Zuma wil boek oor sy lewe skryf

Pres. Jacob Zuma groet afgevaardigdes by die gala-ete die aand voordat die ANC se 54ste verkiesingskonferensie sal begin (15 Desember 2017). Foto: Twitter via @MYANC

Uitgaande pres. Jacob Zuma het Vrydag die sewe kandidate wat meeding om die ANC se topposisie geloof en gesê die feit dat daar so baie kandidate is wat meeding om die leisels as president oor te neem, is aanduidend daarvan dat demokrasie in die party floreer.

Zuma het sy toespraak gelewer by die Progressive Business Forum-gala-ete die aand voordat die ANC se 54ste nasionale konferensie vandag by Nasraec in Johannesburg afskop. Zuma het in sy toespraak gesê die ANC is ʼn organisasie wat demokraties gesproke meer oop en volwasse is.

“Ons het sewe presidensiële kandidate. Net die ANC kan hierdie unieke situasie hê wat duidelik demonstreer dat ons meer as genoeg talent het. Ons demonstreer vir julle demokrasie in werking. Wanneer ons hier opstaan, sal ons meer verenig wees as ooit,” het Zuma gesê.

Die ANC sal na verwagting vandag vir sy nuwe leierskap stem en die uitslae sal na verwagting Sondag aangekondig word.

Cyril Ramaphosa, die ANC se huidige adjunkpresident; Baleka Mbete, die nasionale voorsitter; Zweli Mkhize, die tesourier-generaal; asook Nkosazana Dlamini-Zuma, Lindiwe Sisulu, Jeff Radebe en Matthews Phosa – almal lede van die nasionale uitvoerende komitee (NUK) – ding mee om die posisie as die party se president.

Adj.pres. Cyril Ramaphosa by die gala-ete die aand voordat die ANC se 54ste verkiesingskonferensie sal begin (15 Desember 2017). Foto: Twitter via @MYANC

Zuma het ʼn beroep op Suid-Afrika gedoen om die party nog ʼn kans te gee om te regeer, asook ʼn beroep om eenheid by die konferensie.

Hy het weereens beklemtoon dat hy in die eerste plek nooit president wou wees nie en gesê hy het tevergeefs probeer wegskram van die verantwoordelikheid af. Zuma het ook gesê hy gaan ʼn boek oor sy lewe skryf.

“Oor ʼn jaar en ʼn half gaan ek ʼn boek skryf. Julle moet daardie boek lees. Ek moes die taak aanvaar wat deur my organisasie aan my gegee is. Dit was ʼn ervaring en ʼn half. Dit was ʼn waardevolle ervaring. Ek bedank julle almal vir julle ondersteuning gedurende my termyn as ANC-president. Dankie vir julle ondersteuning,” het Zuma gesê.

Zuma het ook die regering en die private sektor aangemoedig om saam te werk en in strategiese sektore van die ekonomie te belê om betekenisvolle deelname aan die ekonomie deur die meerderheid van die land se mense se verseker.

Pres. Jacob Zuma groet afgevaardigdes by die gala-ete die aand voordat die ANC se 54ste verkiesingskonferensie sal begin (15 Desember 2017). Foto: Twitter via @MYANC

“Ons wil in ʼn vennootskap wees met beleggers wat ons strategiese nasionale belang en die noodsaaklikheid van ʼn beter lewe vir almal verstaan. Ons kort die tipe ekonomiese groei wat nie net die waarde van huidige beleggings verhoog nie, maar ook ons tasbare bates vermeerder,” het Zuma gesê.

“Ons moet almal saamwerk en stewige en betekenisvolle vennootskappe vorm. Ons moet werk om ʼn konsensus oor ʼn aantal dinge te bereik wat ons glo ons saam moet doen. As ons konsensus kan bereik oor beleggingsbesluite en gerigte pogings, kan ons baie vordering maak. Ons doen ʼn beroep op progressiewe sakelui om meer in die ekonomie van ons land te belê om werk te skep en armoede te verminder.”

Zuma sal vandag sy laaste toespraak as die president van die ANC lewer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

65 Kommentare

Adriaan ·

Hy gaan baie tyd in die tronk kry om sy boek te skryf. Moet met nie die bladdye en hoofstukke nommer nie.

Wilma Hanekom ·

Kry hy Mandela se sel? Dan is dit n dubbele besienswaardigheid.

Anoniem ·

Ag wat ‘n jammerte dat ek nie emojis in die kommentaar afdeling kan bylas nie! Wat kan hy moontlik in ‘n boek sit wat enige een gaan interesser?

Grassie ·

Hy kan maar skryf, maar hy gaan twee probleme hê – eerstens gaan niemand glo wat hy skryf nie en tweedens moet hy baie ver wegbly van die waarheid af anders gaan daardie boek hom baie lank in die tjoekie laat sit.

Langtoon ·

Hyt n kans gehad om sy toespraakdoelstellings te kon laat realiseer!
Die res is geskiedenis!
SA lê op die ashoop!
Mag hierdie dag van 16 Desember 2017 ‘n aangetekende dag word van verandering, ná die korrupte, tien swartjare van regering!!
Verandering moet natuurlik ook begin in mense se harte en dan deursuurdeeg!
Kom ons kry n gesamentlike doelstelling vir die volgende vyf jaar en maak dit sigbaar op alle plekke!
Othou jul nog:” Rits dit in ‘n zibiblik”?

John ·

Die titel sal na bewering lees: Die volle waarheid ~ my lang eensame en erge lyding onder ou Jan en die 7 botteltjies gif.

Stefaans ·

Gaan die boek ‘n riller, of “science fiction”, of albei wees?

Louis ·

Gaan nie n baie lang boek wees nie…. en verseker op die komedie kant van die rakke pronk.

alwyn burger ·

Die blitsverkoper “Een lewe–Voor-en-agter die Tralies” deur Jacob Zuma

Johanna Botha ·

Sy goeie storie . …hoe radikaal mens n land se ekonomie kan transformeer in minder as 5 jaar tot junk status ! Wegkom met alles en nog goed kan slaap …..dit gaan n groot treffer wees onder die res van die anc !

HPV ·

Demokrasie soos dit slegs in Afrika gedoen en geglo word! Wat van die 400000 + wat in die sogenaamde demokrasie vermoor is, en ons hou aan tel 50 per dag!

Andre ·

Pragtig. Maak net seker dat jy elke bladsy laat beedig zoempie.

LV ·

Hy gaan dit seker nie self skryf nie,want met sy skoolkwalifikasie sal hy nooit klaarkry nie.

Raponsie ·

Die boek gaan 3 billion 900 000, 500 000, 200 000.00 an listen properly… blaaie he…. HAHAH!!!

snoefie ·

die aankobdiging net so voor die verkiesing van n nuwe anc leier spreek boekdeke. dit voorspel na my beskeue mening sy vrou se oorwinning. as hy die boek “on the take” gaan noem hoef hy geen woord oir staatsjapibg, omkoop, kick backs, geldwassery en boewery te noem nie. dít is n dreigement teenoor sy kollegas se uitgesprokenheid. glo my, daar is anc lede wat bewe. mag God met obs wees.

dinarie ·

Mnr Z beweer dat hy nooit die pos wou aanvaar nie. Nou waarom het hy dan n tweede termyn gestaan?
Toe hy eers in die pos was, het hy agtergekom dat hy eintlik op n goudmyn sit en dat hy hom nie hoef dood te werk daarvoor nie..Van die land regeer het hy skandelik vergeet.

Piet Pille ·

Ek geniet al die kommentaar, almal raakgevat en waar. Ons sal lank moet wag vir daardie boek en daar jok hy alweer om te se “hy gaan ‘n boek skryf” hoe gaan hy dit reg kry, kan hy skryf?

Andre Traut ·

Gelukkig is dit elkeen se keuse wat hy wil en kan lees

Rooi ·

Wie raak nog so liggies naar? Ek bid dat die Here die korrupsie, skynheiligheid en leuen-vir-die-waarheid binnekort ontbloot. Want as mens kan ek nie meer na hierdie luister of daarvan lees nie.

Frikkie Geld en huis ·

Dit sal beter vir SA se beeld wees as iemand anders ‘n boek skryf oor sy afsterwe.

Eish ·

Ek moet nou eerlikwaar erken dat ek geen behoefte het om deel te wees van die eensydige Afrikaan praatpartydjie nie.
Ons gaan al ons kragte en vernuf nodig hê met die nuwe bloed se uitvoering van radikale ekonomiese transformasie.
Wat dit vir die Afrikaansprekende Kaukasiërs inhou voorspel niks, hoegenaamd niks goed nie. Verarming tussen ons gaan hand oor hand toeneem. Ons gaan ook al hoe meer welgesteldes tussen ons bemerk wat nie meer kon water trap nie.
Zuma se boek? Hy moet maar bly by Zulu, daar is veel minder begrippe om sy Guptafikasie te omskryf.

Marius ·

Soek sy boek by die fiksie afdeling saam met ‘Mugabe and other heroes’ ek dink ons moet hom help om ‘n gepaste naam vir die boek te kry. My voorstel is ‘Zuma in Nkandlaland’ – The showerhead diaries.

Anoniem ·

Waaroor gaan hy skryf. As dit oor al sy skelm streke is gaan daar nie genoeg papier in die land wees en as dit gaan wees oor sy goeie dade het hy een blokkie toilet papier nodig

Casper Labuschagne ·

Ek is juis nou driekwart deur die eintlike boek wat saakmaak oor Zuma, Jaques Pauw se The President’s Keepers. Gevolglik kan ek vir almal verseker dat Zuma se eie boek uitsluitlik net leuns sal bevat.

Cor ·

Die Jacob Zuma memoirs bladsy een arg he he he. Blafsy 2 die slot he he he arg arg

SjN ·

Komedie, wat al sy vroue die staat kos met n ouderdom beperking, wie se beurt is dit vandag. Iemand anders sal namens hom moet skryf want tel en spel is moeilik vir hom.

FM ·

Hierdie boek sal NOOIT die lig sien nie. As zuma dink hy gaan geld maak uit die sogenaamde boek het ons nuus vir hom.

LB ·

Met graad 4 agter sy naam..’n boek skryf? En in al die jare wat ons met hom aan bewind was kon hy nog nooit by die waarheid bly nie. Niemand gaan daardie boek ernstig opneem nie.

Lappies ·

Wat en hoe gaan hy skryf as hy nie eens kan tel nie , wonder ek ? Hy lieg so , iemand anders sal vir hom moet skryf !

Eddie ·

Ek vertrou dat Zumpie in sy boek ook van ‘n paar eerlike momente sal kan skryf !!

Penellope Jones ·

Nee dankie, ek stel geensins belang nie.
Ons het genoeg leuens, onwaarhede, halwe waarhede en onsin uit hierdie persoon se mond moes aanhoor.
Ek gaan definitief nie geld, tyd, emosies mors nie.

Weer Andre ·

Pragtige rooi das wat die ou aanhet. Sal graag daardie das so 90 sekondes wil vashou……terwyl hy dit aan het.

Awuleth' Umshini Wami Erdvark ·

Voorgestelde boektitel: “The long road to radical economic transformation and awuleth’ umshini wami. He-he-he”

Johannes van Staden ·

Die ou was nog SA se grootste verleentheid ooit ! Hoekom SA nou junk status het

HPV ·

Zuma het geen amptelike skoolopleiding nie, hy het dit self bevestig en sy doen en late is ‘n bewys daarvan! Nog ‘n rekord vir die land, ‘n president met geen skoolopleiding en ‘n onderhandelde grondwet wat dit toelaat en ons magteloos laat! Hello FW en Roelf.

Johan ·

It’s Apartheid’s fault…. white people made me do it.

By Jacob Zuma

Afrikana Ystervark ·

Geagte Kommentators,
Dit sit nie in elkeen se broek of rok om ‘n president van hierdie multikulturele land te word nie. Wat het elkeen van ons sedert 1994 gedoen om te verseker dat net superduper presidente verkies word?
Die Zuma-biografie gaan Afrikana word!

PIETER ·

wil nie eens sy gesig sien nie wat nog te se sy boek lees ,die een lieg storie na di ander

Jaco ·

Maar ek het nog nooit van ‘n graad 3 leerling ‘n boek oor sy lewe gelees nie. Gaan hy los of vas skryf?

G ·

Sy laaste toespraak as president! Dit kan die rand net goed doen…Of so hoop ons…

Marius ·

Dankie vir almal se kommentaar want ek lag so lekker daarvoor.

Chris ·

Ek dink die titel van die boek sal wees” AND THERE I IS: ONE AGAINST50 MILJON. AND HOW I STUFFED UP THE 50 MILJON”

Boshond ·

Om vir die publiek te sê hy wou NOOIT die pos gehad het nie, is ‘n infame leuen. Hoeveel leuens gaan nog in daai voorgenome boek verskyn.? Om te verwag ons moet alles vir soetkoek opeet, bewys hy het vir nege jaar op ‘n ander planeet vertoef.

SARIE VAN HEERDEN ·

Toe ek ‘n kind was het hulle in die buitenste toilette (kleinhuisies) ou tydskrifte in 4 geskeur n dan die blaaie op ‘n spyker in die kleinhuisie gesit om te gebruik. Nou kan ons WEER blaaie kry om in die toilette vas te spyker om te gebruik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.