Die hoogste hof van appèl het Vrydag ʼn aansoek deur oudpres. Jacob Zuma van die hand gewys dat hy nie vervolg moet word nie oor korrupsieklagtes wat hom al 15 jaar teister.
Zuma het aangevoer die hooggeregshof in Pietermaritzburg het in November ʼn fout gemaak deur hom nie permanent vry te spreek van vervolging nie, omdat hulle nie ʼn verweer van sy prokureurs aangehoor het nie.
Die hoogste hof van appèl het sy aansoek verwerp en gesê die aansoek het geen redelike kans op sukses nie.
Dit beteken dat Zuma weer in Mei in die hof in Pietermaritzburg moet verskyn op aanklagte wat spruit uit ʼn wapenooreenkoms wat in die laat 1990’s deur die Suid-Afrikaanse regering onderhandel is.
Zuma en die Franse wapenvervaardiger Thales word geïmpliseer in bedrog, swendelary en geldwassery.
Die hooggeregshof het in Februarie ʼn lasbrief vir sy inhegtenisneming uitgereik wat toegepas sal word indien hy weer nie by die hof opdaag nie. Sy prokureurs het aangevoer hy is siek, maar het nie sy toestand bekend gemaak nie.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
13 Kommentare
Elke keer as Zuma moet aanmeld vir’n hofgeding dan ‘bom’ Eskom uit?
Dié week was dit ‘n Fase 4 beurtkrag die vorige keer was dit ‘n Fase 6 …?
Wat gaan gebeur (met Eskom) as Zuma arresteer word in Mei maand?
‘Total black out? ‘
En so gaan dit aan en aan en aan. Hof aansoek na hof aansoek en so kom hy nooit voor die regbank om verantwoording te doen. Mooi SA regbank.
Waarom vervolg die NCG nie vir Zuma vir net één van sy vele misdade nie?
Sommer belasting of iets … sodat hy kan gaan sit? Die ander misdade kan dan stelselmatig aan die beurt kom, in die hof.
Kry hom uit die KZN moeras waar hy saamsweer en aanhits en sit hom in die tronk in die Kaap, dan sal die “pushback” stop … en die ander domino’s sal begin omval!
Die rotte sal dan die sinkende skip verlaat!
Jammer, maar JZ hoort in die tronk!!
Hy behoort in die tronk.