Zuma wil hom nou tot Afrika-hof wend

Oudpres. Jacob Zuma (Foto: ANA)

Oudpres. Jacob Zuma het sy regspan opdrag gegee om die Afrika-hof van geregtigheid en menseregte te nader nadat Suid-Afrika se hoogste hof geweier het om sy tronkstraf te op te skort.

Die Jacob G Zuma-stigting het op Twitter gesê die oudpresident is in konsultasie met sy regspan nadat die Konstitisionele Hof sy aansoek om sy vonnis van 15 maande vir minagting van die hof te herroep, Vrydag van die hand gewys het.

“Hy het sy prokureurs opdrag gegee om die wettiging van aanhouding sonder verhoor deur waarnemende hoofregter Raymond Zondo en die Konstitusionele Hof na die Afrika-hof vir menseregte te neem,” sê die stigting.

Die Konstitusionele Hof het in ’n meerderheidsuitspraak bevind dat Zuma nié aan die statutêre vereistes van ’n herroeping voldoen nie en dat hy doelbewus besluit het om nie aan die minagtingsaak teen hom deel te neem nie.

Zuma se aansoek is met koste van die hand gewys.

Die Konstitusionele Hof hou vol Zuma is verskeie kere die geleentheid gegun om aan die minagtingsaak teen hom deel te neem en het elke keer geweier.

“Net omdat hy dit nie gedoen het nie, beteken nie dat die hof ’n fout begaan het nie,” het waarnemende hoofregter Sisi Khampepe Vrydagoggend uit die uitspraak gelees.

Die land se hoogste hof het op 29 Junie in ʼn meerderheidsuitspraak bevind Zuma is skuldig aan minagting van ʼn vroeëre hofbevel dat hy voor die kommissie van ondersoek na staatskaping moet getuig. Hy is direkte tronkstraf opgelê.

Die oudpresident het hom daarna aan die polisie oorgegee, maar is intussen op mediese parool geplaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

36 Kommentare

jongste oudste gewildste
Boerkind

Ou skandaal…. Pappa ANC!

Dries

Wil hierdie man nie net verdwyn nie

Persheks Adri

Is hy nou weer gesond om met sy regspan te konsulteer? Probeer ook enige iets en hier kom sy menseregte… Nou moeg vir sy streke werklik!

Johanncb

Ai, die man sal aanhou tot iemand bes gee! Hopelik word daar op Nkandla beslag gelê om regskostes te help vereffen!

Pieter

Jy en die anc se skelm streke sal nooit op hou nie. Ons belastingbetalers moet net ons geld weg vat dan gaan ons gou van julle kommuniste ontslae raak.