‘Zuma wil na Rusland vlug’ – Mashaba

Oudpres. Jacob Zuma. (Foto: Sandile Ndlovu/Pool)

Herman Mashaba, hoof van Action SA en voormalige DA-burgemeester in Johannesburg, is vas oortuig dat oudpres. Jacob Zuma binnekort na Rusland gaan vlug.

In ʼn verklaring Saterdag vra Mashaba die Suid-Afrikaanse regering om te reageer op bewerings dat Zuma gereedmaak om die land te verlaat in ʼn poging om aanspreeklikheid vir sy rol in staatskaping te ontduik.

Die Konstitusionele Hof het Donderdag beslis dat oudpres. Jacob Zuma voor die Zondo-kommissie van ondersoek oor staatskaping móét verskyn. Zuma word ook verplig om getuienis voor die kommissie te lewer en het geen reg om voor die kommissie te swyg mits hy nie kan bewys dat sy antwoord op die kommissie se vrae selfbeskuldigend is nie.

Volgens Mashaba het hy van “verskeie bronne” verneem dat Zuma op pad is Rusland toe. “ActionSA doen ʼn beroep op pres. Cyril Ramaphosa en die Suid-Afrikaanse regering om onmiddellik Zuma se paspoort in beslag te neem as ʼn voorsorgmaatreël om te verseker dat hy aan sy verantwoordelikheid teenoor die Zondo-kommissie voldoen en te verhoed dat die Konstitusionele Hof se uitspraak nietig gemaak word.”

Herman Mashaba. (Foto: ANA)

Mashaba sê Zuma het reeds bewys dat hy die kommissie van ondersoek na staatskaping met minagting bejeën en het ʼn lang geskiedenis van regstaktieke om te verhoed dat hy in ʼn hof verantwoordbaar gehou word.

Die 78-jarige Zuma speel sedert 2018 kat en muis met die kommissie wat op die been gebring is om die plundery van staatskoffers tydens sy nege jaar lange bewind te ondersoek.

Edward Muziwoxolo Zuma, Zuma se oudste seun, het bewerings dat hy op pad is na Rusland, aan Times Live ontken. Volgens Edward word bewerings op sosiale media versprei wat daarop neerkom dat Zuma Maandag na Moskou in Rusland vertrek om mediese behandeling vir Covid-19 te ontvang. Volgens dié bewerings sal hy tot die einde van Maart in Rusland aanbly. Edward het wel daarop gesinspeel dat sy pa se gesondheid nie watwonders is nie.

Mashaba sê indien Zuma wel die land verlaat, sal sy reisuitgawes betaal word met die voordele wat hy steeds vanaf die Suid-Afrikaanse belastingbetaler ontvang. “Dit sou dui op ʼn sameswering om Zuma te help om sy verantwoordelikhede aan die kommissie te ontduik. Sou dit gebeur, sal ActionSA ʼn ondersoek begin om vas te stel wie hiervoor toestemming gegee en watter regeringsbeamptes Zuma gehelp het om te vlug.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Werner ·

As die regering dit toelaat word dit deur hulle beplan.As Zuma moet getuig sluit hulle die hele lot toe

SomeOne ·

as die “bishop” en sy vrou uit die land is sonder dat “iemand iets geweet het” wat is dit vir skelm zumpie om pad te gee

SomeOne ·

zuma het ‘n groot hok laat bou by nkandla, vat dit, verkoop dit, verbrand dit, tap net eers die bad met water vir brande, leeg

Anel ·

O, ja, nê! Hoekom is sy rekenninge nie ook al gevries nie? En wanneer het hy die virus gekry? Sover ek weet mag jy nie reis as jy die virus onder lede het nie en moet jy in kwarantyn wees! Of geld dit net vir die res van die wêreld en nie vir hom nie? En hoekom kan hy nie van staatshospitale gebruik maak of van enige van ons mediese dienste nie? Wat hom hom beter as enige ander burger van hierdie land? Soos hulle sê, waar daar ‘n rokie is, moet daar’ n vuurtjie wees. Sluit hom toe en kry klaar en gooi sommer die sleutel ook weg

Connie ·

Ja Anel dis wat ek ook wil weet, hoekom kan hy nie van ons dr’s gebruik maak nie. Hy probeer weg kom, waar daar n rokie trek is daar n vuur wat gaan brand

Inkpot ·

Zuma se eeun sit lankal in Dubai.
Die Guptas is ook landuit.
Zuma is volgende, dit weet mens lankal.
Sy planne is agtermekaar, hy gaan nié voor die kommissie verskyn nie en beslis ook nie tronk toe nie.
Voor die regering iets doen, of wìl doen, is hy vort.

Eragrostis ·

Die oomblik toe die hof beslis dat Zuma voor die Zondo-Kommissie móét verskyn, het ek geweet hy gaan nou een of ander siekte opdoen. Hy volg nou in die spore van sy voorgangers, soos Jackie Selebi en Shabir Schaik. Hierdie ANC en hul makkers is darem so voorspelbaar.

Ek voorspel iets soortgelyks gaan ook gebeur met die klomp Guptas as hulle die dag hul beurt in die hof hier gaan kry.

annie ·

Het Zuma nie ‘n huisie iewers in Koebai naby sy vriende die Guptas nie… Julle onthou mos die ouens wat ‘n hele paar jaar terug… Sjoe, het ek het nou skoon vergeet wat hulle aangevang het. Dis al solank gelede.

Hendrik ·

Trek sy paspoort. Hy moet getuig. Hy moet oranje pak kry!!!

Jedi Knight ·

Ek weet eintlik nie hoekom hy so bang is nie. Hy is 78. En n hofsaak sal jare duur. Amper niemand in hul tagtigs gaan tronk toe nie. Nie hier nie, en waarskynlik ook nie in baie ander lande nie. Behalwe dalk as jy n massamoordenaar of reeksverkragter is.

Joe Olivier ·

Wanneer laas is zuma lewendig in die land gesien? As daar sulke gerugte is dan wil ek ‘n kans vat en sê hy is klaar land uit. Baie van sy plaaslike commie pelle sal graag help om hom stil stil uit te help voor hulle ook geimpliseer word.

Mariana ·

Akrakadabra now you see them now you don’t. Hulle sal hom waarskynlik op spesiale vlug sit. En as Rusland hom invat is hulle net so skuldig soos hy. Gelukkig is mense bewus van sy streke en hopelik kry hulle hom betyds, sy Russiese se bankrekening…..en die in ander lande ook……..

wim ·

Rusland is ‘n goeie keuse. Anders as met die EU en Brittanje het Suid Afrikaanse paspoort houers nie ‘n visum nodig nie, maar die Russiese oligarhe sal hom afraai om ‘n Russiese bank te gebruik. Hulle self steek hulle geld in London of Zurich weg

Casper ·

Net soos Bushiri en sy vrou die land verlaat het so gaan Zumpie die land “ongesiens”verlaat.As Zumpie moet getuig hetsy voor die kommisie of sy strafsaak gaan hy baie koppe laat rol.Ek Kan nie sien hoekom moet hy in Rusland behandel word vir covid nie.

Jaco ·

As hy dit reg kry beteken dit net een ding, daar is die heeltyd same werking gewees op n hoë vlak om die land leeg te steël. Nou hardloop ons. Kan nie sy pak soos n man vat nie.

Wielspore ·

Stuur asb vir my die vliegtuig vlugplan na 092 000 0000, ek het ‘n appeltjie te skil met hom.

Francois Le Cochon ·

As Zuma dit sou regkry om na Rusland te vlug, drink ek ‘n koue bier op hom. Laat hy val waar hy wil!

Karel Lourens ·

Solank die ANC regeer is alle kriminele aktiviteite wettig. Hulle is die grootste misdaad sindikaat wat die land nog ooit gesien het.

Phillip ·

Ek het geweet hy gaan pad vat. So kort na die uitspraak moet hy gaan vir mediese behandeling vir Covid nogal. Hoekom is hy verhewe bo die goeie medies wat Suid Afrika bied. Hy gaan ook nou en gekeer word nie. Hy word gehelp om te vlug. Ons gaan nog meer uitogte sien.

wim ·

Hy het seker gesien wat in Suid Afrikaanse hospitale aangaan. Blameer hom nie.

Jaco ·

Kan al SA se wit mense asseblief ook so gehelp word om te vlug?

jzjz05 ·

Die stoofplaat raak nou te warem vir mur JZ en kan verstaan word dat daar nou benoude spronge beplan word. DIE ANC is ek verseker sal dit verwel kom om van die probleem onslae te raak wat soos kanker aan hulle klou..

Neelsie ·

Ja, hy het nou ‘n groot verleëntheid vir hulle geword.

Alleen Wolf ·

Hulle moet hom help om nie te getuig nie, daar is te veel op die spel vir die geagte president en sy kaders as die waarheid sou uitkom
Zondo se kommisie is in elk geval net ‘n klug, daar sal niks van kom nie behalwe as jy dalk wit van kleur is.

pieter ·

Die een ondersoek na die ander , die een komissie na die ander , hoe lank nog !!!

Francois Le Cochon ·

Shame, Zuma is te oud vir tronk straf. 100 Houe met die sjambok sou ek se^.

PH ·

Virus behandeling? Twak! Die virus sal sover moontlik van hom af wegbly.

Lorna ·

Tata baai moenie dat ons jou ophou nie
Wonder wat van al sy vroue en kids

JohanR ·

Kan alle ANC’s nie saam met Zuma vlug nie? Ek word wakker een more en daar is GEEN ANC’s in die land nie. Sien nie ‘n Ramaphosa nie, sien nie ‘n NDZ nie, sien nie ‘n Hoed die wit meisies in bikinis op die strand koekeloor nie. Ai sal dit nie LEKKER wees nie?

Anton ·

Hoekom Rusland toe? Hy het mos die land bestuur, sekerlik is ons hospitale net so goed soos Rusland :-)

Chris ·

Hy sal verseker land uit as hy die kans kry en die buitelandse sake sal hom nog help ook

Wondermaarnet ·

Die ANC sal hom nog weghelp ook Rusland toe. Kaders kyk mos na mekaar.

Ria ·

As hy weier om beskuldigings teen hom te verdedig, dan moet dit dien as erkenning van skuld. As hy onskuldig is, hoekom bewys hy dit dan nie.
Indien hy dit regkry om te vlug moet hy nie weer hier toegelaat word nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.