Zuma weier glo om te bedank

Pres. Jacob Zuma. Foto: Elmond Jiyane

Pres. Jacob Zuma weier glo om te bedank as president en het sy ANC-kollegas uitgedaag om hom te onthef “as hulle by magte is om dit te doen”.

Die ANC se hoës het Sondagaand in Pretoria met Zuma vergader. Volgens mediaberigte het adj.pres. Cyril Ramaphosa vir Zuma gevra om te bedank, maar laasgenoemde weier glo eenvoudig om dit te doen.

Ramaphosa het in Desember die leisels van die ANC oorgeneem ná hy Nkosazana-Dlamini Zuma in ʼn taai wedstryd om dié titel geklop het.

Zuma se termyn kom eers oor sowat 13 maande tot ʼn einde, maar die druk op hom om te bedank neem die afgelope ruk skerp toe.

Zuma sal op 22 Februarie, indien hy nog president van die land is, die soveelste mosie van wantroue in die parlement moet hanteer. Daar is ook ʼn moontlikheid dat dekades lange aanklagte van korrupsie en rampokkery weer teen die einde van die maand teen hom ingestel kan word deur die nasionale vervolgingsgesag (NVG).

Die ANC het nog nie ʼn amptelike aankondiging in dié verband gemaak nie, maar wel ʼn dringende vergadering met sy nasionale werkskomitee (NWK) gereël om die kwessie verder te hanteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

snoefie ·

fire hom. die anc het nie geaarsel om mbeki te fire nie en hy is dit nie eers waardig om in mbeki se skaduwee te kom nie.

Trots ·

NOG ‘n ou MUGABE> Vang jy nie ‘n skimp nie? Ten minste het Mbeki waardig uit sy amp getree toe JY hom uitgeskop het, maar jy klou soos ou MUGABE tot teen die einde. Jy sal nooit onthou word vir iets goeds wat jy in hierdie land gedoen het nie . almal haat jou behalwe die handjievol ondersteuners wat nog MUNT SLAAN daaruit om jou vriend te wees. Het jy dan geen skaamte nie? Ek noem jou jy en jou en nie President nie, want jy is nie die titel werd nie. Jy het jou eie mense om die bos gelei, jy het 700+ bedrogsake teen jou sowel as ‘n verkragtingsaak wat ‘n stille dood gesterf het .. NIKS om op trots te wees nie, dan wil julle van die NP en van PW Botha en Kie praat.

Piet ·

Maak met hom soos Zim met mugabe gemaak het na al die bedrog en skandes wat hy gemaak het moes hy al lankal gefire gewees het wil seker nog die jaar wat oor is hom verder lekker help met die belasting betallers se geld lyk my sy geldhonger kan net nie geblus raak nie raak so gou as moontlik van die skelm ontslae om die land te red

Hester ·

Gaan dit nodig wees dat ons moet optree soos Zimbabwe? Wonder maar net..

Daan ·

Hester ons betaal net belasting ons het geen se of gelyke regte nie so wat sal ons kan doen.

Pierre ·

Teen die tempo gaan hy die Staatsrede lewer en kan ons daarvan verseker wees dat hy weereens daarvan ‘n spektaakel gaan maak. Hy gaan ook sekere beloftes maak wat deur niemand uivoerbaar is nie en gaan CR seker met die gebakte pere sit. Hy kan nou vir eens nie maar net terugstaan en gaan nie, kyk maar na Donderdag waarheen die rand gaan tuimel, hy is nie ‘n geloofwaardige leier nie. Dit mag dalk ‘n bedekte seen wees want so tuimel ook die ANC se aansien….. Mooi JZ

neels ·

Nou hoe het ons dit nou net annerdag het hy gese hy sal gaan as sy geliefde party hom daar toe versoek. Oggend en aand praatjies stem nie ooreen nie en dit is so tipies Afrika diktator styl as jy die lekker lewe geniet wil jy nie weer huis toe gaan vir n gewone lewe nie. Laat ons nou maar sien van wat se stoffasie is die nuwe elite gemaak het hulle die oemf om vir hom te se pak jou tassie. My persoonlike mening nee.

Deloris ·

Snoefie, …. jy haal die woorde so uit my mond… woord vir woord…

SjN ·

hy klou aan daai pos soos iets aan n wolkombers, hy weet waar is sy brood gebotter.

Ada ·

Hulle gaan hom nie uitkry nie want dan val hulle ook.
Hy is die gom wat die korruptes bymekaar laat bly.

kat ·

Hy wag vir ‘n pakket-onderhandeling en vrywaring van vervolging – soos Mugabe.

johan du Toit ·

Zumpies is bang vir al die mense vir wie hy beloftes gemaak het. bv. die russe om die kernkrag deal deur te sit. Die weermag wat al sy belange in burundie moet beskerm en se sewe vrouens wat hom mal gaan maak!

zoom zoom ·

Hoekom moet hy bedank as geen bewyse teen hom gevind is wat hom skuldig maakbaan korrupsie of ander vuil taktiek. Nig geen hof het gesê zuma is skuldig. So as iemand iets het hoekom kom hulle nie uit met die sak pattats ???

Zoom zoom like Zuma ·

Whaaaaaaaaaaaaa zoom zoom, droom rustig voort. Uit 700 klagtes is hy darem seker aan EEN skuldig. Hulle het hom vrygeskeld daarvan vir lank wat nou bevind is ONREGMATIG was, so moenie vir jou so slim hou nie. Patats word met een t in die middel geskryf. Lyk my jy het ook iets te BAAT by jou verhouding met Zuma. Help my dat ek tog nooit nodig het om vir ‘n President op te kom wat van verkragting aangekla is, van staatskaping, sowel as van 700 sake van korrupsie nie. Soort soek soort.

Werner ·

Hy moet meer mag he as wat ons dink hoekom sukkel hulle so om van hom ontslae te raak miskien is dit net om buiteland te paai dalk is die burgeroorlog nie so vergesog

Bertus ·

Ek stem saam dat Zuma moet gaan, maar vanuit sy siening kan hy as President nog ‘n poging aanwend om hom uit die hof te hou. As hy bedank sonder kwytskelding gaan hy hof toe. En die grondwet maak nie voorsiening vir kwytskelding nie. Zumpies aan sit solank as hy kan.

t ·

My Pa het altyd pypolie om die bosluis se bytplek gesmeer. Na so ‘n rukkie kon jy die bosluis aftrek sonder sukkel.
Iemand het nie dalk so ‘n 20 liter kan pypolie beskikbaar nie? ;-)

JdV ·

Man, dit gaan ‘n joligheid afgee die dag as sy doppie geklink word. Ek hou ‘n bottel koud vir daai oomblik. En ‘n hele krat vir die dag wat die man met sy sitvlak in die tronk dit. Dán gaan dit wraggies ‘n makietie wees. “Lang sal hy lewe, lank sal hy lewe …” Gesondheid! Prost!

jaco ·

Verlede jaar in April met die Zuma must fall dag, het dieselfde ANC vir Zuma verdedig en diegene wat teen hom was beskuldig as reaksionêr en rassisties. Nou wil hulle hom ook weg hê.
Moenie te gou opgewonde raak nie. Sy opvolger gaan net met ander nonsens kom. Hy praat nou al van wit boere se grond afvat.
Destyds in 1989 wou almal, selfs mense binne die nasionale party, van PW Botha ontslae raak. En toe hy eers weg is, wat kry ons toe: ‘n man wat SA uitverkoop.

Eddie ·

Zuma is te uitgeslape vie die ANC ook ….. hy dra al sy ketting : hy sleep dit nie meer nie !!

Pop ·

Hy gaan donderdag weer n hoop goed belowe wat op die ou einde n bloedbad gaan veroorsaak. Toe hy laas sy mond oopmaak toe kom hy met die plase wat sonder vergoeding afgevat gaan word. En studente wat verniet gaan studeer. Ek dink hy wil dit vir CR heeltemal onmoontlik maak om hierdie land te regeer. Daar is eenvoudig te veel ander wat elke woord opslurp wat hy se. Ek hou by voorbaat asem op vir skokke op donderdag.

Johan ·

Ons moet onthou vanuit ons (nie-ANC geledere en anti-korrupte standpunt) is dit eenvoudig. Hy moet gevra word om te loop dmv regte kanale (parlement of “ANC-kanale” soos met Mbeki).

Maar vanuit ANC perspektief moet ons die dinamika probeer verstaan. Dit is verskeie keuses en ek skryf nou soos dit by my opkom:
– ANC sal nie summier voldoen aan die eise van die res van die land nie. Sal nie goed wees nie (die ANC sal bepaal wanneer Zuma loop)
– ANC probeer die beeld van eenheid uitdra (wat terloops juis tans daar nie is nie).
– ANC se top manne het baie om weg te steek itv skelmstreke (korrupsie). As die ANC Zuma dwing om te loop, is daar die wesenlike gevaar dat Zuma gaan praat – of nee sing soos ‘n kanarie.
– meerderheid huidige ANC lede (aka Ramaphosa ondersteuners) wil Zuma laat gaan, vir die party se onthalwe en die party se kanse in die 2019 verkiesing

Dit is die tipe vrae waarmee die ANC besluitnemers (TopSes, NUK,NWK) huidig mee WORSTEL. En worstel kan die ANC – hulle het dit immers nou al oor en oor bewys die afgelope hoeveel jare. Hulle worstel net oor kwessies en doen niks nie.

Nee wat , ek glo JZ gaan SONA open en dit gaan weer chaos wees. So bewys ons dan dat Trump seker reg was.

Dafer ·

Ek lag lekker as ek dink hoe julle almal sou gesukkel het om my uit die stoel gelig te kry as ek die president was!
Julle grootbekke sou natuurlik met die eerste frons in julle rigting julle goed gevat en getrek het! :D

Lag vir DAFER ·

Gelukkig was jy nie die President nie. Lyk my meer as een hier ly aan hallusinasies. Wat moet die grootbekke doen?

Alida ·

Julle vergeet in Zim het die weermag ingegryp. Brian Molefe sal dit nie toelaat nie. Hy en Jacob sit hand om die blaas.

Piet ·

Jaco PW het n “stroke” gehad en terwyl hy in die hospitaal was is hy deur ‘n paar NP samesweerders verwyder, terwyl hulle onder illuminatiagtige invloede was. Geen mens in die KP, HNP, PFP of ANC het enige invloed gehad op daardie situasie nie. Die tafel vir verandering was op daardie stadium reeds deur PW en sy NP party gedek. Die blakes wat die land weggegee het het Ja gestem vir al hierdie gebeure. Hulle en hulle NP makkers moet krediet daarvoor dat die blanke ras n vlugteling geword het in sy eie land.

Hanna ·

Neem Zuma net eenvoudig in hegtenis op grond van al die sake hangende feen hom . Hy is n vlugresiko. Punt

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.