#ZumaMustFall: Verset neem toe

Pres. Zuma. Foto: Flickr/GovernmentZA

Pres. Zuma. Foto: Flickr/GovernmentZA

Die hutsmerk #ZumaMustFall het dié week vinnig momentum gekry, maar is volgens ʼn politieke ontleder nie noodwendig tekenend van wat in volgende jaar se plaaslike verkiesings verwag kan word nie.

#ZumaMustFall was vinnig die gewildste onderwerp op Twitter nadat pres. Jacob Zuma Woensdag laat aangekondig het dat hy Nhlanhla Nene, minister van finansies, in die pad gesteek het. Volgens die mediamoniteringsmaatskappy ROi Africa het die hutsmerk #ZumaMustFall vinnig meer twiets gekry as die Oscar Pistorius-hofsaak wat vroeër die week die gewildste onderwerp op sosiale media was.

Volgens prof. Dirk Kotzé, ʼn politieke ontleder aan Unisa, is #ZumaMustFall ʼn goeie aanduiding van ʼn klein persentasie van die openbare mening. “Sosiale media in Suid-Afrika is nog baie klein en dit is nie die meerderheid van die bevolking wat deelneem nie. Dit is hoofsaaklik in stedelike gebiede en hoofsaaklik jong mense.”

Op Facebook is daar intussen verskeie bladsye geskep vir vreedsame optogte rakende #ZumaMustFall. Verskeie van die groepe het vinnig van Facebook verdwyn terwyl meer as 10 000 mense op die groep #ZUMAMUSTFALLMARCH reeds aangedui het dat hulle op 1 Februarie aan ʼn optog gaan deelneem.

Volgens Kotzé is die verset op sosiale media teen Zuma definitief iets wat die ANC in ag sal neem aangesien jong mense veronderstel is om ʼn belangrike teikengroep vir die party te wees. “Die #FeesMustFall-beweging op sosiale media het effektief gewerk en hierdie is duidelik ʼn verlenging daarvan. Dit is ʼn nuwe ontwikkeling in die Suid-Afrikaanse politiek. Die sukses van die studente het die grondslag gelê om dit vir dié soort doeleindes te gebruik.”

Daar is intussen ook twee petisies begin vir die verwydering van Zuma uit sy amp. Die petisie op avaaz.org is Vrydag teen 10:30 reeds deur 278 mense onderteken terwyl die petisie op change.org teen dieselfde tyd reeds deur meer as 42 000 mense onderteken is.

Kotzé meen die verwydering van Nene het dié reaksie tot gevolg gehad aangesien burgers die Suid-Afrikaanse ekonomie sien as een van die bepalende faktore oor of die land en die huidige regering sukses behaal of misluk. “Dit was ʼn skuif waarop die publiek nie voorbereid was nie. Dit het uit die bloute gekom en dit het gelyk of dit teen Nene as persoon en sy optrede gemik is. Nene het in die openbaar gesê hy wil staatsuitgawes beperk. Dan was daar ook die SAL-kwessie en die Russiese ooreenkoms. En dit lyk dan of die besluit in persoonlike en nie openbare belang geneem is nie.”

Volgens Kotzé is die verset teen Zuma egter nie tekenend van wat in volgende jaar se munisipale verkiesings verwag kan word nie. “Daar word verskillende aanduiders gebruik in verkiesings. Dit sal byvoorbeeld volgende jaar die eerste keer wees dat die EFF deelneem en dit is nie duidelik hoe goed hulle op plaaslike vlak gaan vaar nie. Ander faktore is die ANC en Cosatu se ledetalle wat afgeneem het en verdeeldheid in die ANC in KwaZulu-Natal, die party se sterkste provinsie.”

Kotzé het gesê daar is ook verskillende kwessies in die onderskeie provinsies, soos e-tol en Nkandla wat ʼn groot rol speel in Gauteng terwyl die mynboukrisis moontlik ʼn groot invloed in Noordwes sal hê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

alida ·

Dit is jammer dat dit die bevolking so lank geneem het om agter te kom dat die land onder Zuma besig is om inmekaar te tuimel !! Dit is bietjie laat ons is klaar ons peetjie in.

Peet Schabort ·

Alida, ek glo nie die bevolking weet mooi wat aangaan. Indien jy arm is en jy word daar gehou met allerhande beloftes dan weet jy nie van beter. Jy het niks gehad en het dus niks om te verloor. Daarom sal dit verdere ondergang verg voor daar wakker geskrik sal word. Kommunisme is en bly ‘n vloek van ‘n ding.

Flip ·

En dan se die speaker net … “Order order….that’s not a point of order” En op hierdie manier word alles onder die ANC se mat ingevee. Daardie mat staan al soos n miershoop. Die vullis begin mooi deursypel.

Gerhardt ·

Ja wel, teen R16/$ vandag moet iets val, hopelik kom die pyn vinnig en skerp en kan Zuma uitgeskop word. Hoekom is ek gebore in Afrika?

Reinhardt ·

Ek vra myself daai vraag elkedag Gerhardt. Ongelukkig het ek baie lief geraak vir hierdie donker vasteland en ek sien myself nie op n ander plek nie. Soos FPK sê: Afrika die vampier, beeldskone ondier.

Rynhardt ·

Die slagspreuk moet lui:#Zuma and Anc must fall! Die meerderheid weet nie hoe die ekonomie werk nie.SA het geen ekonomiese raamwerk onder Anc nie, terwyl liberale ekonome versuim om dit uit te spel.Zuma en Anc voel vere vir ekonomie daarom die aanstel van n onbekwame minister van finansies,wat nie eens n goeie burgermeester was nie.Verder het jou inrternasionale skuldkrisis verdiep en die borrel kan nie meer heel gehou word nie.Daarvan is Zuma se “wonderkind” nie eens van bewus nie.Zuma kan in n goue pak verskyn en alle mooi beloftes uitdink, hy en Anc het liederlik misluk! Volgende jaar gaan die rand maklik ver oor die R18 verhandel teenoor dollar.Hy staan reeds op R15,69.Volgende jaar gaan werkloosheid en stygende voedselpryse toeneem.Zuma skep al klaar die fondament vir n onstabiele SA! Nou kan De Klerk en sy maatjies sien in watter halglike situsie SA en sy mense mee sit.Die hele politieke stelsel is een groot gemorsery nes die ekonomie.

Francois le Cochon ·

Ongelukkig weet nommer een (wat ‘n nommer twee is) nie die verskil tussen 278 en 42 000 nie.
Ek dink ook nie hy verstaan die Rand / Dollar waarde nie.

Loeis ·

‘n Paar gedagtes.
1) Dirk Kotze is reg dat opinies op sosiale media nie verteenwoordigend van die bevolking is nie. Mens moet dus nie te vinnig aflei dat hierdie ‘n algemene tendens is nie.
2 ) Helen Zille het in Kaapstad gese dat dinge eers swakker moet gaan sodat mense kan besef hulle moet anders stem. Wat sy nie se nie is dat Zuma die ANC ongewild maak. Wanneer Zuma dan uittree, tel die ANC se steun weer eenvoudig op en word ‘n ander party nie ingestem nie.
3) Volgende jaar se verkiesing is, soos die artikel uitwys, ‘n munispale verkiesing en die party wat ‘n wyk wen, het daardie setel. Kleiner partye (en dis almal wie nie ANC is nie) word hierdeur benadeel as mens dit met ‘n suiwer proporsionele stelsel vergelyk waar selfs ‘n klein persentasie stemme ‘n klein persentasie setels gee. Opposisie partye steun nogal op die proporsionele setels wat daar wel in ‘n raad beskikbaar is.
4) Weet die algemene bevolking regtig wat Zuma en die nuwe minister aan die Rand doen?

In kort, mens kan hoop maar moenie te veel hoop op vinnige verandering plaas nie.

Pieter ·

Jy is mees waarskynlik reg. Die DA mag dalk nog die Wes-Kaap hou en Gauteng en Nelson Mandela Metro eendag wen, maar om te dink dat die ANC nasionaal gaan val is ‘n pypdroom. Ek stel voor mense maak vrede daarmee en beweeg aan met hul lewens of alternatiewelik oorweeg emigrasie.

anna ·

hy lei idiote op om groter idiote te word. kry die idioot uit sy pos uit.hy is n bobaas idioot.

ferdi ·

Daar is 2 tipes mense,die ingeligte en ongeligte persoon.dit is tyd dat die oningeligte ingelig word.

Johann ·

Vriende ons het nie nou verloor nie, ons het verloor met die harde JA STEM wat die mederheid rugstekers in ons midde uit gebring het

Genis ·

Hier kom nog groot sirkuskapperjolle. Ek dink BRICS beplan om hulle eie geldeenheid te implementeer. Gaddafi het ook sulke aspirasies gehad met die goue Dinar en kyk wat het met hom gebeur.

Gerhardt ·

Wel daai geldeenheid is amper verseker om te heet: “Juan” aka “Renmimbi”.

PJ ·

Netso Johan maar ons moet net geduldig wees de klerk en kie net besig om dai wigte en teenwigte toe te pas!

Jan maak n Plan ·

Ek stem saam met Johann en PJ – net jammer al die Ja stemmers is nou almal dood, maar dit daar gelaat. Volgende jaar is dit weer n verkieings jaar. In 1994 se verkiesing, het n mens ure lank in n tou gestaan voor jy kon stem. Tydens die laaste verkiesing, is ek in en uit binne 10 minute, want die meeste mense het nie gaan stem nie, veral swart mense. Die lekker hiraan vir die ANC is, soos onse slim oom Ronnie Kassrells gese het om nie te gaan stem nie en nie eens raas gekry het daaroor nie, dat daar geen party is vir nie stemmers nie. Die meerderheids party loop dan met daar die setels ook weg. Die volk sal maar moet gaan stem volgende jaar of maar tevrede wees met die ANC as hulle baas vir nog n paar jaar. Solidariteit sal hopelik n veldtog aan die gang sit om kiesers op te lei en in te lig hieroor. Maar een ding is so seker soos die son more oggend sal opkom in die ooste JUMA MUST FALL and FALL QUICKLY.

Jan maak n Plan ·

Ek stem saam met Johann en PJ, maar ongelukkig is al die JA stemmers nou dood. In 1994 moes n mens ure in n ry wag voordat jy kon stem. In die laaste verkiesing is ek in en uit binne 10 minute, want die mense het nie kom stem nie, veral nie die swart mense. Die lekker hieraan vir die ANC is, en onse slim oom Ronnie Kasrils het mos gese dat die mense nie moet gaan stem nie en ook nie eens raas gekry daar oor nie – ek wonder nog steeds hoekom nie, is dat daar nog nie n party is vir weg bly stemmers nie. Dus kry die party wat algeheel wen nog daardie stemme ook. So indien jy nie die ANC vir nog n paar jaar as jou baas wil he nie gaan stem volgende jaar asb. Ek hoop regtig Solidariteit bring so n veldtog op die been om kiesers weer by die stembus te kry, want eending is so seker soos die son more in die ooste gaan opkom en dit is – ZUMA MUST FALL and FALL QUICKLY and HARD.

Johann Marx ·

Hierdie nar en sy streke het sopas veroorsaak dat ek nie meer kan aftree nie? En steeds eien hy homself die “reg” toe om elke maand ‘n hoop van my hard verdiende inkomste te gryp….en daarmee te maak wat hy wil? Dis nie langer aanvaarbaar nie…

HEVW ·

Reg Johan. Ek sien z selfs in n meer positiewe lig as fw . z doen sy dinge onverskrokke openlik. fw het met leuen en verraad sy eie volk aan hierdie oewerlose vernietiging skaamteloos weggegee, Tot op hede het sy duistere werke nog nie volkome aan die lig gekom nie. Louis Botha het uiteindelik selfmoord gepleeg. Sekere mense is voorwaar te dikvellig om tot son stap oor te gaan.

CHRISTA ·

Julle redeneer nou soos hierdie klomp paloekas wat blankes die skuld vir alles gee! Toe die referendum gehou is vir verandering het BLANKES ALLEEN ten gunste daarvan gestem, NIE De Klerk ALLEEN nie!!!

chrisp ·

Christa.

Voor jy mense paloekas noem wat FW blameer gaan kyk wat hy belowe het.As jy nog te jonk was in 92(as jy oud genoeg is het jy duidelik vergeet) help ek graag met so ‘n beloftes wat hy(fw en sy handperde Roelf en Wessels) gemaak het voor die referendum.Hier sal jy die agterbakse, verradelike leuns sien.

Die vraag.
Ondersteun u die voortsetting van die hervormingsproses wat die Staatspresident op 2 Februarie 1990 begin het en wat op ‘n nuwe grondwet deur onderhandeling gemik is?

Belofte
Met die opening van die parlement se hy dat daar weer ‘n referendum gehou sal word voor enige veranderings aan die grondwet.Dws die mense het gestem vir onderhandelings en nie oorgawe nie.

Hier is van die slagspreuke op hul plakkate.
• ‘n Veilige toekoms vir ons en ons kinders.
• Vreedsame naasbestaan en gelykwaardige geleenthede.
• Ordentlike hervorming en redelikheid.
• Die beskerming van groepsbelang deur eie besluitneming.
• Die bevordering van gemeenskaplike belange deur samewerking.
• Sterk en doelgerigte leierskap.
• ‘n Eendragtige en weerbare Suid-Afrika.
• Ekonomiese, politieke en maatskaplike stabiliteit.
• Die handhawing van ordelike regering en standaarde.
• Veiligheid, vryheid en voorspoed deur geregtigheid.

Ek het nee gestem maar kan nie werklik al die ja stemmers blameer nie, hiervan getuig bg beloftes tog duidelik.

Genis ·

Johann, die meerderheid sal weer ‘JA’ stem as hulle die geleentheid gegun word.

Trolle ·

Ek worry lanal nie meer om beter presedent te kry nie, soek volkstaat die mix rasse storie gaan nooit werk nie, wonder wie die ou is wat besluit het almal in die wereld moet nou mix en happy bly forever.
Die rasse storie raak defnitief nie beter in wereld nie, net erger. As mense dink dit raak beter, dan is ek seker getik hier bo.

humor ·

CHRISTA, die blankes is van vergadering tot vergadering voos belieg. En die meeste blankes het blindelings agter hul volksgod aangehardloop en dit ten spyte van ontsteltenis en waarskuwings van die kant van die sogenaamde verregses wat n skelwoord geword het.

Henry ·

Verstommend hoe ‘n paar Nee-stemmers altyd oor die verlede wil kerm.
Dit is nou Desember 2015 en Zuma het die Rand binne enkele ure na elewintie-twenty ge-devalueer.
Terwyl julle Nee stemmers so slim was iewers gedurende die vorige eeu, kan julle miskien nou vertel hoe en wat ons op hierdie oomblik en in die toekoms moet doen.
O ja en ek en my familie het toe ook Nee gestem doer vêr terug. En weereens – Nee, ons wil nie in Orania of iets soortgelyk woon nie.
Ons dink ook nie dat dit oulik en slim was toe ons destyds Nee gestem het nie. Wou en kon bloot nie die realiteite van die RSA in die gesig staar nie.
Is maar hoe dit is.

Gerhardt ·

Crisp en Henry, dankie vir julle eerlike standpunte. Feit is ons was belieg. Niemand het verder as Mandela gedink nie en Mugabe was nog ‘n soet seun daai tyd.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.