Zuma weier om te bedank

Pres. Jacob Zuma (Foto: GCIS)

Die ANC se integriteitskommissie het pres. Jacob Zuma versoek om uit te tree, maar hy het geweier en gesê slegs hy kan die Weste “verhoed om die ANC oor te neem”, het die City Press Sondag berig.

Dié inligting is vervat in ʼn verslag wat deur die kommissie opgestel en aan sekretaris-generaal Gwede Mantashe gestuur is ná vergaderings tussen Zuma en die kommissie tussen Desember en April, berig die koerant.

Die ses bladsy lange verslag is deur Andrew Mlangeni, voorsitter van die kommissie, onderteken.

Die verslag is gedateer 21 Mei, ʼn week voor die laaste sitting van die ANC se nasionale uitvoerende komitee plaasgevind het, waar Zuma nóg ʼn poging oorleef het ná ʼn voorstel vir ʼn mosie van wantroue teen hom. Dit was die tweede soortgelyke poging binne sewe maande.

Zuma het ná die integriteitskommissie hom versoek het om te bedank met sy lede vergader en, volgens die verslag, het hy geweier om te bedank, aldus die City Press.

“Die president het dit onomwonde gestel dat hy nie sal bedank nie. Hy glo om dít te doen, sal wees om ons mense en ons revolusie te verraai,” lui die verslag.

“Die president se weiering om te bedank is gebaseer op sy oortuiging dat daar ʼn sameswering deur Westelike regerings is om hom as president van die ANC en die land te ontset. Hul doel is om hom te vervang om die ANC oor te neem.”

Die integriteitskommissie het hierdie verduideliking verwerp en gesê dit neem nie die erns van die krisis in die regerende party in ag nie, het City Press berig.

“Die integriteitskommissie stem nie saam met die president se verduideliking nie. Dit aanvaar nie die idee dat teenstand tot die president slegs toegeskryf kan word aan ʼn Westelike sameswering nie. Die verduideliking ignoreer die werklike probleme in die ANC, wat duidelik gemaak word deur die vinnige afname in ondersteuning vir die ANC,” lui die verslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

66 Kommentare

Louis Diedericks ·

Dis tyd vir jou om te gaan, of wil jy nou he jou eie mense moet jou verwyder?

Rina Kotze ·

Dalk die enigste manier? En deur sy eie mense wat keelvol vir hom is!!!
En hoekom is hy bang die Weste wil oorneem?
Die Guptas het mos klaar besluit wie doen wat???

Anoniem ·

Nou die dag het Zuma gesê hy sal gaan as die ANC hom vra om te gaan… seker nie gedink daai dag gaan ooit kom nie, en dis dus ‘n veilige belofte om te maak. Hy klou so vas aan sy posisie, sy kneukels is skoon wit.

Vryheid ·

Wow die anc het n integriteitskommisie, ek sou eerder glo zuma het maan toe verhuis en die awb is aan bewind.

Anton Smith ·

Die huidige president van SA speel net vir tyd!!Hy weet dat sy roem en besittings in die slag sal bly die dag waner hy die leisels neerle!!Dit is hartseer om te sien dat n man van veronderstelde integriteit nie op sy eie sy tasse wil pak!!Op alle terreine ekonomies,finansiele en sportterrei n sal SA beter daaraan toe wees as daar nuwe bloed aan die stuur van sake sal wees tot die voordeel van Swart EN Wit!!

Koos ·

Hy is dan mos rasisties, die Westerse wêreld is nie die probleem nie! Sy IK onbevoegde, stelende handjies is die probleem. Sit in sy “glorified” hut terwyl sy mense geen water en krag het of huise nie. So skelm.

Nita ·

Ons verstaan nie. Indien Zuma uit sy eie bedank, verbeur hy moontlik baie van sy aftrede voordele. Die onderhoud en behuising vir al die wederhelftes en hulle kinders. Al daardie gratis eersteklasvlugte na luukse vakansie-oorde. Ek sal ook klou aan my pos vir al wat ek werd is!!

hendrik ·

Ek dink nie hy sal sommer loop sonder n bietjie baklei nie.

Hennie Theart ·

Dit is die “showerkop” wat hom so laat dink. Hitler was in sy laaste dae dieselfde. Miskien het hy ‘n siekte onderlede wat sy denk vermoe aantas??

Mielie ·

Hy is soos n kat met 9 lewens. Die enigste skuif wat hy gaan maak is Dubai toe. Wat my verbaas is dat die Zuptas glad nie sake oopmaak teenoor mense wat hulle blootstel nie, alhoewel hulle sê dis fopnuus gaan hulle dood eenvoudig voort met hulle korrupte daaglikse sake.
Die man gaan sy termyn uitdien en ons gaan nog in groter gemors wees.

emma ·

Hy is besig om te hallusineer!!! Ek glo al meer hy het ń geestes afwyking!!!

Boetman ·

Die probleem is die man dink hy is SA se redder. O Heer behoed ons asb. Amen.

Boetman ·

Die man verstaan nie dat die weste SA nie nodig het nie, waarom sal hulle tyd en geld mors op die ANC. ANC, EFF en BLF styl is kommunisties. Die staat moet als besit.

Johanna Botha ·

Nou kry die weste die skuld ….genade is dit dan altyd iemand anders se skuld. Wys mens ook hoe rasisties die man is ….DIE WESTE ? ? Kyk om jou of ry deur die strate vergelyk ou fotos van 10 jaar terug ….jy en jou gupta en BP vriende het SA in die grond in vertrap en verniel en mense teen mekaar opgesteek en kwaad gestook en almal weet dit ….ASB JUST GO !

Realis ·

Nou betree ons die era van DIKTATORSKAP. Dis die enigste volgende logiese stap. Tree hy uit, staan hy kans om tronk toe te gaan. Hy sal vasklou al beteken dit baklei tot die einde. Afrika diktatorskap uitgeknip. En dis die rede dat Afrika as continent agteruit boer…..

Leendert ·

Diktatorskap? As ek so ‘n spaarvarkie soos SA gehad het, waaruit ek, my pêlle en nog een, wat my gekaap het, van kan lewe, waarom sal ek dan van my varkie afstand doen?

Pierre ·

Nou by wie het hulle gekerm in die apartheids jare? Was dit nie die Weste met hulle sanksies nie ? Leer die Weste dan nie dat omtrent al die afrika leiers hulle belieg nie, of het die weste n versteekde agenda?

lourens kriel ·

Mathews phosa is ook op lys as president,ek glo hy sal as president verkies word en met baie groot meerderheid, hy is n uiters bekwame man en het die vermoë om sa weer na voorspoed te lei, sy AFR is 100% en ek glo baie afr sprekendes sal vir hom stem. Hy sê dit wat ons nou hoor van Zuma is net die oortjies van seekoei, mense Sal geskok wees as volle waarheid uitkom.

Dissie ·

Ek stem Lourens! Matthews Phosa sal regtig ‘n groot verskil maak. Behoed ons net van ou Makhosazana Dlamini Zuma!

Lena Jonk ·

Stem saam Phosa het ook baie Afrikaanse gedigte geskryf. Hy nie vol wind nie, het verstand, sal nie te kere gaan soos die nar van nou nie.

Johann Marx ·

Huh? Daar is ‘n gesamentlike doel deur Westelike regerings om die ANC oor te neem? So dus gee jy dit liewer weg aan Indië en China? Die Guptas steel die land leeg…en die stroom geld wat verbruikers in elke China Mall so mildadig spandeer gaan reguit China toe…..sonder dat hulle inkomste belasting of BTW betaal….en jy dink die Westelike regerings wil hierdie plek hê? Nee wat, ou grote, jy is verdwaal my ou….

foxi ·

Ag asb tog……vat net die helse pensioen, tasse en harem en waai………dis n verleentheid en n skande om nog gesig te wys.

zopm zoom ·

zuma het reeds SA belowe aan rusland imdia en china. Dit is hoekom hy vasklou want hy moet skep.

Scalla ·

Hy klou soos wat aan n wolkombers, geleer by comrade mugabe

Dissie ·

Mnr Zuma…jy het lankal jou mense en revolusie verraai…die oomblik toe jy met die Guptas begin konkel het!! Hoekom is jy bang vir die Weste? Dalk omdat jy reeds die land verkoop het aan die Ooste!!

John ·

?..en nou na ‘n skouerskuur met wereldleiers met beursies wat bol in die agtersakke… is die oom vol hoop vir nog ‘n paar jaar se befondsing, volgens die Parys-ooreemkoms wat die sg klimaatsverandering as gerieflike oorsaak van massa-migrasie aandui… Onthou die atoomkragstasies wat ons hier in ‘n ander dimensie gaan plaas, is ons deeltjie om hierdie sakie gou te help oplos… soos GZ Edms Beperk mos verduidelik. Verstaan tog!

Pieterlewismuts ·

Met sy twee teenstrydige uitsprake binne weke na mekaar het hy mos nou bewys dat hy begin lieg as hy se mond oopmaak.

Of verstaan ek iets hier nie reg nie?

Pieterlewismuts ·

Vergeet om te sê:
Hy gaan sowaar probeer om n Mugabe op ons te doen.

To the dogs man, nothing else wil satisfy him

Ronell ·

Die man leef in sy eie droomwêreld en gaan niemand toelaat om hom daaruit wakker te maak nie. In sy drome loop hy hoog bo die wolke en kan dus nie bekostig om wakker te word nie want dan gaan hy homself te pletter val wanneer hy die grond tref.

w ·

Wie sal na sy sak en sy maatjies kyk as hy bedAnk. Hy soek seke nog miljarde in sy oorsese bankrek

Stella ·

Wat van die Rmiljoene byvoordelebelasting op die Nkandla stroois? Gaan ons weer daarvan hoor?

Johanna Botha ·

Regtig skaam vir die man wat ons kamtige leier is ….gladnie trots Suidafrikaans !

Swartkat ·

Nog ‘n Mugabe wat glo die land skuld hom en hy is die profeet wat Suid Afrika en Afrika kan red teen ondergang. Sies tog hy is regtig ‘ n grapjas

Ai! ·

Slegs hy kan verhoed dat die Weste SA oorneem en slegs hy kan verseker dat die Guptas dit doen! Ja swaer…

Daan ·

Mooi geleer by Robbie(s).Gee die Weste al die skuld.Maar die Weste (lees IMF) is goed genoeg om geld te leen om bankrot Suid Afrika te red na hy en die Guptas dit leeggemelk het.

Jan ·

Kom ons sing almal saam: “Sal ons ou vriende ooit vergeet …… di-ie goeie oue tyyyyyd, sal ons ou vriende ooit vergeet ….. ”

En dan Tjaaaank ons snot en trane.

johnny_walker ·

n man wat nie weet wanneer dit tyd is om te gaan nie word een of ander tyd deur minder diplomaties wyse verwyder

Cherokee ·

He is serving his purpose. Breaking the anc into pieces. Do no stop him – allow him to continue.

johnny_walker ·

have you learned nothing from zimbabwe and robbit ? the anc will never lose power , we will lose everything and they will still rule , this is africa mate , here governments are changed by coup not by talk

Gavin ·

Zuma, ons het goeie nuus vir jou, niemand, soos in niemand, wil hierdie bankrot, werklose, moordadige, stakende, land graag oorneem.

griet ·

goeie idee. die anc het hom mos oor haar bevoordeel om president te word.

Stiena ·

Klink my die bose het hom omsingel. Hoop sy ancesters kan hom red – die arme skepsel.

Deon ·

Hoekom hom vra om te bedank, fire hom ……jul die “ANC” moes dit lankal doen. “Integriteitskommissie” vir alles word daar een of ander kommissie aangestel ….en beteken dit enigsins iets ? As enige landsbewoner wat n beroep beoefen aanjaag wat die klompe aanjaag, was hul nie net ge-fire nie maar summier opgesluit. Wat dink hulle maak hulle so spesiaal….. Ek het vergeet hulle is n uitsondering op die reel en nie geregtelik aanspreeklik aan enigeiemand vir hul dade nie. (After all – We are the ones in power)

Johan ·

So waarvoor wag julle FIRE die ou lord, hy moes nooit in die pos gewees het nie

martin ·

Die Weste wil jou nie uit hê nie Zuma, die mense van JOU EIE LAND wil jou uit hê. Wat ek nie kan verstaan nie, is dat mens so ‘n groot klagstaat teen jou kan hê (met bewyse) en daar is geen instansie of wet wat jou kan afdank van jou pos nie.!!! Hoe is dit moontlik?? As dit jan-en-alle-man was, was hulle lankal in die tronk, nie eers net afgedank nie. ‘n Volk kan baie dinge blameer in die lewe, maar as mens na meer as 20jaar alles laat agteruitgaan is dit jou eie skuld, niemand anders s’n nie. Vat verantwoordelikheid pappie, Man Up!!!

Wille Willem ·

Ek kan baie sê… maar soos hulle sê – ’n stil bek bly ‘n heel bek!

Andries ·

Dis reg Zuma bly aan as President so lank as wat jy kan, dit vat net een man om ‘n party te kelder, kyk maar vir FW De Klerk hoe gou kon hy dit regkry om van die NP net ‘n amperse gedagte te maak. Ongelukkig gaan daar bietjie skade met die staat fonse wees voor dit gebeur.

Stefanie ·

Baie dankie FW De Klerk n goeie toekoms vir jou nageslag

SARIE VAN HEERDEN ·

Dark Forces regeer ons land en ons is totaal uitgelewer aan hulle. Gaan aanbid jou dooie voorvaders, en glo in al hul snaakse gelofies as jy deel daarvan wil wes.

vrikie ·

Die enigste manier om van hom ontslae te raak is om ‘n kontrak op sy kop te sit

Koos ·

Natuurlik kan hy nie waag om voortydig te bedank nie. Hy moet eers vir Nkosazana Dlamini-Zuma in die presidentstoel kry sodat sy hom vrywaring kan gee van die 783 klagtes van bedrog wat hom direk tronk toe sal neem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.