‘Zuma wil met sak patats vorendag kom’

Oudpres. Jacob Zuma tydens sy eerste verskyning voor die Zondo-kommissie. Foto:
Karen Sandison/African News Agency(ANA)

Oudpres. Jacob Zuma is gereed om talle mense te impliseer voor die kommissie van ondersoek na staatskaping, het adv. Muzi Sikhakhane Maandag gesê.

Sikhakhane, Zuma se regsverteenwoordiger, het egter sy bedenkinge oor die kommissie se prosesse bekend gemaak en gesê sy kliënt het nie genoeg tyd gehad om vir sy verskyning voor die kommissie voor te berei nie.

“Ons glo dat ons nie die geleentheid gekry het om mnr. Zuma voor te berei nie. ’n Onreg kan plaasvind. Ons sou hom graag wou voorberei. Ek het hom hier na jou voorsitter gebring … hy is jou gas. Hy mag iemand by die naam noem en wat doen ons met daardie onbillikheid? Ek gee dit aan jou oor en ek hoop diegene wat hy gaan noem, is voorbereid omdat hy hulle gaan uitwys,” het Sikhakhane gesê.

Zuma het Maandagoggend onder streng veiligheidsmaatreëls by die kommissie aangekom saam met sy tweeling, Duduzane en Duduzile. Polisiebeamptes het strate afgesper en talle van die voormalige president se ondersteuners het buite die kommissie se perseel in Parktown, Johannesburg, saamgedrom.

Adjunkhoofregter Raymond Zondo, voorsitter van die kommissie, het Zuma vroeër bedank vir sy verskyning voor die kommissie. Hy het beklemtoon dat die kommissie almal regverdig behandel en dat Zuma nie die enigste “leier” sal wees om voor die kommissie te verskyn nie.

Zuma is deur talle vorige getuies by staatskaping geïmpliseer. Sy verskyning voor die kommissie sal na verwagting die hele week duur.

Zuma word daarvan beskuldig dat hy saam met die omstrede Gupta-familie sentraal gestaan het tot staatskaping in Suid-Afrika. Hy ontken die beweringe ten sterkste.

Die voortvlugtige Guptas het in 2016 vinnig die land verlaat toe e-posse uitgelek het wat die omvang van die vergrype in die Suid-Afrikaanse regering en staatsbeheerde ondernemings bekend gemaak het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Wonder maar net ·

Wat het sy onderhandelinge in 1990 te doen met staatskaping?

Mb ·

Dalk het hy ook nou nog nie uitgevind dat hy saam met die ander besig was met staatskaping nie en het hulle nog tyd nodig om hom in te lig. Se voet! Toe hy by Guptas gesit het was hy al voorberei. Toe het hy al geweet dit sal hom duur te staan kom maar hy het nogtans die kans gevat. Hulle sloer alweer en hoop dit gaan weg.

Genieve ·

Ja hy met die sak patats uitkom want hys deel van die patats en wat vir voorberiding is dit wil hy dan voorkeer kry ag nee wag jong.

Anoniem ·

Weet iemand dalk: word mens ingesweer by die komissie “to speak the truth, the whole truth and nothing but the truth”?

marous ·

Laat die regter vooraf sy woord gee dat diegene wat geimpliseer word sonder versuim vervolg sal word , maak nie saak wie hulle is nie . As hy dit nie doen nie weier jy om ‘n woord te uiter . Klaar

Ongeduldig ·

Whahaha!! Grap van die dag!!! Dink hy moet die ‘Truth serum’ kry dalk onthou van al SY mannewales en hou hy deel gehad het in die land se geldkwessies!!

aj ·

Die Zondo kommissie gaan nie vir Zuma krimineel laat aankla nie!

Inteendeel die kommissie gaan vir Zuma ‘vergewe’ nadat hy ‘gebieg’ het.

Soos in die Katolieke kerk …. ‘forgive me father for I have sinned …”

Hiervan gaan GEEN aanspreeklikheid en straf voorkom nie.

Die kommissie behoort nie enige gewone kriminele vervolging te beinvloed nie?

So, wie (wat) stop dit?

skurweberg ·

Mnr Zuma stel homself as ‘n martelaarsfiguur of slagoffer voor, sonder die eie emosie wat daarby pas om sodoende simpatie te wen by die oningeligtes en die wat vatbaar is daarvoor. ‘n Fyn psigologies-uitgewerkte strategie in hulle giftige politiekespel sedert 1994. Motivering: “Die handeklap tydens die verrigtinge, wat deur die voorsitter stilgemaak moes word, is die bewys daarvan.”

ap ·

Sal ook weer verder bla bla bla oor verlede .. en sloer met allerhande stories wat net hy glo , selfde stories oor en oor , baie tyd op sy hande om stories op te maak

Lou ·

Hoekom word Zuma bedank dat hy voor die kommissie verskyn? Hy is ‘n gewone landsburger wat voor die kommissie verskyn. Sy vorige aansien en titel wat hy as President van die land gehad het is lankal vergete. Hy is in elk geval uitgekop oor sy oneerlikheid en diefstal van staatsgeld.
Ek hoop en bid dat geregtigheid sal geskied in die ondersoek.

Elvira ·

Dis tydmors. Hierdie saak gaan nerens heen nie en gaan dieselfdr uotslag as Dudu he.

Asmain ·

Watter sak patats…hy het BAIE sakke patats…hy sal meer spesifiek moet wees! ????????

SeMaarNet ·

As jy die waarheid praat hoef jy vir niks voor te berei nie, want dan antwoord mens vrae net eerlik.

Sarel ·

Hierdie Kommissie het bewys dat daar is ‘n bodemlose put van bedrog op bedrog en tog word niemand vervolg nie. Zumaliete will ontslae raak van Ramaphosa , volgende is Mabuza ‘n Zumaliet saam met Magashule . Maar betwyfel of selfs hulle vir Zuma sal terug vat.

Gert Midstream ·

Altheimers of Parkinsons [ hoe spel dit nou weer ] Die een “vergeet”en die ander “stort” Meer ernstig. Geloofwaardigheid stel besondere onderskeidingsvermoe. Voortdurende onberispelike selfdissipline. Wys die pad aan. Vestig betroubare kultuur onder alle bevolkingsgroepe.

WINNIE ·

Glo iemand nog aan die Tooth Fairy dan sal dit die uitslag en enige vervolging van die staatskapers wees. Geld word net verder gemors met al hierdie verskynings voor die Kommissies. Daar moes lede van die publiek en regsmense gewees het wat deel uitmaak van die paneel en dan Jurie stelsel om die oortreders in die bek te ruk

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.