Die presidensie het in ʼn verklaring gesê hy sal met die SAPD vergader. “Die gesprekke met die SAPD sal deel uitmaak van die voortgesette hersiening van die voordelebeleid binne die regering in die lig van die swak ekonomiese klimaat en die verstandige besteding van openbare geld soos aangekondig deur pres. Zuma in sy staatsrede en waarop die minister van finansies in sy begrotingsrede uitgebrei het.”
Volgens die verklaring sal die vervoervoordele van voormalige presidente en adjunkpresidente se vroue ook hersien word.
Min. Nathi Nhleko, minister van polisie, het Dinsdag onthul dat die SAPD oor drie boekjare R8,6 miljoen bestee het aan luukse motors vir Zuma se vroue. Volgens Nhleko is vier Range Rover-voertuie, twee Land Rover Discovery-voertuie, twee Audi Q7’s en drie Audi Q6’e aangekoop.
Die voertuie is aangekoop nadat Pravin Gordhan, minister van finansies, besparingsmaatreëls aangekondig het in sy begrotingsrede, waaronder “nuwe riglyne om die waarde van voertuigaankope vir politieke ampsdraers te beperk”.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
25 Kommentare
Sal dit nou seker vermeerder R18M.
Dit is hoog tyd dat veelwywery nie gekondoneer, aangemoedig, en op belastingbetalerskoste onderhou word nie. My verwagting is egter dat die lojale kaders sal besluit dat sy edele “geregtig” is op ‘n sekretaresse, ‘n voertuig of twee plus bestuurder, ‘n kok, ‘n huishoudster, en twee lyfwagte vir elke wyf, wat “Numbah One” dan met en groot dank en teensinnigheid sal aanvaar.
Hoe nou??? Die 5 swaargewigte het groot poste en groooooot andele in maatskappye verniet gekry en hul is almal miljoeners maar nou word belasting betalers se geld misbruik om die spul wiele te koop teen miljoene. Nee wragtie zuma hou op geld mors dis nie joune nie
Hy’s weer uitgevang met vermorsing van Staadsgeld en nou moet dinge kamstig hersien word!! Hel wat ‘n grap!!! Betaal terug die geld vir die karre asb!!
Ag dis net n gepraat ek glo die mense gladnie meer nie …as jy kan jok kan jy steel en as jy kan steel kan jy moor het my ouma gese…. so ja ….wat n swak voorbeeld is die man nie vir SA en n verdoemende verleentheid …