Zuma wil wette oor grondhervorming wysig

President Jacob Zuma en Des van Rooyen, minister van samewerkende regering en tradisionele sake by the amptelike opening van die Nasionale Huis van Tradisionele Leiers Foto: GCIS

President Jacob Zuma en Des van Rooyen, minister van samewerkende regering en tradisionele sake by the amptelike opening van die Nasionale Huis van Tradisionele Leiers Foto: GCIS

“Daar kan geen ekonomiese transformasie wees sonder grondhervorming nie en wette, insluitend die Grondwet, moet gewysig word om voorsiening te maak vir onteiening sonder vergoeding.”

Só het pres. Jacob Zuma Vrydag in sy jaarlikse toespraak aan die Huis van Tradisionele Leiers gesê.

“Die ekonomie is nie in ons hande nie. Ons is nie in beheer van ekonomiese mag nie,” het Zuma gesê. “Die sentrale element van die ekonomie is grond.”

Die president het versoek dat ʼn oudit gedoen moet word wat ʼn kaart sal saamstel van pre-koloniale grondeienaarskap, gevolg deur wetgewing wat onteiening sonder vergoeding sal toelaat.

“Ons moet eerstens ʼn pre-koloniale oudit van grondeienaarskap, -gebruik en besettingspatrone doen. Sodra die oudit afgehandel is, moet ʼn enkele wet ontwikkel word wat die kwessie van grondonteiening sonder vergoeding aanspreek. Die noodsaaklike grondwetlike wysigings sal dan onderneem word om uitvoer te gee aan die proses.”

Sy kommentaar volg dae nadat die ANC-koukus in die parlement ʼn mosie deur die Ekonomiese Vryheidsvegters, om die grondwet te wysig om grondonteiening sonder vergoeding toe te laat, ten sterkste teengestaan het.

Zuma het gesê die regering oorweeg dit om die Grondeisekommissie in ʼn Hoofstuk 9-instansie te omskep om sy mag te versterk. “Ons stel ondersoek in om moontlik die Nasionale Grondeisekommissie te omskep in ʼn Hoofstuk 9-instansie, sodat dit die nodige magte kan hê om ons te help om die geskiedkundige ongeregtigheid om te keer. Dit sal ook ʼn wysiging aan die Grondwet benodig.”

Lees Zuma se volledige toespraak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

67 Kommentare

pieter ·

Hulle kan nie eers die land regeer nie hoe wil hulle boer. IESH

wener ·

Hul wil nie boer nie! Hul wil net die grond he. Hul verstaan niks van die kos op die winkel rakke kom eintlik af die plaas nie!

chrisp ·

Skakel vir FW,Roelf en Leon dit is nou tyd vir hul wigte en teenwigte. Hulle het mos nie gelieg nie of het hulle?

Cherokee ·

Skerp(!) Chrisp. iemand wat weet dat die lys van ‘verraaiers’ se name verder strek as FW. Ek sou ook graag Pik Botha se naam wou sien in jou skrywe maar dan kan ons Ferdi Hartzenbergh insleep en uitbrei deur ieder en elk wat nòu DA stem. Intussen, dankie dat jy wyer kyk as die gemiddelde deelnemer.

Rynhardt ·

Donderdagaand op SABC 2 het Cosatu gese:”Grondonteiening moet plaasvind sonder vergoeding, want wittes het grond gesteel!”Jesse Duarte van Anc het geze:Grondonteiening gaan voort”.Die eienste Duarte het verlede jaar voor Kersfees ook gese:”Nobody would stand in the way of our revolution!”Daar het jy dit, Vryheidsmanifes word nou met mening uitgeleef vir SA!Vanaand op SABC2 nuus se die oud nat, Sheila Camerer:”Ons het n wonderlike grondwet”.Werklik? Dit is nou die grondwet wat ons vir 23jaar bwroof van n toekoms en nog verder gaan ontneem van grond! Van watter planeet kom hierdie oud natte?? Afrikaners julle betree rewolusie-fase nou!

Gerald ·

Die rede hoekom hy dit so voorstaan is omdat hy nie die getalle sal kan lees nie.
Die media moet ophou om hom President te noem hy is nie die benaming werd nie.

Johannes van Staden ·

As jy iets vat wat nie aan jou behoort nie is dit mos steel …mos my plaas gekoop met geld wat ek voor gewerk het….nou wil hy dit net vat en wat maak ? Kyk na zim dis die antwoord …ja dis n gemors ! Hy is gewoond aan vat waarvoor hy nie gewerk het nie …kyk hoe word alles besteel en hoe byna niks meer werk nie . Die Rand gaan val na ongekende vlakke en die wiele gaan dan EERS vasdraai !

John ·

Die Zoeloes moet weet hulle sal binne die grense van Zoeloeland moet bly. Geen wynplase, wildplase of mielielande in die Wes-Transvaal nie. Die nasate van die trekkerboere wat betaal het vir hul grond in Natal moet naderstaan. Daai beeste moet uitgelewer word… en hul nakomelinge. Dit behoort ‘n hele paar troppe te beloop teen hierdie tyd. Die Vrystaat was vry van swart mense, met ‘n klompie rondtrekkende San soos aangedui deur die destydse goewerneur Grey na ondersoeke en getuienis. Die Koisan het hul gebied verruil vir ‘n gebied aan die kus. Dus geen plase daar nie. Lesotho staan. Die Kaapprovinsie was sonder swart werkers tot laat in die twintigste eeu. Na 1994 het ‘n spul, waaronder Zimbabwe-werkers, afgetrek. Gekleurdes het in die Kaapstadse omgewing gewoon. Nie die platteland nie. Daardie dele is toegeken aan boere uit Frankryk wat wynplase begin het. Dit is wit mense se grond en opgeteken. Diegene wat dit vat, steel. Die Transvaal was grootliks onbewoon met swartes in die noorde langs die Limpop-rivier. Die gebiede buiten die’ wat reeds deur Brittanje jare tevore geannekseer is soos Lesotho, Transkei, Siskei, Swaziland ea, is reeds in swart hande. Wat beteken dat leuens nou verkoop sal moet word en grond gesteel word en alles daarop. Diegene wat plase steel, erf ook al die skuld. Gaan die skelmstreke deur die howe goedgekeur word? En bowe alles die Hemelvader se seen wegdra?

Annie ·

Zuma die is vir jou ons het n God bo ons jy is nie n God nie

conrad ·

JA! Ons weet Wie is ons Vader! En wie is joune zuma!
Wie laaste lag lag die lekkerste!

PJ ·

Kom nou de klerk en kie dai wigte en teenwigte raak nou rerig dringend kom nou

ian ·

Mense moenie worry nie ,die Wigte en Teenwigte sal inskop,,,,,,De Klerk en KIE het mos belowe…..glo julle dan nie!!!!!!!!!LOL DeKlerk en Kie is veronderstel om eerste hulle eiendom oor te dra…….

joe1975 ·

Ons pad is uitgestippel en gaan terug na Siener van Rensburg se professië. Volgens Siener is daar 21 jaar se smeltkroes waarna daar sewe jaar sal kom van aanvalle teen die afrikaner volk. Die sogenaamde grondwet beteken absoluut niks as jy en jou familie aangeval en verkrag en vermoor word nie. ons lewe in hierdie droom wereld dat alles sal regkom. word wakker mense en aanvaar dit gaan net vererger. Ons kan net met gehoorsaamheid aan ons Vader deur hierdie beproewing kom.

snoefie ·

is die aanvalle, verkragting en moord nie ook maar wat hulle destydset die britse setlaarz in die suurvelde gedoen het nie. hulle woord beteken vir hulle niks want niemand hou hulle meer daarby nie. daar is soveel pkase en landbouplotte te koop. wat verhoed hulle om “land te koop?” net suiwer hebsug. wie koop as NY kan vat!

Blom ·

Net God kan ons red…. ons almal.. wit en gekleurd is in lewensgevaar…. Mag God ons genadig wees….

johan ·

Eugene Terreblanche het dit so raak beskryf “hierdie droewige en Godverlate land”

Henry ·

NP van Wyk Louw se eerste strofe van ‘n gedig in 1938 vir die eeufeesviering van die Groot Trek:

‘O wye en droewe land alleen…’

Oorlede ET het graag sy gehoor met Afrikaanse gedigte bekoor.

Adam Boshoff ·

Ek weet nie of dit gaan werk Erens gaan iemand sê genoeg is genoeg en hul self verdedig en wat dan Bloed gaan vloei in die land Die regering het nie nou verniet n ses maande amnestie vir inhandiging van vuurwapens goed gekeur nie

mense ·

Al wat ek kan se is mense word wakker die is net die begin Geen boere geen kos !!! Maar boere gaan nie opgee net nie

Lou ·

Elke dag sê ons: “tot hiertoe en nie verder nie”, maar dan vra iemand “wat moet ons doen?”. Die geleentheid is NOU daar. Ondersteun asb vir Angus Buchan en sy dag van gebed. Dit spreek al hierdie dinge aan wat ons so vernietig in ons eie land. En ons weet daar is nie ‘n ander oplossing as ons drie-enige God nie. Kom almal staan nou saam vir eens en vir altyd.

hester buys ·

Zuma! Ek noem jou nie President nie, en met rede! As dit nou is hoe dinge gaan werk, mag ons seker ook aandring op wat ons sn is? Ons eis dat die staat alle belasting wat sedert 1994 van blanke Suid-Afrikaners verhaal is, onmiddellik aan hulle terugbetaal word. Aangesien julle in die historiese tydperk vasgeval het, val ons nou by julle manier van doen in. Ons trek geensins voordeel uit ons belasting wat in julle staatskas beland nie, ons betaal ten duurste vir onderwys, medies, selfbeveiliging in ons eie huise waarvoor hard gewerk word en ook vir julle beveiliging. Gee ons belasting terug, en ons sal ons eie staat skep waar die geld baie beter gebruik kan word. Dan moet die blank-beheerde maatskappye maar ook vir julle aan jul eie lot oorlaat. Ek heb gezegd! (Met komplimente van my voorvaders)!

JoeV ·

Mens moet probeer vastel waarom die regering nie na ander Afrika lande kyk om te sien waarheen hulle stuur nie. Die volgers dink die hele tyd dat as almal ewe veel het dat almal ryk gaan wees, hoe gemaak om hulle die waarheid te leer??
Rusland sou kon help, hulle is pas deur gevaalde kommunisme, maar blyk nog steeds agter dieselfde minirale aan te wees met die bRiks. Dink net hulle begin weer wapens uitdeel, die keer hier tussen die publiek!!

Alida ·

Wat weet daardie sangomas van landsake af. Prez het darem st 3 maar hulle het nìe eers gr RR nie.

Johan. H. ·

MAAR DAN SKULD ONS HULLE MOS 70 000 as die somme dan nou reg is , Fw , Roelf se iets ons is die ene ore,,

Pdv ·

Hierdie President van die ANC is nie van plan om die grond vir die swart bevolking te gee nie. Hy is van plan om dit aan die elite van die ANC en sy Indier vriende uit te deel om so doende sy vryheid en sy volgende termyn te probeer koop. Hy stel dit duidelik dat daar nie ekonomiese groei kan wees sonder grond nie. So hy weet dat hulle nie kan boer nie. Dus lyk dit of die plan is om die grond aan jou as boer weer te verhuur sodat daar ekonomiese groei vir hom en die elite aan wie hy die grond gaan uit deel. President Zuma when your term is over this country’s people are going to want the money back for Nkandla. I hope you know that. The days of corruption is now almost over. I fore see lots of trouble. Especialy when this nation realises how many of your family owns mines and are involved in big business. Who are receiving government kick backs for employing black South Africans.I would also most deffenitely try to get as many influential people as posible behind me if I was in such a position. Up your popularity as soon as posible. Because trouble is a head.

Lewies ·

“Erfgoed is swerfgoed” dit is waarmee ons hier te doen het. So het mammon nog altyd sy wurg greep op die mensdom gehad.

Allet ·

En hier kom dit nou….. Hy moet iets doen om die kiesers weer vir die ANC te laat stem.

Paul ·

Die sentrale element van die ekonomie is definitief nie grond nie. Die sentrale element is nie eens die boere wat op die grond boer se boerderyvernuf nie.
Mens moet tot voor 1900 teruggaan om ‘n tydperk in SA se geskiedenis te kry waar die sentrale element van die ekonomie grond/boerdery was.

Sarie ·

Vertel dit vir iemand wat in die denke van die Steentydperk vas geval het.

N Lourens Reitz ·

Jy kan nie meer hier praat van ñ regering nie.Departemente weerspreek mekaar met verwaring.Onkunde en die dwaasheid van die uur is nou aan die woord.Zuma moet nou lewer hy is benoud vir dit wat voorlê.Piet Croucamp Theo Venter en Pierre de Vos glo nog in hierdie grondwet wat glo alles kan beskerm.Johan ek hou van jou aanhaling oor Eugene Terreblanche dit is presies wat hy gesê het!!

johan3 ·

Joe 1975 ek is so bly dat iemand anders ook Siener se wysheid gelees het. Dit val alles in soos n legkaart. Hier en oorsee. Ons gaan gelukkig wees dat die Duitsers teen die eindevir ons gaan help.Hulle moet ook nog eers n pad loop voordat ons en hulle hande gaan vat. Intusseb moet ons onsself beveilig en glo in God wat ons sal help.

Peanut ·

Ja hulle streef om so ekonomies welvarend te wees soos zimbabwe. Ons moenie glo in die publieke verdeeldheid tussen die anc en die eff agter die skerms is daar groot same werking. Die eff is niks anders as umkontowizizwe nie

Johan Venter ·

Gaan lees gerus “Wedergebore van ‘n Boere Volk” deur Siener van Rensburg. Die revolusie is nou en dit is onvermydelik.

Piet Marais ·

Feit: Ek ken nie een boer in SA wat OOIT Zim styl sy land sal oorgee nie. Zim was 100 000 blankes = geen kans vir verset…

Ek wil nie oorlog he en staan dit defnitief nie voor nie, maar hierdie gaan net bloed op Zuma se hande wees vir sy gebrek aan insig…

Westerse wereld het baie simpatie met boere in Zim, kyk maar na sankies teen Mugabe. Vat net een boere leier om verdrag met US te sluit vir mineraal regte (ipv Chinese) na oorlog en oornag sit jy my reuse steun.

Ons mense soek nie oorlog maar Zuma en Malema druk ons in daardie rigting… Ek bid, Glo en hoop met God se hand sal ons egter nooit op daardie punt kom nie.

Hasie ·

Alle regeringsleiers, vorige regering en ook huidige regering, almal is korrup.

Andrea ·

Nostradamus het ook van hom as verraaier gepraat. Skandelik! Ek sou graag meer info, wat nie algemeen bekend is, oor arme Marike se moord wou gehad het.

Jaco ·

Nou hoe gemaak as die plase dan nog aan die banke behoort?? Ek weet nie of die banke hul biljoene in bates so gaan afstaan nie? Dink dis tyd dat alle grond eienaars n tweede verband moet uitneem….gaan moeiliker wees om n plaas te vat onder skuld as n plaas wat klaar afbetaal is. Of hoe?

ada ·

Andrea ek het die boeke by ons plaaslike bib gekry maar jy kan ook die internet probeer en dit so bestel. Ons gaan nie n oorlog vryspring nie. Dis verseker.

Piet Boer ·

Ek gaan my teësit! Ek weet nie wat die gevolge gaan wees nie, maar dit sal nie aangenaam wees nie. Ek kan nie Frankryk of Nederland toe vlug nie. Ek is hiér gebore en sal hier my bestaan afdwing! Ek is ook nou al keelvol om te hoor ek hoort nie hier nie, my mense word soos vlieë uitgemoor en word daarvan beskuldig dat ons die grond gevat het!
Nou wil hulle ‘n ‘land oudit’ doen. Dié volke is die enigste in die wêreld wat nie hul eie skrif gehad het nie, so hulle kon niks neerskryf nie; het nie geweet dat daar so iets was nie.
Die staat sit met etlike miljoene hektare grond wat hulle kan uitdeel aan die armes. Wanneer dit ten volle benut en geboer word sal ons slegs ‘n uitvoerland wees.
Die regering moet die boodskap kry! Ek gaan dit nié sittende vat nie!

pietie ·

Dit is strategies belangrik dat die DA die volgende verkiesing wen, of ons nou van hulle hou of nie.

AL ·

Stem saam met jou. Die DA weet hoe om die land voorspoedig te maak. Meer breinselle as die meeste politieke partye!

kerneels ·

Ek lag my n papie as de klerk se plasie gevat word!!Wat jy saai sal jy maai!

jupitor ·

Ek weet nie wat maak De Klerk en Roelf nog in SA nie. Hulle het die land weg ge “negotiate”. Wat maak hulle nog hier?

Eugene ·

President Ninja Thurtle Zuma soek seker baie grond om Nkandlas te bou vir al sy kinders en klein kinders.

Jan ·

Ek sien dat daar nou oproep gemaak word dat die Swart bevolking nou moet saamstaan…teen wat? Ag maar natuurlik teen die anderskleuriges (wat blankes insluit). Nou sê ek vir julle dwarstrekkers en ‘so called gematigdes’ te midde van ons: haal jou preutse hoedjie af, begin om die koffie te ruik, begin trots word op jou herkoms en kultuur, en begin SAAM STAAN! Jou mede Afrikaners het jou nou meer as ooit nodig. Jou kinders en klein kinders verwag dit van jou! Staan op, Afrikaaner nasietjie. Julle het nou genoeg geslaap! Staan op teen diktatuur, rassisme en korrupsie! Veg vir ‘n beter toekoms!

André ·

Wanneer gaan die DA en ander politieke partye in die parlement vra wanneer die ANC sy nasionale grondbesit aan behoeftige Swartes gaan weggee. Dit beslaan 21℅ van die oppervlakte van RSA. VF+ wanneer gaan jul die kaart, wat wél bestaan, van watter volke in die RSA in 1652 ons land bewoon het in die parlement bespreek.Alle plaaseienaars moet GROOT 2de VERBANDE op hul plase uitneem.
STERKTE

Jef ·

Jan wat jy se is wat al ons Afrikaners wil he maar ons voer dit nie uit nie en hoekom nie?
Vandag se Afrikaner lewe in angs en ons stem word nie gehoor deur regering en buiteland nie en ons staan volkome magteloos terwyl die slagting onder ons mense voort duur.
Ons is moeg gestry en ons voel en ondervind dat die res van die wereld ons vergeet het en die verdeeldheid onder ons mense is groot en deur dit alles kan ons onmoontlik saam staan.
Die ANC en EFF mense staan saam en hulle het alles tot hul beskikking van geld tot mense en nie te vergeet die hele SA militere eenheid dus wapens in oorvloed.
Veg vir n beter toekoms ja alles goed en wel maar met wat? Ons vertroude kettie in ons agtersak?

Vrou soek nie 'n boer nie ·

Daar is skielik baie Noordwes boere op die dating sites wat (ryk) vroue soek… soek seker blyplek. ?

gerrie ·

Ek verstaan nie hoekom die ANC land wil he nie? Kan iemand dit vir my verduidelik? As die land nou aan die ANC behoort wat dan? Wat gaan anders wees? Gaan hulle die menigte ANC lede elkeen n stuk grond verniet gee of gaan hulle grond gee met n huis en toerusting om grond te verwerk verniet? NEE DIT GAAN ALLES OOR POLITIEK…..EK KAN NIE GLO DIE MEERDERHEID VAN SA GLO DIE WEGNEEM VAN GROND KAN HULLE BEVOORDEEL NIE!!WAT DINK HULLE GAAN ANDERS WEES
EK MEEN DIE ANC IS MOS NOU AAN BEWIND EN DAAR IS MOS NOU BAIE GROND BESKIKBAAR….SO WAT IS DIE PROBLEEM??????? STEMME VAN MENSE WAT DINK HULLE GAAN VOORDEEL TREK UIT IETS WAT NIEMAND EERS WEET WAT DIT IS NIE!!

kemp ·

Hulle gaan in die opstal bly en alles gebruik vir vuurmaakhout in die middel van die sitkamer en verder niks doen nie. Dan gaan hulle begin agterkom daar is nie kos nie en die boere sonder plase blameer. Die boere kan dalk in n ander Afrika land gaan boer en dan die regering die kos by daardie boere ten duurste moet aankoop. Dit is een senario. Die ander opsie is almal kom Kaap toe en maak die Weskaap onafhanklik van die res v d land. Die derde opsie is wat Siener gese het. Burgeroorlog en ons stap as oorwinnaars weg deur ons Geloof.

John ·

Dit is heel moontlik dat Afrika se swart mense eintlik afstam van die Australiese Aboriginees en met skepe van Sjina, Indie en die eilande mettertyd na Afrika en elders versprei het. Bloedvermenging het gesorg vir die vele variante in voorkoms. Dias se dagboeke en VOC-dokumente bevat waardevolle inligting. Slinkse en lui skeepslui is dikwels aan wal afgegooi met ‘n skaap of twee wanneer aangedoen word vir water. Die Egiptenare, San en miniatuur Pigmee’s, in die woude, is moontlik die enigste bekende aanspraakmakers en die onbekende wit ras wat volgens argeologiese opgrawings in die oertyd in Afrika gewoon het. Swart Afrika mag dalk ‘n verrassing kry.

vermeende ·

Ek lees al die kommintaar bo en dit is verstomend hoe blind ons mense is.

Hierdie uitlating van Zuma is die bewys dat Malema die waters kom toets het en die weg kom baan het vir grondonteining sonder vergoeding.
Baie van die lesers voel nou gemaklik omdat die DA dit mos nie sal toeaat nie. Nuusflits mense, as die ANC en die EFF hulle stemme in een mantjie gooi dan het Zuma die 2/3 meerderheid om die grondwet te verander.

Hierdie oudit, sluit dit net landbou grond in of ook jou prag huis in Sandton. Geen eiendom sal oor die hoof gesien word nie, want jou huis lideralis is volgen Zuma en Malema eintlik jou bediende se historiese erfporsie!

Kan al die blinde liberaliste onder ons volk nie maar saam de klerk daar by Tata Madiba gaan woon nie.

Quixilver ·

SA4C South Africa for change. gaan kyk daarna op facebook en julle sal verbaas wees. ondersteun dit en share, word deel en ondersteun. daar is ons oorwinning.

Estelle ·

Die grond wat die staat kamptig koop word geregistreer onder die ANC.Daardie boere kry nooit kaart en transport vir hul grond nie!op die ou einde behoort dit alles aan die ANC.Ons moet wakker word en die saak verder vat.

Andre ·

Sal ons dan ook die grond sout soos in Zim destyds? Aangesien julle die grond soek, sal ons dan afbreek wat ons daarop gebou het want dit is nie joune nie! Ek sal my huis afbrand as julle dink my grond hoort aan julle! Julle gaan net met jul BMW daar stop en ‘n sink huis op slaan in elk geval! Man, as MM darm sou toelaat dat taal vrylik vloei sou julle presies weet wat het ek vir die sogenaamde presedent en sy makkers te se!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.