Zuma-vroue se voordele hersien

Pres. Jacob Zuma saam met twee van sy vroue, Thobeka en Bongi Zuma. Foto: Flickr/GovernmentZA

Pres. Jacob Zuma saam met twee van sy vroue, Thobeka en Bongi Zuma. Foto: Flickr/GovernmentZA

Pres. Jacob Zuma het Vrydag aangekondig dat die voordele wat sy vroue geniet, hersien sal word nadat dit aan die lig gekom het dat die Suid-Afrikaans Polisiediens (SAPD) nagenoeg R9 miljoen bestee het aan motors vir die president se vroue.

Die presidensie het in ʼn verklaring gesê hy sal met die SAPD vergader. “Die gesprekke met die SAPD sal deel uitmaak van die voortgesette hersiening van die voordelebeleid binne die regering in die lig van die swak ekonomiese klimaat en die verstandige besteding van openbare geld soos aangekondig deur pres. Zuma in sy staatsrede en waarop die minister van finansies in sy begrotingsrede uitgebrei het.”

Volgens die verklaring sal die vervoervoordele van voormalige presidente en adjunkpresidente se vroue ook hersien word.

Min. Nathi Nhleko, minister van polisie, het Dinsdag onthul dat die SAPD oor drie boekjare R8,6 miljoen bestee het aan luukse motors vir Zuma se vroue. Volgens Nhleko is vier Range Rover-voertuie, twee Land Rover Discovery-voertuie, twee Audi Q7’s en drie Audi Q6’e aangekoop.

Die voertuie is aangekoop nadat Pravin Gordhan, minister van finansies, besparingsmaatreëls aangekondig het in sy begrotingsrede, waaronder “nuwe riglyne om die waarde van voertuigaankope vir politieke ampsdraers te beperk”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Koos Karoo ·

Dit is hoog tyd dat veelwywery nie gekondoneer, aangemoedig, en op belastingbetalerskoste onderhou word nie. My verwagting is egter dat die lojale kaders sal besluit dat sy edele “geregtig” is op ‘n sekretaresse, ‘n voertuig of twee plus bestuurder, ‘n kok, ‘n huishoudster, en twee lyfwagte vir elke wyf, wat “Numbah One” dan met en groot dank en teensinnigheid sal aanvaar.

Adrian ·

Hoe nou??? Die 5 swaargewigte het groot poste en groooooot andele in maatskappye verniet gekry en hul is almal miljoeners maar nou word belasting betalers se geld misbruik om die spul wiele te koop teen miljoene. Nee wragtie zuma hou op geld mors dis nie joune nie

Lucas ·

Hy’s weer uitgevang met vermorsing van Staadsgeld en nou moet dinge kamstig hersien word!! Hel wat ‘n grap!!! Betaal terug die geld vir die karre asb!!

Lance ·

Ag dis net n gepraat ek glo die mense gladnie meer nie …as jy kan jok kan jy steel en as jy kan steel kan jy moor het my ouma gese…. so ja ….wat n swak voorbeeld is die man nie vir SA en n verdoemende verleentheid …

My bydrae ·

Wat ‘n klug is al die om die pot gepratery nie…..baie woorde en groot woorde maak jou nie noodwendig slim nie. Mense is nie dom nie en kan sien wat aangaan in hierdie land

Chrisjan ·

Veelwywery is sy kultuur. Hy moet vir sy vrouens sorg, dis sy kultuur. Hoekom hom nou afkraak omdat hy getrou aan sy kultuur leef?
Hy het die reg net soos enige van ons om getrou aan sy kultuur te leef, soos die grondwet elke burger wasrborg.
Dit is hoekom aparte vryheid noodsaaklik is. Dan kan elkeen sy kultuur beoefen apart, sonder dat ander benadeel word.

Boerin ·

Chrisjan tien uit tien vir jou!!! Ek stem saam. Dat sy mense wat vir hom stem hom en sy familie onderhou! Dan kan ons ons belasting reg spandeer! Dalk moet net belastingbetalers stemgeregtig wees.

Joann ·

Chrisjan tender jy vir ministers pos? Sies dat mense wat hard werk se geld vir so iets gebruik word. Lyk my Zuma dink ons almal het SubA deur die venster af gekyk en SubB op apro deurgekom.

Chrisjan ·

Glad nie, maar solank as wat ons een nasie met verskillende kulture is, gaan die minderheid altyd noodwendig benadeel voel.

CHRISTA ·

Chrisjan, ZUMA het so gejeuk en met so baie vrouens getrou, nie ONS LANDSBURGERS nie!!! HY moet hulle onderhou en in hulle “behoeftes” voorsien, nie ONS NIE!!! JY kan maar aanbied om te help as jy wil (hahaha).

Magda ·

Kyk almal se lywe,,,maar eet, ry en spandeer…..die doen hul uitstekend goed….so sal dit ook aangaan!!!

CHRISTA ·

As ons so na hulle lywe kyk, sal LOOP hulle BAIE beter doen as RY!!!

Landsburger ·

Die RSA KAN z en kie in enige hoedanigheid NIE MEER OF LANGER BEKOSTIG.

Duitswes ·

Al gehoor van die sewe maer jare en die sewe vet jare? Maak jul keuse; ons is in vir ‘n ding danksy die uwe.

Tersia ·

Kom ons betaal ons belasting in by Solidariteit. Dan sal ons sien hoe gou kom hierdie land reg en die ander baie gou maer!!!!!

Jordaan ·

Ek sal dit verniet vir jou hersien, wat van R0. Daar is geen regverdiging vir die regering om vir enige van die aanhangsels ‘n sent te betaal nie. So ook tov die vliegtuie, waarom is die man kastig so belangrik dat hy nie met ‘n lugdiens kan reis nie?

christine ·

Se ek ook Tersia maar dan moes dit jare terug al gedoen gewees het sien die mense sit nou met die vet belasting. Gaan nie werk nie, hoe kry die groot matskappye om intekoop in jou plan as hulle afhanglik is van tenders van die verpeslike ANC. Dink die vorige motors se vere het seker ingegee en die huidiges sin gaan binne kort ook vervang moet word. Het ook al gesien hoe n lang busbank na agter buig onder die gewig.

CHRISTA ·

Christine, jy bluf jouself! NET die ANC se familie en vriende kry die groot tenders die ANC!!

Veritas ·

Smaak my mos die groot Induna is onder die pantoffelregering. Elke mevrou Zuma wil natuurlik meer hê as die ander en dit plaas geweldige druk op die huishoof. Hy is beslis ‘n ‘sucker for punihment’. Meeste getroude mans dink gereeld, met heimwee, aan hulle sorgvrye alleenloper dae maar nie ou Zumpies nie. Hy het mos toegang tot ‘n, skynbaar onbeperkte, skatkamer om aan die tannies se eise te kan voldoen.

Johann ·

Maats maats maats. Dis als n kul jou hier en siedaar taktiek. Die groepie van kinstant groeiende aantal is sterk veryeenwoordig aant blyplek in ons omgewing. En GLO my dis nie net die rojale karre wat ons moet van kennis neem nie! Dis die garages aanr huis op erf met als wat blink en oop en toemaak qat ons moet van weet. Nou vra my logika: hoe en in watter realiteit bekostig Zuma die selfvoldane leefstyl wat hy volhou?????? Verwys na die vorige artikel oor sy beheer oor AL die staat sw departemente…maklik. Volgende vraag; hoe.de.M.O.E.. kom hy oor JAAAARE en NOG n paar daarmee weg? Maak my bekommerd…

Emile ·

Een vrou is jou reg, die res jou plesier. Betaal vir jou eie plesier.

johann cb ·

As ek dit nie mis het nie, ontvang elke vrou ook jaarliks ‘n “toelaag” uit die begroting! Dit alleen beloop skynbaar ‘n aardige bedrag – lekker om Mev JZ te wees!

Ruby ·

So dit gaan hersien word net omdat dit aan die lig gekom het?! Dis dieselfde met Nkandla, mense moet eers oor dit kla voordat iets daaraan gedoen word?!

Hy behoort SELF te weet wat reg en verkeerd is.

Die man het net geen einde nie!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.