Zuma weier glo om te bedank

Pres. Jacob Zuma. Foto: Elmond Jiyane

Pres. Jacob Zuma weier glo om te bedank as president en het sy ANC-kollegas uitgedaag om hom te onthef “as hulle by magte is om dit te doen”.

Die ANC se hoës het Sondagaand in Pretoria met Zuma vergader. Volgens mediaberigte het adj.pres. Cyril Ramaphosa vir Zuma gevra om te bedank, maar laasgenoemde weier glo eenvoudig om dit te doen.

Ramaphosa het in Desember die leisels van die ANC oorgeneem ná hy Nkosazana-Dlamini Zuma in ʼn taai wedstryd om dié titel geklop het.

Zuma se termyn kom eers oor sowat 13 maande tot ʼn einde, maar die druk op hom om te bedank neem die afgelope ruk skerp toe.

Zuma sal op 22 Februarie, indien hy nog president van die land is, die soveelste mosie van wantroue in die parlement moet hanteer. Daar is ook ʼn moontlikheid dat dekades lange aanklagte van korrupsie en rampokkery weer teen die einde van die maand teen hom ingestel kan word deur die nasionale vervolgingsgesag (NVG).

Die ANC het nog nie ʼn amptelike aankondiging in dié verband gemaak nie, maar wel ʼn dringende vergadering met sy nasionale werkskomitee (NWK) gereël om die kwessie verder te hanteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

28 Kommentare

jongste oudste gewildste
snoefie

fire hom. die anc het nie geaarsel om mbeki te fire nie en hy is dit nie eers waardig om in mbeki se skaduwee te kom nie.

blabla

Dikvellig!!

Trots

NOG ‘n ou MUGABE> Vang jy nie ‘n skimp nie? Ten minste het Mbeki waardig uit sy amp getree toe JY hom uitgeskop het, maar jy klou soos ou MUGABE tot teen die einde. Jy sal nooit onthou word vir iets goeds wat jy in hierdie land gedoen het nie . almal haat jou behalwe die handjievol ondersteuners wat nog MUNT SLAAN daaruit om jou vriend te wees. Het jy dan geen skaamte nie? Ek noem jou jy en jou en nie President nie, want jy is nie die titel werd nie. Jy het jou eie mense om die bos… Lees meer »

Piet

Maak met hom soos Zim met mugabe gemaak het na al die bedrog en skandes wat hy gemaak het moes hy al lankal gefire gewees het wil seker nog die jaar wat oor is hom verder lekker help met die belasting betallers se geld lyk my sy geldhonger kan net nie geblus raak nie raak so gou as moontlik van die skelm ontslae om die land te red

Hester

Gaan dit nodig wees dat ons moet optree soos Zimbabwe? Wonder maar net..