Zuma vra vir eenheid in ANC

Pres. Jacob Zuma lewer sy toespraak die Orlando-stadion in Soweto, Johannesburg by die ANC se 105de verjaarsdagvieringe (8 Januarie 2017). Foto: Twitter via @MYANC

Pres. Jacob Zuma lewer sy toespraak by die Orlando-stadion in Soweto, Johannesburg by die ANC se 105de verjaarsdagvieringe (8 Januarie 2017). Foto: Twitter via @MYANC

Pres. Jacob Zuma het Sondag, tydens sy amptelike 8 Januarie-toespraak, ʼn beroep op ANC-lede, takke en strukture gedoen om eenheid in die organisasie te bewerkstellig om die toekomstige sukses van die party te verseker.

Die 40 000-sitplek Orlando stadion in Soweto was volgepak met ANC-ondersteuners, met talle ondersteuners wat buite die stadion na Zuma se toespraak moes luister omdat daar nie meer plek binne was nie. ANC-lede was in ʼn feestelike luim by die party se 105de verjaarsdagviering en het gesing en gedans tussendeur die amptelike verrigtinge.

Zuma het in sy toespraak beklemtoon alle ANC-lede moet daarop fokus om die party uit te bou, lede te werf en eenheid in die organisasie te bewerkstellig. “Ons doen ʼn beroep op ANC-lede om beslissend op te tree en hekwagters, swak dissipline, interne faksies, die koop van lede en die manipulasie van interne demokratiese prosesse uit te roei,” het Zuma gesê.

“Ons moet veg teen hierdie euwels, omdat dit ons organisasie ondermyn. Ons kan nie met hierdie praktyke voortgaan nie. Die taak van hierdie beweging is duidelik. Elke lid, tak en struktuur moet daarop fokus om die ANC uit te bou en te versterk. Ons doen ʼn beroep op lede op alle vlakke om saam te werk en eenheid op alle vlakke te versterk.”

Zuma het gesê 2017 sal ʼn groot jaar vir die ANC wees. “In Desember sal die ANC ʼn nuwe nasionale leierskap aankondig. Hierdie leierskap moet ʼn begeerte en toewyding bewys om die mense te dien, moet bewese ervaring hê en die massas inspireer om hul eie bevryders te wees. Alle lede van die ANC moet ʼn voorbeeld wees in hul gedrag en leefstyl en ʼn lewe leef van integriteit en ʼn onbaatsugtige diens aan die mense.”

Mense in die Orlando-stadion in Soweto, Johannesburg by die ANC se 105de verjaarsdagvieringe (8 Januarie 2017). Foto: Twitter via @MYANC

Mense in die Orlando-stadion in Soweto, Johannesburg by die ANC se 105de verjaarsdagvieringe (8 Januarie 2017). Foto: Twitter via @MYANC

Die president het verskeie voorbeelde genoem hoe die ANC in die afgelope twee dekades gegroei en presteer het, onder meer die voorsiening van gehalte basiese onderwys aan armes, verbeterde staatsgesondheidsdienste, ekonomiese transformasie en die verskaffing van huise aan armes. Hy het genoem die regering is daarvan bewus dat sommige ontvangers van HOP-huise hierdie huise uitverhuur of verkoop en gesê dit is ʼn onaanvaarbare praktyk.

Volgens Zuma het die verbeterde basiese onderwysstelsel gelei tot ʼn hoër vraag na gratis gehalte tersiêre onderrig. “Ons stem saam ons moet voortgaan om stelselmatig te werk om ons doelwit, van gratis tersiêre onderrig vir armes en die sogenaamde ‘missing middle’, te bereik ooreenkomstig die voorskrifte, soos vervat in die Vryheidsmanifes. Die ANC het reeds maatreëls ingestel om die las op arm en middelklas-studente te verlig en toegang tot tersiêre onderrig vir alle studente te verbeter,” het hy gesê.

“Die kommissie [wat op die been gebring is om die uitvoerbaarheid van gratis tersiêre onderrig in die land te ondersoek] sal oor die volgende paar maande sy ondersoek afhandel en intussen verwag ons van alle belanghebbendes en die regering om uit een mond oor die saak te praat.”

Zuma het ook na die media gekap en gesê hoewel die ANC geveg het vir vryheid van die media, moet die media ook hul deel doen. “Daar sal nooit weer ʼn tyd kom wat ʼn koerant verban word nie, danksy ons meedoënlose stryd vir vryheid van spraak en vryheid van opinie. Terselfdertyd moet die media te alle tyd regverdig en feitelik verslag gee. Laat ek dit herhaal: die media moet regverdig en feitelik verslag gee,” het Zuma onder luide toejuiging gesê.

“Die ANC aanvaar ons het foute gemaak en ons sal hierdie foute regstel. Alle ANC-raadslede het ʼn prestasie- en verantwoordbaarheid-ooreenkoms onderteken en is bewus daarvan dat hulle bereikbaar moet wees vir hul gemeenskappe. Laat ons ons eenheid op alle vlakke versterk. Amandla!”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Waghond ·

Lol! Komende van iemand wat die grootste probleem vir SA is.

Jan ·

Eenheid wat hy verkondig is vir almal wat nie wit is nie. Maak as ek nou iets oor die ander kleur sê, dan is ek in die dogboks.

Ida ·

Nou hoekom staan hulle buite as di hele voorste deel van di stadion nog leeg is?

pieterdp ·

Dis my vraag ook. Hoe kan hul sè dis vol gepak. Is Maroela se nuus ook nou aan die klok.

Jan ·

Jip, hy het ook gesê dis nou tyd dat hulle grond begin afvat, (ala Zim).

O’ja en dan sal ek ook graag kommentaar wil lewer oor Haroon L… se uitlating dat ‘n krieket formaat soortgelyk aan die IPL, SA weer in die kollig sal plaas. En Haroon, ons het natuurlik der miljoene fanatiese krieket ondersteuners soos Pakistan en Indie. Jy wens.

Henry ·

Die berigskryfster maak geen melding van Zuma wat ook onderneem het dat grondbesit as ‘n saak van groot dringendheid aangespreek sal word. Onteiening sal volgens hom toegepas word waar en wanneer nodig. Daar is lank genoeg gesukkel om grondbesit onder alle lede van die bevolking te herverdeel. Aldus hierdie droewe staat se staatshoof.

Waarom sou mens sulke ingrypende beloftes – dreigemente? – miskyk, mishoor, misluister, mis watookal, wonder ek???

Wat seker en vas is, is dat talle wettige grondeienaars direk geraak sal word en dat pyn, leiding en ellende ‘n gegewe is. Netso sal dit die finale doodskoot vir hierdie land se ekonomie en welsyn wees.

Jakes ·

Politiek korrekte/ mooi boodskap beriggewing. Vry media, maar as ‘n blanke waag iets sê- rassisties! Dalk oor skoolopleiding die massas ontwyk het mag hul sê wat hul wil? Vergewe hul, of verkeerd aangehaal..ligte/blanke mens mag niks uiter.

Johann ·

Tjokka, ‘n lekker groot hoek, kabbeljou grootte, dalk mosselkraker, en hy vat hom, loop met die tjokka, elf, dat die stok buig, die katrol en handvatsel die blou willewragtag are in die onderarms laar bult.

Hasie ·

As die ANC of die EFF nou grond gevat het soos hulle dreig om te doen, wat dan? Kan iemand asb. hierdie vraag vir my antwoord, “wat dan?”

Jakes ·

Van Riebeeck sal seker weer vir hul moet voorsien en jammerkry!

wilma ·

Die arme sot. Hy weti hu lyk goeie gesondheidsorg nie wat nog te se gehalte. Staats hospitale is vervalle. Mense op party plekke moet saans trugkeer huistu sonder dat hul n gesondheidswerker gesien het. Soveel miljoene en nog miljoene wat gebore gan word omdat getalle vi ANC regering die regte ding is.

John ·

?… die ANC het foute gemaak? Soos wat? Soos om vir Van Rooyen te vervang en… Hierdie is ‘n goedkoop opsweping van swart gemoedere… met ‘n ondertoon wat op alles behalwe wetmatigheid dui. ‘Die staat gaan die transformasie finansier’… die leuen van die dag… die’ woorde vertaal beteken presies die teenoorgestelde… Dinge gaan lelik word…

DNA ·

Na 24 jaar wil hulle begin foute regstel, breinspoel iemand anders…………………

CHRISTA ·

Meer as 50% van grond is nog in STAATSBESIT! So watse grond wil hulle onteien? En as die ANC so ‘n gehalte basiese onderwys gee (in staatskole), hoekom is al die ministers se kinders in privaatskole?

Deon ·

Arme man!! Jy is die President maar al wat jy kan doen is om verdeeldheid aan te blaas tussen verskillende volksgroepe!!
Ek wens jy verdwyn van die aardbol!

J ·

Jacob Zuma en die ANC is die regerende President en party vir al die land se burgers. Ons blankes is ook burgers. Hoekom blameer hy sy burgers en veg hulle? En is haflik van die blankes se belasting en werk skepping en dan moet die minderheid vyand volgens hom se BEE reg wees. Ag en Zuma kan my grond vat asb
Hy moet asb met ABSA gesels oor die uitstaande verband

Jan ·

Gelukkig het die die woord ‘blank’ gebruik, as jy die ‘wit’ kleur gebruik het, was jy in die sop.

Johann ·

Eet meet wit pap ou pel, meer mieliepap, geel mielies werk ook, van daai met die groot pitte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.