Zuma wil ingryp om ekonomie te red

Malusi Gigaba, minister van finansies. (Maart 2017) (Foto: GCIS)

Malusi Gigaba, minister van finansies, het Donderdag bekend gemaak dat pres. Jacob Zuma ’n vergadering met sleutelministers belê het om ’n strategie te kry om Suid-Afrika uit die resessie te kry.

Gigaba het tydens ’n mediakonferensie in Pretoria gesê die vergadering sal oor twee weke plaasvind. Hy het gesê Zuma het ook Woensdagaand met ministers in die ekonomiese groepering vergader om “kritieke ingrypings” te bespreek.

Gigaba het gesê dit is onwaarskynlik dat Suid-Afrika die tesourie se vooruitskatting van 1,3% groei in die BBP sal realiseer. Hy het gesê beleid rakende fiskale konsolidasie moet gehandhaaf word terwyl fondse gereprioritiseer word. “Ons gaan harde besluite moet maak wat miskien gaan behels dat ons moet kyk na verdere inperking van staatsbesteding.”

Gigaba het Woensdagaand se vergadering tussen Zuma en die ministers beskryf as “baie eerlik” en gesê daar kort politieke sekerheid om beleggers gerus te stel en groei te ontsluit.

“Oor die afgelope twee en ’n half maande het ek en die adjunkminister baie openhartige gesprekke gehad met plaaslike en internasionale beleggers, sowel as die kredietgraderingsagentskappe. Een van die groot bekommernisse wat deurentyd geopper is, is of ons daartoe verbind is om die fiskale raamwerk te handhaaf, soos vervat in die mediumtermyn- strategiese raamwerk en die 2017-begroting.”

Gigaba het gesê die fiskale raamwerk is die regering se beleid. “Ons ondersteun dit, ons is daartoe verbind en sal dit implementeer. Ons hoop dat bekommernisse in die verband vinnig sal afneem met die mediumtermynbegrotingsraamwerk wat in Oktober gelewer word.”

Gigaba het ook gesê inklusiewe groei en ekonomiese transformasie moet bevorder word. “Ons is almal gefrustreerd deur die gebrek aan groei, wat indien volgehou word, ons vermoë om werkloosheid, armoede en ongelykheid te verminder in die wiele sal ry.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

70 Kommentare

Pieta ·

Niemand in watterookal Regerings instansie verdien om ooit meer as die President vergoed te word nie!
Die regte ding om te doen is om onmiddelik alle Regerings betaalde lone en toelaes met 25% te sny, en om alle perks soos groeps verversings en/of uiteet waarookal en vir water rede ookal geheel en al te verbied.

Pieta ·

Reg verstaan, vat summier die pad, of vat drastiese perks en 25% pay cut.

petro ·

Dit is n bietjie te laat jy het als goed opgemors glo nie dit sal in die volgende 100 jaar regkom nie

Johann ·

Whahahahahhahaaaaaahahahahahaaaa!!!! Hy bedoel seker hy gaan verder GRYP!!!!!!!!!

Kobus Hattingh ·

Seker n drukfout en bedoel sink? Want dit is al waarin hulle goed is.

Haha ·

Hahahahaha… Grapgatte… Wie moet dit nou ernstig opneem? Hahaha

cor ·

Die twee wil nou belangrik wees nou dat hulle sien daar is te min om te skep , hoop dit sal groei sodat daar nog voor 2019 geskep kan word. In elk geval wie het veroorsaak dat die ekonomie in resessie is definitief nie Mnr Gordhan nie.

Johann Holtzhausen ·

Net nog ‘n poging om die fokus te skuif vanaf die Guptas!

Bertus ·

Hy kan begin deur te bedank en van sy string vrouens en kinders ontslae te raak wat so vet deel van staatsbesteding uitmaak!

Verwonderd ·

Hoe aanvaar hierdie man sy aanstelling, as hy nie heeltemal seker is of nummaone sy eie werk gaan hou nie? Hy moet seker iets weet wat ek nie weet nie…

Asmain ·

Hoe lekker lag ek nou! Asof hy nie reeds genoeg “in gegryp” het UIT die staatskas nie! ??

Lou ·

Seblief spaar ons dit. Die mense wat ons in die gemors ingekry het, beskik nie oor die vermoe om ons daaruit te kry nie. Tog – as hulle bedank en loop sal dit baie help!

Chantell ·

Regtig om wie se mond try julle heuning smeer Zuma is die probleem hy moet homself en die Guptas verwyder want saam het hulle veroorsaak dat SA rommel is en nou resessie die land sal nooit regkom met niks as Zuma en Guptas verder SA regeer nie…. Dis n grap dat hy nou wil ingryp

John ·

?.. oor twee weke… is dit nie dan skoolvakansie nie? Waar gaan hulle bosberaad hou… In die wildtuin ?.. Gaan ons nou meer renosterhoring, leeupootjies en olifanttande smokkel om studente te finansier en Sassa se se posspaarvarkie vir die Kerskous vet te help voer… en wat van Z se jet… muti verkoop ook nogal goed en daggabos uit Natal se valleie… Hou moed mense… hou…

al ·

Zums is daar nie ñ sirkus waarby jy kan aansluit nie? Werklik, jy prikkel mens se lagspiere vreeslik!

Magda ·

RERIG? Dit sit nie in die huidige regering se broek om enige iets te red nie. die ouens wat verantwoordelik is vir die gemors moet in die pad gesteek word, ongelukkig is dit baie van die manne met die pakke wat moet gaan

Boesman ·

Hahaha hy gaan seker weer gryp. Dis al wat hy kan gryp. Om die ekonomie te herstel sal hy nooit maar nooit reg kry nie. Hy gryp na gras halms dis al waarna hy kan gryp.

Eps ·

Number 1 wil weer ‘n paar kontrakte vir Guptas gee. Die minister van Minerale hulpbronne is ook weer besig om ‘n paar myne vir die Guptas te organiseer met sy nuwe BBBEE en hy noem dat mense soos die Guptas ook in aanmeking kom vir BBBEE.

Gibs ·

hahaha Gigaba jy wag net vir jou volgende groot “tip” van die lot boewe af, al is jy net so groot dief soos hulle. useless verby.

PJ ·

Nie dieselfde man wat Toerisme miljarde rande laat verloor het met sy briljante plan met reis dokumente nie praat van ou gigaba ?

Johan de Klerk ·

Dws sy Rubicon toespraak is hier– ek hoop die pers kan dit so bietjie aanblaas.

Vryheid ·

Een ding is seker zuma laat ons landsburgers gereeld lag. Het geweet daars nie veel tussen dié man se ore nie komaan “give us a break” so belaglike Stelling hoort nie by jou nie- ingryp? VERGRYP

AP ·

het zuma sy nar laat weet .. hyself was verantwoordelik vir die ekonomie se ondergang , siestog die lot weet nie meer watter kant toe nie

Reti. ·

Hahahahhhaaaa. Hahahaha. O neeee. Hahahaha. ………. Lag ek my sommer morsdood.

JoeV ·

Herverdeel jong, herverdeel! Dit het in alle ander Afrika lande dan so goed gewerk, gaan kyk net!

Johanna Botha ·

ASB NIE ! ! As hy sy mond oopmaak val die Rand en dis HY wat ons na JUNK status geneem het ! Dis te laat HAMBA !

Johan. H. ·

HaAAAAHAAAhahaha,,, Gigiba hoekom lyk jy so bang,,Die hele lot saam deel die intelegensie van n brood, ANTWOORD IS,,, Fire halfte van die kabinet asook daaie mbete , Maak gordan wweer minister van finansies.. Stop BBBBBeeebebe,,, daarna kan die ander halfte van die kabinet bedank,,, dan stel julle kundige aan, en sorg dat almal skoolgaan en hard leer en mooie jul sommetjies doen,hoor, maatjies, haaha

Leendert ·

Donkey: Hi, Princess!
Princess Fiona: It talks!
Shrek: Yeah, it’s getting him to shut up that’s the trick!

GES ·

Baie waar, ons is moeg vir sy verbale diareë. Miskien moet hy eers sy owerspel probleempie suksesvol oplos voordat hy probeer om die ekonomie tot ʼn groter gemors transformeer.

Annette Stander ·

Hoe ondersoek jy iets waarvan jy die oorsaak is. Steek ‘n bomklapper agter Zuma en Blink Stefaans aan. Dalk vat hulle die pad. Hiehiehie

Piet Pompies ·

Verbeter die produktiwiteit van Staatinstansies, dit is waar die probleem is.

Lance ·

Die regering kan begin om hulle wildsplaas Mala Mala van 1bil.te verkoop.Vir meer inligting kontak min.David Mabuza.

Joe Blogs ·

It is so simple Zuma. All you have to do is give yourself amnesty, resign, and go and live overseas in the luxury mansion you already have; and take your close alleged corrupt mates with you. Then the economy will recover by itself. But we know you wont because you are afraid of going to jail, losing power and your tight grip on it. You know what will happen if you do. So instead of thinking of the country you are selfishly behaving like Mugabe and only thinking of yourself and your mates. Comes a time that your mates will run you if they dont already. Best you can do is to LEAVE SA. But we know you wont. Therefore, the ANusedtobeC will fall. And a new ear will be ushered in. And then you will likely go to jail unless the opposition makes some nice deal with you and your mates. And if you resist – ALL HELL willbreak loose. Civil war most likely.

Francie ·

Regtig? As hy wil help moet hy net sy eie sakke biejie uitskud, en dan kan hulle wat die kartonne vol kontant geld wat hy en sy reisgenote glo in sy vliegtuig saamgevat het ook maar weer terugbring. Om nie te praat van die goue handdrukke waarmee dieselfde? kliek hulle poste ontruim het nie. Ek dink hy moet in sy woonstel in Dubai gaan dink oor sy sondes. Pretoria Sentraal ? Nog beter.

Martin ·

Dit is sekerlik verkeerd gesteel, dit word besef December is naby, laaste vergrype beplanning eerder. ..

Peanut ·

Ok ek sal gratis konsultasie gee: stap 1 bedank
Stap 2 gee jou self oor aan die polisie

Siener van Melbourne ·

@Peanut, vir daai goeie advies moet die president eintlik betaal, want beter as dit sal hy nerens kry nie.

orius ·

Die agbare minister van Finansies handel soos n hanswors. Hy het absoluut geen idee hoe finansies werk nie en dan is hy nog ook n lakei van zuma (z met n kleinletter).

JCS ·

Maklik. Verminder die aantal ministers na 28 en die adjunkministers ook. Amptelike motors moet beperk word en ministers moet hulle eie motors koop.

JR ·

Minder breins as witbrood. So innie kol. Jy kan ten minste 20 snye uit 1 witbrood kry en paar hongeres voed. Eerder behoorlike bazaar vetkoek. Mooi rond en blink. As jy hom oopsny is NIKS binne in nie. Net hol dop. Lag my siek.

Karel Kat ·

Jy kan slegs iets herstel wat jy self geskep het & waarvan jy ‘n werkende insig & vaardigheid het. In Zuma se moedertaal bestaan daar nie woorde soos fiskale beleid, handels balans, resessie, banke, verbande, aandele, e.d.m. nie.
Vraag: Hoe herstel jy iets wat nie eens in jou kultuur se verwysings raamwerk bestaan nie?

Herman Mashaba wat sy miljoene op die harde eerlike manier verdien het, het meer intellektuele kapitaal as die hele kabinet gekombineerd.

Siener van Melbourne ·

Zuma, jy spel seker ingryp, v.e.r.g.r.y.p. Want vergrype deur jou is hoekom die land is waar hy is. Moet se, die opskrif bring darem n grynslag op my gesig.

Siener van Melbourne ·

Die beste belegging wat Zuma vir die ekonomie kan maak is om te betaal vir sy wandade.

Johannes Meintjes ·

Na mening wil die NWO nie ‘n totale gemors in SA oorneem of as “wins” inpalm te midde van die apatiese kantlyntoeskouer-burgers in SA nie. Die drukgang is bloot om bevolkings internasionaal onder druk en vrees te plaas sodat oornames sistematies wereldwyd kan plaasvind. In SA is daar ‘n “blanke rentmeester faktor”. Die drukgang raak dus nou teenkonstruktief. Nou moet die FW/ Madiba/ Zuma gemorsplan hersien word en skierlik is die korrupte boewe-presidente nou besorg!? Intussen kry die Afrikaner nog nie die buffer van effektiewe selfbestuur en selfbeskikking saam met ‘n alternatiewe sosio-ekonomiese model in plek nie. Laat die res van SA en die Wereldordes doen wat hulle glo hulle moet doen. Openbaring 18:4 en 22:11 bevat na mening toepaslike riglyne.

Leendert ·

Dan praat hulle van Kolonialisme en Apartheid. Ek sal graag wil sien dat iemand die impak daarvan op die mense in die land kan evalueer en teen mekaar opstel. MAAR dan ook, verseker, en DIT sal nou interessant wees, as hulle OOK die swart mense se koloniale invloed, van destyds af toe hulle hier aangekom het, in die land kan navors, met inbegrip van die ANC se vergrype, die Afriforum film, Tainted Heroes, asook die destruktiewe invloed na 1994 van die ANC op die menswees van alle mense, die ekonomie en die land in sy geheel, dus tot waar hulle nou die land geplunder het en tot in die grond in bestuur het, ‘n misdaad teen die mensdom in eie reg.

Maar ons moet seker eers NA die tyd toestemming by die ANC, DA en EFF kry, alvorens ons daaroor kan praat.

Francie ·

Sit ek nou en dink, wanneer gaan universiteite die regte ding doen en doktorsgrade aan die man toeken? Dalk is hulle probleem dat daar te veel dissiplines is waarvoor hy kwalifiseer.
Dink aan Ekonomie, Finansies, Kriminologie, Drama (spesiale verwysing na massamedia komedies), Arbeid, Landbou, die lys is eindeloos. Ons waardeer hom nie na behore nie.
Eintlik is hy ‘n baie veelsydige man!

Lhs ·

Zuma wil die ekonomie red, ag tog asseblief, hy kan nie eers die paashaas red nie.

What a joke! ·

Gi gi gi, eish baba you are so funny…..and it aint even april….you and master clown numba 1 are sooooo very very funny..!
You make me laugh so much im actually crying…
.And to think you two great intellects “NOT” are suppose to run the country, you are running it allright running it into the ground!
No wonder things are what they are in South Africa with people like this in high positions like that,goodness me….
Eischhhhhhhhhhhhh..

Trots Afrikaans ·

Die oplossing sal seker wees om 50% van alle besighede aan swart bemagteging te gee.
Gupta as speaker aan te stel.
Klomp blankes uit die staatsdiens te skors.
100 Plase af te vat.
6 Westerse lande te beledig.
Weer te trou.

John ·

Waar koop al die wyse ‘spitfires’ hul Brillcream vir die ‘shimmer’-effek… en wie’s die haarkapper. Hy moet ‘n allamintige besigheid he want die manne boer daar. Wie besit die 51%? Mens kan raai?

TP ·

Is dit JZ alleen van wie almal ontslae wil raak of die hele ANC? Ek dink dis laasgenoemde! Laat JZ bly & kyk wie sal ANC stem. Met al die glibberigheid tov die menige sake teen hom, sal hy buitendien eers oor jare voor hof kom.

EJ. Scott ·

O ou grapjas!! Beloftes beloftes!! Sy geldsake is mos veilig anderkant di waters! Waaroor sal hy nou bekommerd wees?

EJ.Scott ·

Ou grapjas! Dink seker hys besig om met imbesiele te praat! Di stomme ding en di beste van als is hy glo sy eie tjol wat hy kwyt raak!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.