#ZumaMustFall: ‘Optog net die begin’

Foto: www.gettyimages.com

Foto: www.gettyimages.com

Die organiseerders van die #ZumaMustFall-optogte het gesê dit was net die eerste treë tot verandering.

“Ons mikpunt is om ʼn president te hê wat met eer en integriteit regeer,” het Marian Geddes, lid van die uitvoerende komitee van dié beweging, gesê.

Duisende Suid-Afrikaners het Woensdag op Versoeningsdag aan optogte in van die groot stede deelgeneem. Die optoggangers het geëis dat pres. Jacob Zuma moet bedank, dit ná die fiasko met die ministers van finansies. Dié fiasko word gesien as die laaste druppel in die emmer wat mense laat opruk het.

“Daar het omtrent 6 000 mense aan die optog in Kaapstad deelgeneem, terwyl Johannesburg en Pretoria onderskeidelik 5 000 optoggangers elk gehad het,” het Geddes gesê.

Volgens Geddes laat Suid-Afrika se tekort aan ekonomiese groei en politieke onstabiliteit beleggers vertroue in die land verloor. Geddes het gesê die enigste manier hoe markte regtig kan herstel is “as daar ʼn leierskapverandering in die land is”.

Geddes het gesê Suid-Afrika het ʼn keerpunt bereik en dat Suid-Afrikaners gereed is om verandering te sien gebeur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Martin ·

Daar kom die oplossing uit ‘n heel ander oord uit. Ek begin dink die ou en ‘n paar van sy kamerade het probleme.

PJ ·

Asseblief ons moenie hierdie veldtog tot niet laat gaan Saamstaan

Hennie ·

Kom ons bid almal saam dat God vir Zuma uit sy posisie haal. Gebed bring God se hand in beweging.

Junie- teh ·

Sal darem wonderlik wees as Silkaats teen Dingaan opstaan en die’ mag verdeel raak . Mooi so vir hulle wat dit beplan .

Loeis ·

Daai ou het ‘n ANC keps op. Dit lyk of Zuma sy party verdeel. Dis nie net sleg dat hy nog daar is nie. Mens wens daar breek nog ‘n COPE weg. Een wat met opposisie partye saamwerk en wat wel in die verkiesings cope.

Thuunda ·

Zoomer is net die een wat gestalte gee van wat die kiesers in SA wil, net soos Malema ook is.

Die probleem is baie groter as net Zoomer en sy val sal heel moontlik iemand soos Malema net sterker na vore skuif.

Die land is in sy peetjie, al lankal.

Afrikaners moet nou saamstaan en ons eie toekoms uitkerf…die geleentheid gaan binnekort kom wanneer die staat heeltemal beheer gaan verloor wanneer hulle geldjies opraak.

Belegging ·

Die wat die tipe ding borg deel nie hemde uit nie swaer , hulle , nes Z word alreeds geborg . Since before ninety four ,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.