Zuma waarsku teen derde termyn

Pres. Zuma by die WEF in Kaapstad. Foto: Flickr/GovernmentZA

Pres. Zuma by die WEF in Kaapstad. Foto: Flickr/GovernmentZA

Pres. Jacob Zuma het tydens die Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF) in Kaapstad gesê Afrika moet nie pogings deur presidente van die vasteland om vir ʼn derde termyn te dien, duld nie.

“Die ding dat ons instem om twee termyne te dien en dan besef tien jaar is eintlik te kort, is ʼn probleem,” het Zuma laggend gesê tydens ʼn paneelbespreking waar die politieke krisis in Burundi onder die soeklig gekom het.

Kwesi Amissah-Arthur, Ghana se adjunkpresident, het tydens die paneelbespreking gesê die kwessie van drie termyne moet aanstaande week tydens die Afrika-unie se beraad in Johannesburg bespreek word.

Zuma het gesê groter politieke volwassenheid in post-koloniale Afrika het tot gevolg dat burgers toenemend onverdraagsaam raak met ondemokratiese leiers.

“In ‘n sekere sin sê die mense ‘genoeg van sterk manne. Ons is gereed om self te doen, wat ook al, om dit te beveg’. Dit is ‘n goeie ding.”

Zuma het gesê danksy onderhandelinge is ʼn ooreenkoms bereik dat Burundi sy algemene verkiesing tot Augustus sal uitstel om kalmte in die land te bewerkstellig. Burundi het die afgelope dekade vrede geniet, maar pres. Pierre Nkurunziza se poging om ʼn derde termyn te dien, het dodelike protesoptogte en ʼn mislukte staatsgreep tot gevolg gehad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Henrietta Klaasing ·

En dit geld natuurlik vir hom ook ( oogknip, oogknip) !

Tinus ·

Zumpies, wees dan n waardige leier en tree uit, anders sit ons met jou opgeskeep tot 2017

Nico ·

Gerieflikheidshalwe vergeet hy heeltemaal van oom Bob Mugabe ten noorde van ons… En Zuma moes nie eens EEN termyn gehad het nie.. Welkom in Afrika – met sy dubblestandaarde.

Pietertjie ·

… en my ouma is ‘n eendvoël !
Vir die meeste Afrika-leiers is één termyn al te lank, maar besef hulle dit? Nooit! Die skoen moet eers gemaak-pas word aan al die ander voete in omloop, voordat verdere verontskuldigings opgerakel kan word. Tipies Afrika.

chris ·

Nou is ek seker hy gaan weer staan want hy het niks gese van 4/5/6/7/8/9 ens termyne nie.Eintlik moet alles wat die politici se net omgedraai word dan is jy nader aan die waarheid.

CHRISTA ·

Ek hoop sy klomp vrouens “gebruik hom op” voordat hy vir NOG ‘n termyn kan staan!!!

Joe64 ·

Dit is eintlik vreemd dat hy dit nie aanmoedig nie. Iemand van sy formaat kan baie maklik na sy termyn in die tronk beland, mens sou dink hy in beheer sou wou bly?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.