
Pres. Zuma by die WEF in Kaapstad. Foto: Flickr/GovernmentZA
“Die ding dat ons instem om twee termyne te dien en dan besef tien jaar is eintlik te kort, is ʼn probleem,” het Zuma laggend gesê tydens ʼn paneelbespreking waar die politieke krisis in Burundi onder die soeklig gekom het.
Kwesi Amissah-Arthur, Ghana se adjunkpresident, het tydens die paneelbespreking gesê die kwessie van drie termyne moet aanstaande week tydens die Afrika-unie se beraad in Johannesburg bespreek word.
Zuma het gesê groter politieke volwassenheid in post-koloniale Afrika het tot gevolg dat burgers toenemend onverdraagsaam raak met ondemokratiese leiers.
“In ‘n sekere sin sê die mense ‘genoeg van sterk manne. Ons is gereed om self te doen, wat ook al, om dit te beveg’. Dit is ‘n goeie ding.”
Zuma het gesê danksy onderhandelinge is ʼn ooreenkoms bereik dat Burundi sy algemene verkiesing tot Augustus sal uitstel om kalmte in die land te bewerkstellig. Burundi het die afgelope dekade vrede geniet, maar pres. Pierre Nkurunziza se poging om ʼn derde termyn te dien, het dodelike protesoptogte en ʼn mislukte staatsgreep tot gevolg gehad.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
11 Kommentare
En dit geld natuurlik vir hom ook ( oogknip, oogknip) !
Ooooo, die kabouter is glibberig!!
Se die hofnar! Al geggelinde!
Zumpies, wees dan n waardige leier en tree uit, anders sit ons met jou opgeskeep tot 2017
Gerieflikheidshalwe vergeet hy heeltemaal van oom Bob Mugabe ten noorde van ons… En Zuma moes nie eens EEN termyn gehad het nie.. Welkom in Afrika – met sy dubblestandaarde.