuma en korrupsie sal onmiddellik met 65% daal. Hy hamer op korrupsie maar hy is die grootste euwel.

Dan ·

Hierdie uitsprake van Zuma is niks anders as verdag makery teen die blankes nie, hy veg vir oorlewing.

Realis ·

Tog so jammer zuma lees nie die treurmare van die wit mense op Maroela nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.