Zuma weer tot president verkies

President Zuma toe hy vroeë vandag as parlementslid ingehuldig is. Foto: GCIS

President Zuma toe hy vroeë vandag as parlementslid ingehuldig is. Foto: GCIS

Die nuwe nasionale vergadering het president Jacob Zuma Woensdag tot ‘n tweede termyn verkies ondanks die DA se pogings om dit in die wiele te ry.

Nadat die ANC vir Zuma genomineer het, het die DA se James Selfe opgestaan en hoofregter Mogoeng Mogoeng versoek om ter verklaar dat Zuma nie ‘n “bekwame en geskikte persoon” is nie.

Naledi Pandor, minister van binnelandse sake, het dit as ‘n “beuselagtige mosie” beskryf aangesien enige lid van die nasionale vergadering as president verkies kan word aldus die grondwet.

Mogoeng het dit beaam en LP’s daaraan herinner dat Zuma vroeër die dag as parlementslid ingehuldig is. Hy het Zuma hierna bevestig dat Zuma weer president is.

Die nasionale vergadering het Baleka Mbete, die ANC se nasionale voorsitter, vroeër as die nuwe speaker verkies. Mbete het 260 stemme gekry teenoor die 88 stemme vir Nosimo Balindlela. Laasgenoemde is deur die DA voorgestel. Mbete was van 2004 tot 2008 ook speaker van die parlement.

Lechesa Tsenoli is onbestrede tot adjunk-speaker verkies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jan ·

Die mees onbekwame president vandat ek my eerste lewenslig aanskou het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.