Zuma wil Nkandla-burgemeester wees

Pres. Jacob Zuma by die spesiale provinsiale begrafnis van Riot Makhomanisi Mkhwanazi, Sondag, 11 Desember 2016 in KwaDlangezwa, KwaZulu-Natal. Foto: Themba Mtshali, KZN-premierskantoor

Pres. Jacob Zuma by die spesiale provinsiale begrafnis van Riot Makhomanisi Mkhwanazi, Sondag, 11 Desember 2016 in KwaDlangezwa, KwaZulu-Natal. Foto: Themba Mtshali, KZN-premierskantoor

Pres. Jacob Zuma wil die burgemeester van Nkandla word wanneer hy uittree as president.

Zuma het dit Sondag by ʼn spesiale provinsiale begrafnis vir struggle-veteraan, Riot Mkhwanazi, in KwaDlangezwa naby Empangeni in KwaZulu-Natal, gesê. “Wanneer ek sê ek wil staan om ʼn raadslid in my wyk te wees wanneer ek op pensioen gaan, lag mense. Maar dit is nie persoonlik nie, dit is organisatories. Ek het net gister vir iemand gesê my ambisie is om eendag die burgemeester van Nkandla te wees,” het Zuma gesê.

Mkhwanazi en Zuma is tien jaar lank saam op Robbeneiland gevange gehou en het ná hul vrylating saam in ballingskap gewerk.

Die Inkatha-Vryheidsparty het in die afgelope munisipale verkiesing die Nkandla-munisipaliteit met 54% van die stemme gewen, teenoor 44.25% van die stemme vir die ANC. Die wyk waarin Zuma se private Nkandla woning val, wyk 14, is deur ʼn ANC-raadslid behou.

“Dit gaan nie oor my nie, dit gaan oor die ANC – ʼn voorbeeld wat comrade Mkhwanazi in die stad van uMhlathuze getoon het,” het Zuma gesê met verwysing na Mkhwanazi, wat as wyksraadslid in KwaDlangezwa gedien het, ná sy deelname aan die apartheid-struggle.

“Mkhwanazi was ʼn veteraan, maar hy het nie gehuiwer om ʼn raadslid te word nie. Hy het nie gesê nee, ek moet vereer word en daar bo wees nie. Hy het nie gedink hy is te belangrik nie. En dít is politiek,” het Zuma gesê.

Hy het gesê baie mense kan uit Mkhwanazi se toewyding teenoor die ANC en Suid-Afrika leer en moet sy voorbeeld volg. “Hy het ons geleer leierskap gaan oor diens. As ons as die ANC suksesvol gaan wees, moet ons by hom lesse leer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Johann ·

Geen probleem nie, hy kan maar sy eie huis se burgemeester wees.

Loeis ·

Nee ons gaan nie. Nkandla se inwoners gaan. En dit gaan baie snaaks wees as die IVP se kandidaat Zuma in sy wyk verslaan.

Frans du Toit ·

Hahaha.!! Die Guptas gaan seker sy raadslede wees en saam gaan hulle Nkandla rot en kaal besteel. ?

Kloekie ·

Hy gee ons net vals hoop. Mugabe het ook mos onlangs gese hy sal eendag aftree…

Kobus ·

Behoede my…nou het ek alles gehoor…hoe lank wil hy dan nog aanhou met steel…of keer hy vir die tronk

Lance ·

Dis 1000 % reg go for it …so hy verlaat dan die anc ook seker want hulle is nie daar inbeheer nie …lyk my hy beplan on sy rug op die anc te draai ….ja nodat alles n gemors is onder sy bewind

Ken2 ·

Probleem is dat nie eers sy eie munisipaliteit is meer ANC nie. Hy sal moet oorstap IFP toe en hulle gaan hom seker nie wil he nie. Daar is wel plek as selgroep leier in pollsmoor.

Simon ·

Mense op die aarde. Hierdie is die beste boodskap wat ek in n baie lang tyd gelees het.
As Z alreeds praat van sy lewe na “Prez” wees, dan se sy lyftaal dat hy het aangeneem dat sy tyd as “Prez” besig om vinnig verby te gaan.
As niks slegs gebeur nie is sy tyd eers in 2019. Wees eerlik dit is nog ver weg, maar Z praat nou reeds van sy lewe na die tyd en dit dui op n baie korter tyd.
Baie korter kan wees in Desember 2017 of selfs nog vroeer en hy weet dit.

Wat n vreugde sal dit nie wees nie

Kobus ·

Simon…hoop jou voorspelling is in die kol….maar ek het my bedenkinge…dis soft talk…dis sy manier om sy volgelinge (massas)op te sweep sou daar weer n versoek van aftrede uit eie geledere kom…want hy is ons (lees gepeupel)president…niks wat hy verkeerd doen is mee fout te vinde….

thys kotze ·

Hy gaan seker sy eie dorp bankrot steel nie genoeg van ons gesteel nie ook wat ek geskryf het oor zimabwe laat hulle aangaan hulle grawe hulle eie grafte

zoom zoom ·

Gaan hy nie dalk ‘n VBS tak bedryf onder die skuilnaam as burgermeester van Nkandla. Dan kan almal in sy atea by hom bele en het hy dan sy vingers in die til.

Cherokee ·

Sal hy volgens wet as burgemeester kan dien vanuit ‘n tronksel?

Koos ·

Ek dink ‘n kriminele rekord is steeds ‘n voorvereiste vir ‘n ANC pos.

al ·

Gaan sommer nou. Ons rand sal binne die volgende uur sterker word!!

Jaybee ·

Zumpie zoom sommer nou weg na Nkandla toe. Dit sal die beste kers geskenk wees wat ons land ooit sal kry.

Hasie ·

Ai ou zumpie, jy “like” dit darem baie om grappe te maak.

Justice ·

Behoort te sukkel om aan die vereistes van `n statsraad te voldoen.

Joe ·

Wat ‘n groot grap …. kan nie glo wat hy alweer kwyt raak nie …. hy kan nie eers as SA se president behoorlik lei nie , nou wil hy burgemeester word !! Wonder nou net wie gaan vir hom stem om in daardie pos te bekom !! JZ …. jy & jou kriminele trawante ken net van lieg , steel & korrupsie . Wat gaan jy as burgemeester doen in daardie pos …. sekerlik die hoof ” clown” wees soos wat jy is as SA se president …. glo my , niemand van ons gaan jou sirkus by woon nie !!

GES ·

As hy gaan behoort daar ʼn openbare feesdag op die kalender by te kom.

Schalk ·

Ag asb. Mnr Z . Dit is die een keer wat ek vir jou sal stem. Gee nou almal die beste kersgekenk ooit. maak 2016 ons almal se mooiste jaar. VOOR KERSFEES 2016 asb . Toe asb.

trucker ·

Burgemeester van Tronk, Sentraal Gevangenis Pretoria?????

Theresa ·

whaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaa ha ha ha ha !!!!! hie hie hie …. ai, net gou van die vloer af opstaan en weer gaan sit!

John ·

Die enigste goeie nuus op Maroela maar moenie asem ophou nie… Die res is bedroeflik. Ons hoop nie dis ‘n voorspooksel wat in 2017 vir ons voorle nie… net slegte nuus en … die Clintons se Afrika-styl-hertroonbesetting ten spyte beroertes, alzheimer met behulp van leuens en vals persberigte… Die Demokrate wil aanhou regeer en Sirie moet val en ISIL moet die vuilwerk voortsit.

Jef ·

Wie gaan sy plek inneem as president van SA, miskien iemand nog erger as hy?

Maria Van Dieweeck ·

Liewe Kersvader, Ons volkie was meesal baie soet die jaar, so, listen carefully ons smeek eleven and twenty keer vir n nuwe president soos Amerika sn. Grooooot Seblief en Baaaaie dankie!! xoxo

maraai ·

Die dag wat Zuma bedank as prez voor 2019 gooi ek een groot party…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.