Zuma wil glo gedeelte van Nkandla terugbetaal

Pres. Jacob Zuma Foto: Elmond Jiyane

Pres. Jacob Zuma Foto: Elmond Jiyane

Pres. Jacob Zuma het aangekondig dat hy bereid is om tog wel ʼn gedeelte van die geld wat aan opknappings aan Nkandla spandeer is, terug te betaal.

Volgens Zuma is ʼn skikkingsvoorstel by die konstitusionele hof ingedien. Die voorstel is dat Pravin Gordhan, minister van finansies, en Kimi Makwetu, ouditeur-generaal, moet vasstel watter gedeelte van die geld Zuma moet terugbetaal.

“Die president stel voor dat die beslissing van die bedrag wat hy moet betaal onafhanklik en onpartydig bepaal moet word om sodoende ʼn einde te bring aan die uitgerekte geskil in ‘n wyse wat voldoen aan die aanbevelings van die openbare beskermer,” het die presidensie in ʼn verklaring laat Dinsdagaand gesê.

“Gegewe die beswaar deur een van die partye oor die betrokkenheid van die SAPD, soos deur die openbare beskermer vereis, moet die ouditeur-generaal en minister van finansies op versoek van die hof die proses uitvoer wat deur die openbare beskermer voorgestel is.”

Thuli Madonsela se verslag in 2014 het bevind dat Zuma en sy gesin onbehoorlik gebaat het by die opgraderings aan sy Nkandla-woning. Madonsela het voorgestel dat Zuma ʼn gedeelte van die geld wat nie vir veiligheidsverwante opgraderings gebruik is nie moet terugbetaal en dat die nasionale tesourie in samewerking met die polisie moet bepaal wat die bedrag is.

Die minister van polisie het egter hierna ook ʼn verslag oor Nkandla saamgestel en bevind dat die opgraderings alles veiligheidsverwant was en dat Zuma geen geld hoef terug te betaal nie, maar dat daar eerder nog opgraderings gedoen moet word.

Zuma se aanbod kom ʼn week voor die konstitusionele hof ʼn saak deur opposisiepartye sou aanhoor. Die DA en EFF het versoek dat Zuma ʼn gedeelte van die koste moet terugbetaal soos deur Madonsela aanbeveel is. Die saak is veronderstel om op 9 Februarie aangehoor te word, twee dae voor Zuma se staatsrede.

Zuma se staatsrede verlede jaar is in chaos gedompel toe EFF-LP’s en veiligheidsmagte slaags geraak het. EFF-LP’s het onophoudelik “pay back the money” gedreunsing voordat hulle uit die parlement verwyder is.

Die presidensie het egter in Dinsdagaand se verklaring volgehou dat Zuma nie aanspreeklik gehou kan word vir die oortredings wat tydens die Nkandla-projek begaan is nie. “Daar is steeds ondersoeke aan die gang oor hoe die ongerymdhede plaasgevind het en na die amptenare en konsultante wat daarby betrokke was,” het die presidensie gesê.

“Die verslag het spesifiek bevind dat die president niks verkeerd gedoen het nie.” Volgens Zuma was hy nog deurentyd bereid om by te dra vir die waardetoename van sy eiendom solank dit op ʼn objektiewe manier bepaal word. Volgens Zuma ondersteun hy die behoefte om die saak finaal af te handel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

59 Kommentare

MCS ·

Lekker slim so voor die verkiesing! Nou wil hy dit kamtig terug betaal! Suddden change of mind om die meerderheid telaat dink hy gee om.

anna ·

nee leeutjie, hy herken soos gewoonlik niks, maar hy erken ook soos gewoonlik niks……

Cornell ·

Guptas sponsor hom seker, en ja dit is nou so net voor die verkiesing.

hans ·

Is dit nie dalk n taktiek om n herhaling van 2015 ontwrigting te verhoed?

Martin ·

‘n Gedeelte se g.. Hy moet alles betaal. Die Chinese en die Guptas gaan dit in elk geval namens hom betaal.

Johann Marx ·

Hy “betaal” niks terug nie………hy GEE terug wat onregmatig bekom (gesteel) is. Waar kry hy geld vandaan om enige iets terug te “betaal”? Dis my en jou geld wat hy wederregtelik aangewend het om sy eiendom uit te brei en te verbeter….

alida ·

Natuurlik is dit net praatjies. Mens kan niks glo wat hy se nie. Hoekom kan Thuli Madnsela nie die bedrag bepaal nie? Ek sal die bedrag wat sy bepaal as geloofwaardig beskou maar nie Zuma se keuse van mense nie want hulle gaan almal omgekoop word om die minimum bedrag te bepaal. Hy weet ook natuurlik dat Malema en Maimane nie gaan los tydens sy toespraak nie en daarom sing hy nou ‘n ander deuntjie.

Berhalet Beukes ·

Al sou hy dit doen kom die geld steeds van die belastingbetalers af…. Wie betaal sy salaris? Wie betaal vir enige besigheidsbelange wat hy dalk sou hê? Kom nou, Nkandla must fall…

Kobus ·

Nou wonder ek hoe betaal jy miljoene terug as jy maar “net” ongeveer R3M /per jaar “verdien” (kry). Verder moet die polisie wat die verslag opgestel het waar bevind is hy moet niks terugbetaal nie, onmiddelik afgedank word vir sameswering om die reg te verydel. Deur die erkenning dat hy bevoordeel is, behoort hy ook sommer te bedank, want hy het eers sy betrokkenheid ontken en nou kom die “waarheid” egter uit want hoe anders sal hy nou skielik die geld wil terugbetaal. Ons land het nie die tipe “leiers” nodig nie.

Liewe Heksie ·

OMW hoe lekker lag ek nou dink anc gespuis ons is n lot simple kinders Waar kom daai geld vandaan uit my en jou sak en as dit ooit gaan gebeur Shame gee die kind net n suigstokkie sodat hy kan stil bly Regtig gezuuuum van die bye jy drup nie heuning nie JY STEEL

Belinda ·

Ag wat n joke!!!!!!!!!! Dit sal nou interesant wees m te sien wie skuld die Tax payer die meeste geld Zuma of Malema

Frederik ·

Ja, dit sal regtig interessant wees om dit te sien. Zuma moet belasting betaal op die volle R256 miljoen wat op sy privaat woning bestee is en dit kan volgens bronne R40 miljoen beloop. Malema word deur die SAID gejag oor uitstaande belasting van sowat R 18 miljoen. Soos sake nou staan, moet die SAID meer aandag aan Nammawan gee, want hy lyk my meer na die grote wat nie mag wegkom nie.

Erma ·

Ja nee dis mos verkiesing. Hy sal die praatjies doen net tot die verkiesing verby is dan skuld hy weer niks.En party glo hom

alida ·

Moet julle nie bekommer nie. Malema sal hom gas gee !!! Ek hoop net Malema kan sy penarie met SARS ook uitsorteer want dan hy nie ‘n klip gooi nie nè.

Jan maak n Plan ·

Ja en gans bollie is fudge. Dis of geld wat uit die ANC se koffers uit kom of geld wat weer van een of ander gedeelte van n “bribe” uitkom maar verseker nie uit sy sak nie. Dit behoort hulle seker so miljoen stemme in te bring of hoe.

StopTheMadness ·

Die sg “Pay back the Money” veldtog is die grootstse fout tot nog toe. Hoe kan ons aanvaar dat hierdie man, nadat hy sowat R250m van my en jou geld gesteel het, net n gedeelte moet terug betaal en dan is alles vergewe? Jy kan nie n bank van R10m beroof en dan R1m terug betaal en dink alles is reg nie, jy gaan trunk toe, jy het gesteel wat nie aan jou behoort nie. As die mentaliteit is dat mens net n gedeelte moet terug betaal van wat jy gesteel het dan is ons in vir n baie rowwe rit. Die enigste remedie is dat die man bedank, niks minder nie.

Eliza-beth ·

Natuurlik weet ons dis ‘n verkiesingsfoefie, dink hy nou regtig ons is almal onder kalkoene uitgebroei? Net die feit dat hy wel wil, BEWYS hy weet hy is skuldig aan wanbesteding! Maar laat ons nie opgewonde raak nie, die bedrag(-gie!) is dalk iets soos R5,99! ; )

Ruby ·

Die geld moes in die eerste plek nie gesteel gewees het nie. Eers nadat almal bek opgesit het, is dit verwys na die OB. Thule se bevinding, soos Julius was “pay back the money”!

Nou is dit verkiesings tyd en het noue bande met die Gupta’s…..1+1=2

Stortkop het sy eie skildery geskilder en dis nie mooi nie.

PIETER ·

BELASTINGBETALERS GEE DIE GELD,DIE GUPTAS TEKEN DIE TJEK MET DIE KOMISIE WAT HULLE KRY MET DIE KOOP VAN DIE MYNE.EN ONS STEM ANC,

BoereBikerBaby ·

Solank hy terug betaal soos wat hy nommers lees…. 28 (eighttwenty) hundred million 9400 (four hundred thousand) 900 thousand uhmmmm… ??? …..

belinda ·

Ag hoe lekker lag ek nou. Aangesien hy nie kan tel nie sal die somme wat terug betaal moet word ook nie klop nie

Kaspaas ·

Dit is n verkiesings foefie, na die plaaslikke verkiesings later die jaar gaan hy net se hy is uit konteks aangehaal en die rassistiese wittes sit agter die en dit sal die einde van dit wees. Niks wat hy doen is vir wat goed is vir die land nie maar eerder wat goed is vir hom en vir die Zuma familie. Nie n sent sal ooit terug betaal word nie.

alida ·

Kom ons bid maar dat die ANC uitgestem word en ‘n beskaafde party die leisels oorneem. Dit sal natuurlik nie gebeur nie maar hopenlik verloor die ANC genoeg stemme om hulle wakker te maak. Dit gaan natuurlik nie ons blankes se posisie in die land verbeter nie. Kom ons hoop maar.

GES ·

Die hoeveelheid geld hier ter sprake is so ‘n groot gemors. Die enigste manier om die saak te beredder is om van die gespuis ontslae te raak en die reset knoppie te druk.

Theresa B ·

En die Sirkus begin…………………………………weer!!

jaco ·

Elke parlementslid van SA kry ‘n salaris van R1miljoen PER JAAR, plus ‘n luukse motor plus vlieg op staatstonkoste plus behuisingsvoordele plus onthaaltoelaes. Met al daardie geld en voordele is alle parlementslede (ANC, DA, EFF, IVP, VF Plus ens) besig om vir hulle mini-Nkandla’s te nou. So wanneer gaan die 400 parlementslede van ALLE politieke partye begin terugbetaal???

Michiel ·

JAco – eintlik is jy 100% korrek. Die hele spul leef alte heerlik van ons geld en ons sukkel om net kop bo water te hou.

Pieter ·

Beteken dit nou dat ons hoog geagte Nkosinathi Phiwayinkosi Thamsanqa N .P. T Nhleko al die tyd ook gelieg het en daarmee saam sommer die hele boksemdais.

Righard ·

Ek hoop E-tol kelder hom of gaan hulle ook net so voor die verkiesing n haas uit die hoed trek

Dan ·

Nou moet hulle hom “Go”, want dit is n skuld erkenning hierdie.

Mick ·

Maak ‘n movie oor Zuma. Probleem is, jy moet die movie agteruit (einde na begin) kyk. Dis die enigste manier waar jy sal sien dat Zuma geld teruggee.

Toffie ·

As die skade en verliese wat hy Suid Afrika berokken het bereken moet word, sal hy eleventy leeftye aan die skuld afbetaal.

Theo ·

Mnr. die “president” Se dankie aan jou “baas” die Gupta familie wat nerens sou gekom het as dit nie vir jou en jou “cronies” was nie. Dis binnekort weer “payback time” ten koste van die armes.

Riaan ·

Hy gaan terug betaal, maar se nie wanneer nie,asb., die dag wat hy terug betaal wys ek vir julle n drie rand noot. , skelm gebore,skelm sal hy dood.

A1 ·

hy leen seker die fondse op ‘n permanente basis by die Guptas… wonder wat hy in ruil moes gee vir die gunsie…. Pateties!!

johny ·

Die meeste blankes het gestem vir bogenoemde .Die dag so paar jaar terug toe hulle JA gestem het.Dit is toe hulle geglo het die ANC is nommer een.Toe stem hulle JA.JA.JA.JA.JA.JA/JA/JA.JA.Ons moet nie nou huil nie .Net jammer die wat NEE gestem het moet ook nou die gelag betaal.Dit is hoekom ek die JA.stemmers tot vandag toe nie jammer kry nie Al gebeur ook wat met hulle.en hulle leier van destyds

Theo ·

Johny, kyk vorentoe my maat. Ek en jy, ons almal maak foute. Onthou net dat die magtige NP propaganda masjien daai tyd oortyd gewerk het. Ek is seker daarvan dat die meeste ja stemmers vandag baie spyt is. Kom ons vat egter mekaar se hand en klim hierdie berg, ondanks ons onderlinge verskille en foute. Geskiedenis het dalk geleer dat die Afrikaners dwars trekkers is, maar ek se nou vir jou, iets is aan die gebeur. Kom ons vergeet die foute van die verlede en leer daaruit. Boere groete.

BoereBikerBaby ·

Ag Maroela media, kan julle nie net ‘n like knoppie opsit nie… dis makliker as om “antwoord” te druk en AL daai details weer in te vul nie?????

Hier is baie kommentare wat ek baie graag so 100 keer (of in zuma se terme, one zero hundred) wil like??

Sune van Heerden ·

Dagsê BoereBikerBaby

Dankie vir jou terugvoer. Ons is inderdaad besig om ‘n paar opsies te ondersoek wat ons kommentaar betref – bly ingeskakel, ons het binnekort dalk vir jou goeie nuus!

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

jean ·

Hehe maar die ou is Stupid, ongelooflik!

Dit is mos n skuld erkenning alhoewel ons almal alreeds weet hy is skuldig.

Dit is sy ongelooflikke arrogansie wat geen perke ken om die situasie om te draai en probeer te gebruik as n verkiesings taktiek wat net weereens bevestig hoe broos wet en orde regtig in Suid Afrika is en dit onder n kamtige demokrasie met grondwet wat veronderstel is om dit te verhoed… Geen wonder met sulke denkwyse is Afrika alewig bakhand aan die smeek nie…
Eischhh.

Jef ·

Ek stem heeltemaal saam met jou Johny, die ja ja ja stemmers van daai tyd moet nou maar van die vrot vrugte geniet van die boom wat hulle self geplant het.
Voel vere vir die hele spul, hulle het geweet n munt het two sides maar hulle het net een side gesien die verkeerde side.

m ·

Sjoe hierdie mense is omtrent ernstig oor die verkiesing. Dis net beloftes en beloftes. Asof hy nou regtig daai geld gaan terugbetaal en indien wel sal dit seker maar bitter klein bedraggie wees want al sy vrouens gaan nie baie daarvan hou as pappa hulle spending money so teurggee nie.

Armando ·

Wanneer laas is ‘n regeringshoof so sleggesê en belaglik gemaak, en wie was hy? Hoe de hel kan ‘n land gedy onder sulke omstandighede? Die afgrond is ons einde!

Mick ·

Behalwe Suid-Afrika, kan daar seker nie baie ander lande in die wereld wees waar ‘n groot deel van die bevolking eerder Paranoies as Beskermd voel teenoor hulle president en polisie nie?

freddie ·

Is dit nie teenstrydig met die grondwet nie Hy moet mos bedank hy erken dan skuld

JOHNY ·

Ja dit is waar dit help nie ek gooi ook klippe nie.As die geld of n gedeelte daarvan terug betaal word is dit die regte houding en dit is baie positief

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.