Zuma wil media-regulering bespoedig

Pres. Jacob Zuma. Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Pres. Jacob Zuma. Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Pres. Jacob Zuma het Sondagaand op die vooraand van Persvryheiddag bevestig dat die regering steeds nie afgesien het van sy plan om die media strenger te reguleer nie.

Zuma het gesê die omstrede Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting is steeds onder bespreking en verskeie insette en wetlike opinies word oorweeg. “Ek het die wet[sontwerp] teruggestuur na die parlement om tegniese redes en hulle het dit terugbesorg met die nodige veranderinge daarin aangebring. Op ʼn gepaste tyd sal die pad vorentoe bepaal word,” het hy gesê.

“Die regerende party, die ANC, het op sy nasionale hoofraadsvergadering besluit om die 2007-konferensiebesluit oor media-transformasie, aanspreeklikheid en diversiteit te bespoedig. Dit sluit die voorgestelde parlementêre navraag oor die haalbaarheid en wenslikheid van ’n media-appèltribunaal in.”

Zuma het redakteurs en joernaliste verseker dat die bepalings oor die media en vryheid van spraak wat in die Grondwet vervat is, in ag geneem sal word wanneer daar oor die wetlike regulering van die media besluit word. “Niks sal gedoen word wat in stryd is met die Grondwet nie.”

Zuma se woorde het wyd reaksie ontlok met verskeie rolspelers wat gesê het die Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting is bloot ʼn manier om die media te muilband.

Dr. Eugene Brink, senior navorser by die Solidariteit Navorsingsinstituut, meen die ANC probeer skynbaar om die media se waghondrol in te perk. “Media wat vry, waaksaam en onafhanklik is, is noodsaaklik om korrupte praktyke te ontbloot. Daarsonder sal politici nie deur die publiek aanspreeklik gehou kan word vir hul wandade nie en sal belastingbetalers nooit weet wat met hul belastinggeld gebeur nie,” het Brink gesê.

Brink meen die media kon die afgelope 21 jaar daarin slaag om homself te reguleer en dat die staat se planne om die media te reguleer nie geregverdig is nie. “Die media het verskeie politici en regeringsamptenare die afgelope paar jaar in die sop laat beland oor hul betrokkenheid by korrupsie en wanbesteding. Dit verklaar deels die ANC se verskerpte veldtog om mediavryheid in te perk, maar regverdig geensins die strenger regulering van die media nie. Die media het tot dusver net hul grondwetlike reg tot vryheid van spraak en demokratiese waghondplig uitgeleef,” het hy gesê.

Die Suid-Afrikaanse nasionale redakteursforum (Sanef) het intussen hul dank teenoor Zuma uitgespreek vir sy herdenking van Persvryheiddag deur met redakteurs en joernaliste te vergader. Die organisasie het egter sy kommer uitgespreek oor die president se uitlatings oor die behoefte vir ʼn parlementêre ondersoek na die instelling van ʼn media-appèltribunaal.
Volgens Sanef is dit onduidelik waarom die president te vinde is vir dié soort regulasie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Bart ·

Muilband die pers en gaan aan met kriminele aktiwiteite, gooi mense in die tronk en moor die ander uit. Die is kommunistiese Azania en hier slaan ek die diktator die kitaar!

Winston ·

Hy sal haastig wees. Te veel om toe te smeer in SA. Stortkop weet dit goed en dit is al rede hoekom die media aan bande gelê moet word. Kommunisme werk so.

Ingrid ·

Aan Zuma, ek hoop jy besef die is nie n slim plan nie. Almal weet jou skandes en die dade wat jy pleeg. Dit help nie om dit toe te gooi onder die sand nie, want baie mense het al gesien wat begrawe is. Dit maak my hartseer dat jy geheime wil terug hou in plaas van eerlik wees met almal en jou trots insluk vir n slag. Die land is besig om te val maar weet jy wat… Ons sal terug baklei en almal se oe oop maak teen die skade wat jy rug met jou korrupsie.

Berhalet Beukes ·

Hahaha… En hy gaan die internet stilhou? Whatever! Maklik om in te skakel by ‘n oorsese netwerk en ou Zumie ksn op sy kop staan, die nuus versprei sal ons dit versprei!

Yvonne ·

Ek verstaan sowaar nie waarom my kommentaar verwyder is nie! Rk om altyd al julle voorwaardes na, Maroela.

Sune van Heerden ·

Dagsê Yvonne

Jou kommentaar is ongelukkig verwyder weens ‘n vloekwoord wat jy rondom die woord “kaders” gebou het.
Kontak my gerus by [email protected] vir verdere besonderhede.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Loeis ·

Sune, ek het eenkeer ‘n onwwaarheid wat ‘n sekere LP oor die radio kwytgeraak het, hier geneom, (ek haar ‘n leuenaar genoem – dis wat mens iemand noem wie lieg). Daardie kommentaar is ook verwyder, al is al die bewyse daar. Waarom?

Eish! ·

Plaas jy eerder haastig optree teen al die wetteloosheid en moorde in ons land. Hy is ‘n grap!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.