Zuma wil datum vir grondeise skuif

Pres. Jacob Zuma. Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Pres. Jacob Zuma. Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Pres. Jacob Zuma het die kwessie of die afsnydatum vir grondeise nie verander moet word nie, aangeroer.

Zuma het Donderdag by die opening van die Nasionale Huis vir Tradisionele Leiers gesê hy glo eise moet ook ingestel kan word op grond wat voor 1913 vervreem is, wat tans nie die geval is nie.

“Ek glo, as die seun van ʼn swart man, wat swart is en alleen was soos altyd, dat die afsnydatum geskuif moet word. Maar daar moet ʼn verantwoordelike manier gevind word om aandag te gee aan die kwessie binne die grense van die grondwet en die reg,” het Zuma gesê.

Zuma het gevra of die 1800’s nie die geskikste afsnydatum vir grondeise sal wees nie. “Was die besluit om die afsnydatum 1913 te maak korrek? Miskien ja. Maar is die grond in 1913 gevat?” het Zuma gevra.

“Ek glo dat die grond wat ná 1913 gevat is, persentasiegewys baie klein en onbeduidend is in vergelyking met die grond wat spesifiek in die 1800’s gevat is. Dit is wanneer die grootste gedeelte van grond gevat is.”

Zuma het gesê die huidige eiseproses is nie regverdig teenoor swart Suid-Afrikaners nie. “Dit is baie moeilik om te bewys dat grond aan jou voorouers behoort het. Dit is baie maklik vir ʼn grondeienaar om te sê die grond behoort nie aan jou nie.”

Zuma het gesê grondonteiening is een van die kwessies wat bydra tot die probleme van armoede, ongelykheid en werkloosheid wat miljoene Suid-Afrikaners se lot is. “Ons gaan dood as gevolg van armoede. Daar is baie dinge wat met ons gebeur. Praat met julle swart intelligentsia om navorsing te doen en na te dink en met nuwe planne vorendag te kom hoe ons hierdie vraag kan hanteer sodat ons armoede kan hokslaan. Dis nie nodig om skaam daaroor te wees nie,” het Zuma gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Oosie ·

Armoede word o.a. hokgeslaan deur produktief te wees, m.a.w. nie lui te wees nie. Of om op te hou om op ‘n ‘sloerstaking’ te wees soos wat ‘n mens waarneem as jy staatsinstellings ens. besoek. Werk jou uit armoede uit deur toekomsgerig te wees en hou op om op die verlede as fondasie te gebruik. As Europa nog steeds in sy verlede vasgevang was sou dit steeds soos kort na die oorlog gelyk het. Hulle het egter besluit om toekomsgerig te leef en kyk hoe ‘vinnig’ het hul vooruitgegaan.

Swanna ·

Zumbie probeer alweer die aandag van hom af weg trek na grondeise sodat dit klink hy is die groot man en dat hy “sy” mense wil help sodat elke een op sy eie stukkie grond kan gaan sit en broei. Om grond te besit se nie jy gaan produktief boer en vir die ander kos gee nie. Meeste van hulle wil daar gaan sit en om die huis skuif soos die son beweeg en ‘n paar hoenders op die werf met so ‘n stukkie lap mielietjies geplant en dit is al.

ig ·

Skuif die datum terug na die jaar 1600 dan kry die Koi en San al die grond.

GES ·

Ig jy neem die woorde so uit my gedagtes. Zuma en sy kaders sal elke moontlike opsie gebruik om onbevoegdheid en luiheid weg te steek.

André ·

Ek stem saam. Hulle was en is die enigste ware inheemse mense hier in ons suidpunt van Afrika.

PJ ·

Daren snaaks hoe die mense se koppe werk Zimbawiers het plase gekry hoor nou net biljoene dollars se diamante verdwyn maar steeds krepeer hulle van elende met(grond) plase en al

ANDRE ·

As die kop dom is moet die lyf sukkel , daar is nie pille daarvoor nie ! Zuma en sy gevolg gaan NOOIT ophou met hul verwoestingstog tot dat daar niks meer oor is nie.Dan gaan desperaatheid die massas pak.

GES ·

Gaan lees maar weer die verhaal van die sprinkaan en die mier. Die storie verduidelik alles.

Zumie ·

Hallo ou FWkie
Waar is jou wigte en teenwigte noudat el presedente begin plunder…

lynette ·

En hoekom krepeer ons van armoede en ellende? Omdat ons net eenvoudig aangeteel het en steeds doen sonder om aan die gevolge te dink of te beplan vir die toekoms. As hierdie wetgewing toegepas kan word, gaan ek n eis insit vir die grond waar ek grootgeword het in Drie Riviere, Vereeniging. Al het my ouers dit verkoop, dit mask mos nie saak nie, dis hoe hulle redeneer, in elk geval.

Rupert Ashford ·

Wag bietjie, dan begin ons nou by die datums van die ooreenkomste met Dingane en al die ander kom. Miskien kan hierdie lelik in sy gesig ontplof. Feit is hoe verder jy teruggaan in die geskiedenis, hoe minder raak die gedokumenteerde bewyse so dit raak moeiliker om enigiets van die aard te bewys. En sommige van die grondgebied in van daardie ooreenkomste le nog in ander state ook as ek dit nie mishet nie (Mosambiek?).

vierkleur ·

Hu moet ook net onthou dat grondonteiening ook die oorsaak van n burgeroorlog sal wees ,die dag as my grond net gevat word

John ·

Ons kan nie wag tot plase eers gegryp word en dan by die VVO loop kla nie. Ons braaivleisvuurhumor is nie meer genoeg nie. Binne maande gaan ons dramas beleef. Ons hoop president Zuma en ander praat net, maar hulle glo die hele Afrika behoort net aan die swartes. Punt. Die hele Europa behoort nie net aan die Franse of Italianers nie, vandaar die EU as sambreelliggaam. Afrika het weer die AU, maar hier speel ras die hoofrol. Massas swartes wil in Europa gaan bly. Is hulle bereid om altyd daar as buitestaanders behandel te word? Nee. Die swartes hier in Afrika en elders (kyk maar in die VSA) wil met mag domineer. Ons Afrikaners sal moet besluit hoe ons dit gaan hanteer. Hulle lewensuitkyk verskil drasties van ons s’n.

Mattheus ·

Ek is ‘n grondeienaar. Ek het die grond gekoop en so het almal voor my. Ek het die “kaart en transport” om dit te bewys. Hoe Zuma kan beweer dat Witmense grond gesteel het gaan my verstand te bowe. Ons moet onthou dat hy nie skool gegaan het nie! Die selfde Zuma het geld gesteel uit die staatskas om Nkandla te bou en steel nog steeds. Die Witmense het die meeste van die belasting betaal wat in die staatskas beland en doen dit nog steeds. Zuma het amper ‘n duisend aanklagte van diefstal en bedrog teen hom. Tans is die staat se uitgawes meer as inkomste. Ooglopend is ons op pad na ” Rommel Status” en moet die ” Witmense ophou om belasting te betaal? Zuma se pratonaatskap hoe hom in sy posisie. Die soustrein vir hom en sy kro-nies is te lekker!!!

TM ·

Dit is al hoe hulle iewers kom deur net te vat. Vat werke, vat grond, vat instansies, vat hard verdiende geld en die lys gaan aan. Maar onthou net, jy waardeer nie iets as jy nie vir dit gewerk het nie so hoekom sal hulle iets op pas wat hulle gekry het?Kom ons vat net weer iets om die gemors te probeer regmaak. So ‘n mentaliteit is vernietigend en gaan geen armoede verlig nie en gaan dit inteendeel vererger.

Dup du Plessis ·

Die ironie is dat meeste plase al ‘n paar keer gekoop en gekoop en gekoop is – soms selfs in dieselfde familie, elke keer kry en kry en kry die staat sy deel uit die belasting op die inkomste.
Grond wat aan grondhervorming toegedeel word gaan en kan basies NOOIT weer vir die staat inkomste genereer nie ………maar ons sal seker hierdie probleem hanteer wanneer daar nie meer genoeg geld in die kas is om staatsdienssalarisse en welsynstoelae te betaal nie………die geld wat nodig gaan wees om graan van die VSA te koop (R15,60 vs $1) omdat ons nie meer voldoende produseer nie sal seker van Sjina geleen word…….

Mossie ·

Dit het nou niks met die berig uit te waai nie maar wie onthou nog vir Dimitri Tsafendas

Jaques ·

Een woord…

Bakhand mentaliteit!

Enough said, sal nimmer nooit ophou nie, melk die een koei leeg en satp na die ander koei, oops ek bedoel melk die een koei dood, en dan stap hy verder…

TDW ·

Die laaste ding wat Zuma sê klink vir my meer soos, dink slim, skelm planne uit sodat ons nou al die grond kan vat en klaarkry. (Ons moet bedag wees, die grond wat hulle in hulle oog gaan hê is die bewerkte grond of die security estates of die gevestigde gebiede)

Adel ·

As hulle nie eers die geskiedenis van Suid Afrika behoorlik ken nie, hoe gaan hulle vas stel wat aangegaan het in die 1800’s, niemand van ons of hulle het daai tyd bestaan om te weet wat regtig waar of onwaar is. Deur bloot aan te neem sonder geldige bewyse is verregaande en DOM!!!

Johannes Meintjes ·

My vermoede is dat die grondeise ook maar ‘n politieke foefie is om multi-kulturele SA se massas te paai. Al die eise word glo nie verwerk nie of die feite is net eenvoudig nie bewysbaar nie. Van die grond wat wel her-toegeken word word nie benut nie. Self steun ek die gedagte vir grondeise van voor 1913, – maar ek weet ook dat die argiewe van bv. voor 1903 maar baie beroerd daarna uitsien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.