Zuma waai vandag of môre

jacob-zuma-2

Pres. Jacob Zuma. Foto: GCIS

Paul Mashatile, tesourier-generaal van die ANC, het Woensdag bekendgemaak dat pres. Jacob Zuma teen die einde van die dag moet bedank of deur ʼn mosie van wantroue verwyder sal word.

Mashatile het die aankondiging gemaak nadat die ANC-koukus vroeër vergader het. “Ons kan Suid-Afrika nie langer laat wag nie. Die besluit moet geïmplementeer word en ons moet met die parlementêre prosesse begin.”

Volgens Mashatile wil die ANC die EFF se mosie van wantroue wat reeds op die parlement se dagboek is wysig sodat daar Donderdag ʼn spesiale sitting in die parlement kan plaasvind waarin Zuma uitgestem word.

Mashatile het gesê indien Zuma bedank of hy deur die mosie uitgestem word, kan Cyril Ramaphosa, president van die ANC, reeds Donderdag as die nuwe president van die land ingehuldig word indien die hoofregter beskikbaar is.

Mashatile het verder gesê indien Ramaphosa ingehuldig kan word, kan die staatsrede ook moontlik Vrydagaand plaasvind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Alet ·

Vandag of more of volgende week of volgende jaar???? Hoe lank moet ons as belasting betalers nog betaal aan n president wat weier om te gaan?? Hy dompel ons net verder in skuld maar die man op die straat sien dit nie so nie!

Johann ·

Nou, nee netnou, wag dalk more, eish gestar hy moes mar hy hetti… elke dag NOG n dag wat Zuma die donkies die rigting wys wat die appel kar van die ANC regop hou? Hy Rule Regulate en Ruin al vir NEGE jaar en n dag… of twee… of to invinity and bejond!!!!!! Solank die ANC net behoue bly ten koste van ons land?

lizl ·

Dis goed en alles… gaan dit enige iets verbeter in die land ? En gaan al die korrupte staatsamptenare nou aangekla word, of gaan die die piesang republiek aanhou ?

Antjie ·

Soos ek verstaan: Loop hy vandag vrywillig, kry hy sy pensioen. Word hy uitgeskop môre, verloor hy dit. Hy is ʼn regte neet! DV, tot môre.

TLC ·

Regso so hy gaan tot die laaste minuut vasklou met die hoop sy pension groei nog maar ja as hy volgens reels bedank is die uitweg. Maar more veloor hy dit. Bygesê het hulle hul ooit aan reels gesteur Hy wil dalk gou al sy vroue vir valentyn uit vat vir ete op ons tax geld

christa ·

weet mos die ANC’s het geen begrip van tyd nie. Alles word maar tydsaam gedoen

Dafer ·

Wat ook al – ek kan my voorstel hoe lyk die golden handshake pakket en ek is al jare werkloos a.g.v. sy doen en late!

Hannelie ·

Jipppppiiiieeeeeeeee. Rerig soos in regtig, egtig? Seeing is believing.

Robert Naude ·

Kan ook nie sien dat dinge sal verander nie. Selfde sirkus net ander narre…….

Anti-ANC ·

Almal benader die hele ding met Zuma verkeerd. Hy alleen is nie net die probleem nie. Die hele ANC moet ontsetel word. Slegs dan sal dinge kan verbeter in die land. Want daar’s geen versekering dat dinge sal verbeter onder Ramaphosa nie.

zoom zoom ·

Hoekom moet zuma gaan. Tot en met vanfag toe hey niemand of kon niemand iets teen zuma bewys wat hom skuldig maak. So hoe nou
??????? CR is nie die regte persoon om oor te neem by zuma. Hy wat laaste he he he lag die lekkerste.

Meisie Meisie ·

Duidelik kyk en lees en luister jy nie die nuus nie. Gaan doen weer ondersoek dan kan jy iets belangrik se!!

CR ·

Ag asb tog is jy ook gebreinspoel? Hy is van oor die 700 sake van korrupsie aangekla en hulle het besluit om NIE TE VERVOLG nie, omdat hy die PRESIDENT is en hulle pel is, dit beteken nie hy is nie skuldig aan een van dit nie, hy is NIE VERHOOR NIE. So wanneer hy van sy troontjie af klim kan hy VERHOOR word. EK sien elke dag gobble jy oor dieselfde ding dat hy nie skuldig is nie, EERS as hy van sy TROON af klim kan hulle hom aankla want die OB het besluit om hom nie te vervolg nie. Afriforum sit en wag vir hom . dan sal jy sien aan hoe baie goed hy skuldig is !! WIE is die regte persoon na jou mening Zoom Zoom?

Irma ·

Het in my hele lewe nog nooit iemand gesien wat so dikvellig is en so ‘n selektiewe geheue het dat hy gladnie verstaan hoekom hy moet gaan nie. Dis net absoluut ongelooflik.

anti verrotting ·

Sien is glo…………
So onbeholpe – die hele lot.

Alida ·

Dinge bebeur nou vinnig. Tot sy Gupta maatjies is nou in die moeilikheid. Hoop hulle arresteer die hele lot (as hulle nog in die land is) bygesê.

Flip Pretorius ·

Zoom zoom lyk my jy het baie om te verloor as Zuma loop. As die hele SA wil he hy moet gaan kan 1 Zuma zoom zoom tog nie reg wees nie. Gaan lees sy geskiedenis as President dan verander jy dalk van opinie.

JoeV ·

Kan nie glo ons sit al so lank met die outjie in beheer nie, nie ‘n dag sonder die een of ander onbevoegtheid beleef in al die jare nie.
Hoop dit raak beter!

Piet Pompies ·

Klop klop! Wie is daar! Zuma! Gaan weg asb!
Klop klop! Wie is daar! Gupta! Seker ‘n grappie want hulle is klaar weg!

TLC ·

Piet pompies die gupta ouboet is vroeër vandag inhegtenis geneem hoor . Sorry daar flop jou klop klop

Lientjie ·

Ag what ever………… hy waai al die afgelope 2 weke ek wonder net waarheen?

treason ·

Hoop Ace word gepos en aangekla en Duarte word ook “geraid” – ag sommer die hele ou lot wat tot op die been korrup is. Almal moet aangekla word vir “treason”. So-ook De Klerk en sy meelopers. Hulle was ook treason-mannetjies. Hulle het ook die land uitverkoop soos wat zuma en sy mede korruptes dit weer aan die guptas uit verkoop het.

marous ·

Daar is ‘n engelse gesegde maar as jy dit in Afrikaans stel word jy toegesluit . Narre is baie beter omskrywing .

E ·

Ek verneem hul gaan nou oorgaan na “no confidence” dan sal Mbethe mos acting president word of hoe?

Lizelle ·

Hoekom kan Mmusi Maimane nie President word nie, hy het ten minste geletterdheid, hy kan 9 uit die 11 tale praat, hy het matriek en alles. En hy baklei vir wat reg is. Just saying….

jack daniel ·

ASSEBLIEF Lizelle!
Het jy nie genoeg gehad van korrupsie nie?
Geletterd of nie. As die hand jeuk gaan hy met sy geletterdheid homself bevoordeel. Daai papiere is ook maar verseker gekoop.
Hulle is hand op die blaas met ANC en EFF.
Soos die spreekwoord se – buite blink maar binne stink.
Nee dankie!!!

Stormrider ·

Waar’s Gerrie Nel! Tackle vir JZ sodra hy bedank! Nou’s ons kans! Ek sal ook paar Rand bydra vir daai geveg!
??

Genieve ·

Zuma se hy het niks verkeerd gedoen nie en niemand het hom gevra om te bedank nie.

Niel ·

dit gaan interresant wees om te sien hoe dinge uitdraai. Ek hoop net as die ANC dan moet stem, dat almal wel teen Pres Zuma sal stem omrede hulle steeds die oorgrote meerderheid van stemme het? Veral met die 2 kampe : Zuma-kamp en die Ramaphosa-kamp. Ek hoop wel egter dat Zuma wel sal bedank dat dinge net gou as moontlik afgehandel kan word sodat ons vorentoe kan beweeg. Ek hoop net dat Ramaphosa dan dinge goed sal vasvat. Ek weet die een bekommernis is Ramaphosa se siening rondom grondhervorminge… Die tyd sal leer.

Niklaas ·

Die DA het nooit teen plaasaanvalle gepraat nie.Nooit n woord gese nie.Wat se dit vir jou Lizelle? Stille goedkeuring soos die Anc en eff? Almal onder dieselde sambreel.

Alida ·

Maimane is n goeie keuse. Het minstes geleerdheid en n gentleman. Sy hande is skoon.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.