Zuma wil uitspraak oor Hanekom-twiet appelleer

Die hof het oudpres. Jacob Zuma beveel om op te dok oor die twiet waarin hy na Derek Hanekom as ‘n apartheidspioen verwys.

Oudpres. Jacob Zuma wil nou ook appelleer teen die uitspraak dat sy twiet oor oudmin. Derek Hanekom lasterlik was. Zuma se regspan het Dinsdag vir die hooggeregshof in Pietermaritzburg gesê dat dieselfde hof se uitspraak oor die twiet Zuma “muilband”. Daarom vra hulle verlof om teen die uitspraak te appelleer.

Regter Dyaya Pillay het in September beveel dat Zuma vir Hanekom moet vergoed vir die gewraakte twiet waarin hy aangevoer het dat Hanekom ʼn spioen vir die apartheidsregering was. Hy moet die twiet binne 24 uur van alle mediaplatforms, ook sy Twitter-rekening, verwyder en ʼn openbare verskoning op Twitter aan Hanekom rig. Hy moet ook Hanekom se regskoste betaal.

Zuma se regspan het Dinsdag ook ʼn aansoek om verlof tot appèl ingedien teen ʼn beslissing dat sy vervolging op aanklag van onder meer korrupsie permanent gestaak word, van die hand gewys word.

“Wat Hanekom gevra en die hof uiteindelik bevind het, is onregverdigbaar en beperk Zuma se reg op vryheid van spraak,” het Mpilo Sikhakhane, Zuma se regsverteenwoordiger, gesê.

Hy sê deur die uitspraak het die hof Zuma wesenlik gemuilband om enigiets in enige politieke debat te sê wat daarna verwys dat Hanekom ʼn agent van apartheid is. Pillay het egter gesê dié interpretasie is verkeerd en dat Zuma welkom is om die uitlating in die toekoms te maak, sou hy byvoorbeeld die stelling kan staaf met bewyse.

Die hof sal Donderdag sê of Zuma se aansoek om verlof tot appèl suksesvol was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

26 Kommentare

jongste oudste gewildste
Willehond

Wat n slymbol!!!!

chrisjan

Zumpie gaan in die howe wees tot hy sy kop (uiteindelik!) eendag neerle!Tensy hy van die gras af gemaak word vor die tyd.

Outoppie

Ek dog hy is siek

Dries Bý

Ai ou pel n ou in jou posisie vang so iets aan en dink jy kan wegkom daarmee ,en nou ?
Wys jou staal en betaal ,iemand sal help.

Kokkie

A nee a, manne. En ek glo toe nou nogal dat die wen van die WB-rugbytoernooi ons verdeelde land verenig het. En nou baklei julle oor ‘n twiet.