Die presidensie het Dinsdag in ʼn verklaring gesê hy het navrae ontvang oor ʼn uitlating op sosiale media deur ʼn vorige ANC-LP, me. Vytjie Mentor.
“President Jacob Zuma onthou glad nie me. Mentor nie,” het Bongani Majola, woordvoerder van die presidensie, in ʼn verklaring gesê. “Hy kan dus nie kommentaar lewer oor enige beweerde voorval in haar loopbaan nie.”
Maroela Media het vroeër berig Mentor, voormalige voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor openbare werke, het onthul dat die Gupta-gesin glo vir haar ook ʼn pos as minister aangebied het.
Mentor het op Facebook gesê sy is na die Gupta-familie se herehuis in Saxonwold in Johannesburg ontbied in die tyd toe Barbara Hogan as minister gepos is.
Hierdie onthulling kom te midde van gerugte dat die Gupta-gesin ook Mcebisi Jonas, die adjunkminister van finansies, einde verlede jaar na hul huis in Johannesburg laat kom het en hom die pos as minister van finansies aangebied het. Dit het glo gebeur voordat Zuma Nhlanhla Nene in Desember in die pad gesteek het. Volgens die gerugte het Jonas egter die pos van die hand gewys, waarna David van Rooyen aangestel is.
Pravin Gordhan, wat na Van Rooyen aangestel is, het Maandag tydens ʼn mediakonferensie in Johannesburg ontken hy weet enigiets van die beweerde vergadering en gesê hy is nog nooit genooi om die Gupta-familie te ontmoet nie.
Lees alle vorige berigte oor die Guptas op Maroela Media.
Ja want die baas vertel nie alles vir sy knegte nie.
Dis die groot probleem ZUMA onthou niks/ weet niks/ doen niks/ vat geen verantwoordelikheid
Ja, maar om iets te kan onthou moet jy darem verstand ook he. Ek gaan my besonderhede ook vir die Guptas gee. Wie weet dalk kry ek ook n pos.
Selektiewe geheue verlies
Sjoe maar ek is g**vol vir die Guptas.
WIE regeer hierdie klugspul, beslis nie die No. 1 nie??
Zumtas want hulle klap die vingers en almal spring – ek dink eerder hulle weet presies watter kant hulle brood gebotter is
Hel, klink dit nie baie soos ou Bill Clinton tydens die Monica Levinsky debakel nie?
“I have no recollection of …..”
En almal het toe , soos nou, geweet hulle lieg.
Its pay back time, hul soek net hul pond vleis
Met so n gebrekkige geheu kan jy beslis nie land regeer nie.
Snaaks, Zuma onthou alles van Jan van Riebeeck, maar nie van Vytjie nie? Sy wou seker nie met hom trou nie.
ZUMA MOET VAL!
Hierdie man is skaamteloos, hy het nie gereken dat mense hul rue op hom gaan draai nie. Hy het hierdie land meer skade gedoen as wat ons besef in Sy tyd, dit gaan jare vat om reg te maak Wat hy opgeneuk het. Wat my stom slaan, is dat hy skaamteloos oor al Sy gemors is, hy het geen trots nie, baie bekommered oor Sy reputasie en GELD.
Selektiewe geheue!
Genade Vytjie kan dan nie eens behoorlik praat nie! Daardie “slang” is genoeg om te wonder waarmee die Guptas besig is!
Zuma is besig om ons land onberekenbare skade aan te doen. Ek hoop van harte dat die “leiers” nou van hom sal ontslae raak. Regtig, dis nou nie meer snaaaks nie.
Ek stem jaag hom weg !! Hy rig net meer en meer skade aan.
Lyk my die prez het ‘n Turksvytjie – Vytjie Mentor!
Ai-jai-jai-jai. Gaan terug skool toe Vytjie, of gaan vra jou skoolfonds terug. Leer eers spel en kom dan terug met jou versoek hoor?