Zuma-vriende soek nie ‘private dokter’ naby oudpresident

Oudpres. Jacob Zuma. (Foto: Emmanuel Croset/AFP)

Die #FreeJacobZuma-veldtog sê hy is “in beginsel” daarteen gekant dat ʼn private dokter van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se keuse toegelaat mag word om die mediese verslag van die weermagdokter wat oudpres. Jacob Zuma ondersoek het, te betwis.

Die veldtog sê dit is ongehoord om ʼn gewone burgerlike dokter aan te wys om die verslag van ʼn senior weermagdokter in twyfel te trek en beslis hoogs ongewoon. Die organisasie voer ook aan dit is soortgelyk daaraan vir ʼn burgerlike om ʼn belangrike afdeling van die staat, naamlik die leër wat deel vorm van die weermag, uit te daag.

“Geen regering met selfrespek sal dit toelaat nie. Tog word dit toegelaat weens die irrasionele haat vir pres. Zuma deur diegene in magsposisies in die regering. Dit is absolute misbruik en ʼn voortsetting van die ondermyning en wegkalwing van staatsinstellings vir partydige en eng partypolitieke doeleindes,” lui ʼn verklaring van die organisasie.

Zuma moes Dinsdag in die hof verskyn vir die korrupsiesaak wat met die land se omstrede wapenonderhandeling verband hou, maar ontvang tans hospitaalbehandeling.

Dokumente wat aan die hooggeregshof voorgehou is, dui daarop dat hy ʼn operasie moet ondergaan. Die Jacob Zuma-stigting het vroeër ook uitgevaar teen die hantering van besonderhede oor die oudpresident se gesondheid.

Zuma dien tans 15 maande tronkstraf uit vir sy minagting van ʼn hofbevel om voor die kommissie van ondersoek na staatskaping te verskyn.

Die #FreeJacobZuma-organisasie sê daar is “weereens ʼn spesiale toepassing van die wet” om Zuma te teiken en lede het ʼn beroep op Suid-Afrikaners gedoen om nie toe te laat dat dit verder gebeur nie.

“Elke burger het ʼn reg op privaatheid en die reg dat sy of haar mediese toestand of private gesondheidsrekords nie bekend gemaak en deur elke Jan Rap en sy maat bevraagteken word nie.”

Die organisasie sê dit is soortgelyk aan die apartheidsregering se misbruik van aangehoudenes se menseregte deur hulle sonder verhoor aan te hou. “Dit bevestig net ons mening dat pres. Jacob Zuma die eerste politieke gevangene sedert 1994 is wat op apartheidagtige wyse onwettig sonder verhoor aangehou word.”

Die organisasie sê ook die meeste lede van die hoofstroommedia se hantering van die oudpresident se gesondheid is gevoelloos. “Daar is absoluut geen respek vir pres. Zuma se privaatheid, basiese menseregte en waardigheid nie.

“Dit is weereens duidelik in die manier waarop talle in die media dit nou openlik bevraagteken of pres. Zuma ‘werklik siek’ is en sy mediese toestand probeer voorhou as ‘net nog ʼn verskoning’ om nie verhoor te word nie.

“Spotprente wat die spot dryf met pres. Zuma wat siek is, steek alle grense van ordentlikheid oor.”

Die organisasie sê in ander lande sou dit woede veroorsaak het, maar in Suid-Afrika het dit die reël geword. Hy het sy regspan opdrag gegee om te bepaal watter regstappe teen verslaggewers en mediamaatskappye wat hulle volgens die organisasie aan dié gedrag skuldig maak, gedoen kan word.

Die organisasie sê hy gaan ook die hooggeregshof nader om die NVG te stuit om ʼn burgerlike dokter te versoek om die mediese verslag van die weermagdokter te ontleed.

Hulle het ook opnuut die vrylating van Zuma geëis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Mariana ·

Maar natuurlik nie, hy vind dalk uit wat ons almal weet…….Zuma makeer niks.

Anel ·

Ag, asseblief. Hy is ‘n gewone burger. Hy is ook ‘n misdadiger. Hy moet na regte deur ‘n DG behandel word, indien daar ooit nog so iets bestaan. En nou moet hy eweskielik ‘n operasie ondergaan! Nou nou wil hy ook Rusland of Kuba toe vir behandeling. Die howe het die reg om te weet wat hy makeer. So spring hy verskyning weer vry. In baie gevalle word mense skuldig bevind en gevonnis al is hulle nie teenwoordig nie. Wat maak hom meer spesiaal?

Sê maar net ·

Hulle steek natuurlik iets weg, dis waarom hulle nie die dokter wil toelaat om die verslag te ondersoek nie. Almal wat ‘n brein het weet dit.

kolonel ·

Mens kan argumenteer dat Zuma ook al vele (alle?) grense van ordentlikheid oorskrei het, en nog steeds volhou met sy pogings.

kolonel ·

So gepraat van ander lande … met standaarde en wet en orde, en vooruitgang.

cccp ·

Ja, ja #FreeJacobZuma, ons hoor julle sinnelose geraas. Julle behoort eerder te beklemtoon dat Zuma in staat was om ten minste iets te leer en in sy kop te kry – in hierdie geval die goeie voorbeeld van sy gewese vriend Shabir Shaik.

Peetjie ·

As daar mos niks is om weg te steek nie, sal dit mos nie m probleem wees nie… Die mense steek iets weg omdat daar niks siekte is om te vind nie…

koos10 ·

Adri, dis is after all Zuma ondesteuners, en as sy somme nie te goed is nie, kan ons nie meer van hulle verwag nie, nè.

Jr ·

Onthou die SWART kaart van RASSISME EN APARTHEID word altyd gespeel as jou agter ent teen die muur is. Net soos in KZN. RASSISME het kriminele in victims uitgedraai

Boerkind ·

Sy status is nou tronkvoël… Miskien moet hulle die sterwende Shaik na Zuma stuur… of is hy te besig op die gholfbaan??

Friedrich ·

‘n Maagseer as gevolg van spanning as jy my vra. ????????

David ·

Waarvoor is hulle bang? Hulle dink tog sekerlik nie dat ons so dof soos hulle is nie?

annie ·

Zuma regeer. Die wyse waarop Cyril voor die kommissie opgetree het spreek boekdele van iemand wat sy woorde tel om nie die woeste heerser kwaad te maak nie. Word mense met die dood gedreig en/of antieke Afrika-/Indië-toorkunsies aangewend om hul met vrees en onderdanigheid te vul? Zuma is gekiek waar hy ‘n byeenkoms saam met die Gupta’s bygewoon het waartydens ‘n uiters vreemde grillige karakter uit Indië die byeenkoms gelei het…

Strandloper ·

Mense julle verstaan nie…lieg en bedrieg is n anc siekte en topie zumpie is bang dit raak soos covid.

Yvonne ·

Die man bring goed oor homself dan kla hy oor die tipe behandeling….enige aksie bring reaksie….hy het oud geword maar niks geleer nie

Dirk Mostert ·

Wat ‘n patetiese argument. Ek wil weer daai bydrae oor reptielmense lees.

Prikkie ·

Ek het verskriklike groot ingroei toonnaels.

Die dokter het nou een verwyder, verskriklik pynlik.

Daar wag nog nege operasies op my.

Jr ·

Jy’t nie nodig om n vuurpyl wetenskaplike te wees nie oor HOEKOM nie. Pretendecytis is die diagnoser

Jack ·

Maw die hof word nou gesien as n Jan Rap. Nog n hofbevel wat niks van gaan kom nie want duidelik is die dreigement van verdere onluste hier verskuil. Ons weet almal die man steek soos altyd die waarheid weg en ek kan nie dink dat die staat hierdie boosdoeners nie kan vasvat nie. As dit ek en jy was het hulle lankal beslag gele op ons Nkandlas.

Frank John ·

Hou op om sy verantwoordelikheid te ontduik en al die taktiek wat julle gebruik om nie verantwoording vir sy dade te dra nie te gebruik. Dan kan die saak agter die rug kom en op hou om geld en tyd te mors en almal besig te hou met een man se saak. Wat probeer hy doen? So lank moontlik uitstel om alle boewe te wys hoe die wet ontduik kan word? Hoe om die wet te oortree en nooit daarvoor te betaal nie. Om geen verantwoordelikheid te vat vir jou dade?

Karina ·

Dit is alles beplan, skaars in die tronk of hy gaan hospitaal toe – geen wonder hy het vrywillig ingestem om in hegtenis geneem te word nie. Mooi beplan ou Zuma, en as jy dink ons glo jou, skryf dit op jou magie en vee met jou hempie af.

Jr ·

Vra alle Suid Afrikaners om dit nie te toelaat.????? As u dink ek gee n dut om wat met hom gebeur is julle heeltemal verkeerd. Hy kan in die verkeer gaan speel en……..

4ntj13 ·

En nadat die eks-prez homself “skuldloos” gelaat het met sy laaste vry woorde, gaan #FreeZuma voort met veldtogte en betwyfel die regter se grondwetlike bevoegdheid sodat Zuma skuldiger mag word…

Kathleen ·

Hoekom nie ? ons almal weet dat hy op die aarde niks makeer en net ipekonders het . Die oumense het altyd gesê dit mag nie op die lappe kom nie . Dieselfde met Zuma , hy makeer niks maar dit mag nie op die lappe kom nie . Hoe onnosel dink sy makkers is die res van S A ?

Jax ·

Weermag dokters hoogaangewese – amper val ek van my stoel af soos ek lag! Z hoort in sy sel met n snytjie brood en beker water. Hy voel niks vir die land of die mense wat hier woon nie. Hoekom moet hy spesiaal behandel word terwyl ons senior burgers so sleg behandel word. Vat daai geld en stort dit in die ouetehuise van ons land!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.