Zuma vra uitstel by MRK

Jacob Zuma. Foto: Flickr/GovernmentZA

Jacob Zuma. Foto: Flickr/GovernmentZA

President Jacob Zuma het die Menseregtekommissie (MRK) vir uitstel gevra om te reageer op die klag van haatspraak wat die VF Plus teen hom ingedien het.

Die klag spruit uit uitlatings wat Zuma in Januarie verlede jaar oor Jan van Riebeeck gemaak het, toe hy onder meer gesê het die land se probleme het begin met Van Riebeeck se aankoms in die land.

Volgens adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder, het Zuma verder gesê talle stryde, oorloë, sterftes, grondonteiening  en die ontneming van inheemse mense se politieke en ekonomiese mag, het daarop gevolg.

“Die VF Plus se klag is reeds in Januarie verlede jaar ingedien, kort ná pres. Zuma se gewraakte uitsprake. In die brief wat die VF Plus in April aan die MRK geskryf het, is gevra waarom die kommissie oënskynlik onwillig is om pres. Zuma te ondersoek, aangesien geen van die verskeie klagtes teen die president in die laaste twee jaar afgehandel is nie.”

Gail Smith, woordvoerder vir die kommissie, het bevestig die presidensie het Vrydag uitstel gevra om op die klagte te reageer. “Die uitstel is toegestaan en hulle is tot die einde van Julie gegee om op die klagte te reageer.” Smith het gesê die klaers is ook in kennis gestel van die uitstel.

Die MRK het Zuma vroeër in kennis gestel dat hy teen 4 Julie moet antwoord op die klag van haatspraak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Riaan ·

Na n jaar kans nog uitstel tevra wat is volgende? Nog uitstel oor terugbetaling van opgraderings? Van uitstel kom af stel

Jef ·

Hy het die uitlating gedoen en moet gestraf word, hy probeer nou terug te trek deur uitstel aan te vra maar dit gaan nie help nie.
Hy is president van n land en moet verantwoording afle oor alles wat hy se en wat hy doen en boonop het hy n voorbeeld funksie .
Hy toon ook geen respek vir ons SA geskiedenis nie.

Joann ·

Liewe hemel wat nog? Wittes wat sulke rassistiese aanmerkings maak word dadelik vervolg,wat is hy beter. Nee hel so kan dit nie gaan nie.

Wern ·

As hulle geregtigheid Bly uitstel, kan ons betaling van belasting uitstel?

Hasie ·

Wat het geword van Malema se 17 of 18 miljoen wat hy nog aan die ontvanger skuld, of kry hy soos zuma, net uitslel?

Tong innie kies ·

Niemand het hom uitstel gevra om sy uitlatings te maak nie,nou hoekom moet hy nou uitstel vra? Net nog n Nkandla geval waar dit eeue gaan draai en op die eindelaaste kom daar niks van nie.Hy gaan uitstel vra vir die terugbetaling van die Nkandla geld ook. BEROERDE land waarin ons onsself bevind!

so waar ·

Gelukkig kan geen lewende wese uit stel vra ….wanneer die dood aan deur klop – Jou tyd is jou tyd.

Johann ·

Weet dis verkiesing en Zumpi en al sy anner dumpies gaan uit hul pad uit om die norm te buig en irriteer…maar ek sou wat wou gee as die hoof nar net vir een keer vasgevat word!!!!

Buks ·

Zoempi wys net weer hy is baas. Wie kan die teendeel bewys. Wanneer gaan ons hoor wat het hy in Angola aangevang.

hans ·

Onbegryplik,dat uitstel verleen word. My mening is dat met die uitstel dieselfde taktiek gevolg word as met al die sake teen hom-rek die proses uit vir jare met die hoop dat die saak uieindelik sal ‘weggaan’.

CJ ·

Hierin lè die dilemma van Suid Afrika : Dis nie wat jy sè nie, dis wie dit sè…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.