Zuma vra vir eenheid op Mandeladag

Pres. Zuma. Foto: Flickr/GovernmentZA

Pres. Zuma. Foto: Flickr/GovernmentZA

Pres. Jacob Zuma het ʼn beroep op Suid-Afrikaners gedoen om saam ʼn meer verenigde en omgee-samelewing te bou in die lig van Nelson Mandeladag wat Saterdag gevier word.

Volgens Zuma het Mandela 67 jaar van sy lewe aan die struggle gewy om diskriminasie te beveg ten einde ʼn beter Suid-Afrika te bou. Hy het gesê Mandela het ʼn simbool geword in die stryd om rassisme, seksisme en alle ander vorme van diskriminasie te beëindig.

“In herinnering aan hom moet ons onsself weer toewy aan eenheid, liefde, vergifnis, versoening, respek vir mekaar en verdraagsaamheid,” het hy gesê. Zuma het ʼn beroep op Suid-Afrikaners gedoen om Mandela se visie vir die beëindiging van armoede, ongelykheid en werkloosheid voort te sit ten einde ʼn welvarender samelewing te bou waarin almal, veral die armes en werkersklas, van ʼn beter lewe verseker kan word.

Op Mandela se verjaardag, wat ook bekend staan as Mandeladag, word mense aangemoedig om 67 minute van hul tyd vir minderbevoorregtes op te offer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

J.Z ·

Mur Zuma ek hoop jy sluit jou ook in by daardie versoek,so ver het jy nog net die teenoorgestelde gedoen.{Jan van Riebeek}

Liewe lullu ·

JZ, glo my, iemand anders het daardie toespraak vir hom geskryf. Baie beslis (na my beskeie mening) kom dit nie uit sy hart. Dit is net lee woorde

Juan Olivier ·

Eenheid? Hy vra seker dat ons almal Mandela moet eer. hy kan maar daarvan vergeet, ek eer nie ‘n Marxistiese terroris nie. Geen Boer sal daai man eers nie en ek sal my kinders eendag ook die waarheid oor die terroris leer.

Winston ·

Moenie Dingaan vergeet nie. Hy was net so vol “belofte” soos Zuma.

FM ·

Ek respekteer 100 maal eerder vir Mandela. Hy was almal se president. Geen respek vir zuma. Hy is teen witmense gekant, en ek verwys na sy Jan Van Riebeeck toesprake en die “pret”wat hier was voor die “ander”hier aangekom het. Hoe kan n mens hom president noem as hy nie n presedent skep nie. Hy lei ons land afgrond toe. Maar ag hy gee nie om nie, want mugabe is sy mentor!!!!!! EN dit sê ALLES!!

Capt. (Retired) Paulus Antonio ·

What a good gesture by the commander in chief of our country. Let us forget the past that, used to divide us as a rainbow nation along racial lines but let us truly unite as one nation without your small contribution as an insividual we are as a matter of fact nothing.

FM ·

Capt retired: het jy die gruwelike plaasmoorde gesien. Bly jy in SA? En het die commander in chief sy mond al oopgemaak oor plaasmoorde. Siestog. Seker betaal om dit te sê!!!!

Christie Joubert ·

Genade zuma!!! JY is een om te praat oor eenheid etc. Practise what you preach!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.