‘Zumaville’-argitekte in regsgeding

Pres. Jacob Zuma

Pres. Jacob Zuma

‘n Argiteksfirma wat betrokke is by die ontwerp van “Zumaville” in Nkandla het glo met regsaksie begin om uitstaande gelde in te vorder, berig Sunday Times.

Phil Mashabane, ‘n direkteur van Mashabane Rose Associates, het hofstukke by die hooggeregshof in Pretoria ingedien om sowat R800 000 se uitstaande gelde in te vorder. Mashabane Rose Associates het glo vir Kombani Consulting ‘n uitvoerbaarheidstudie en ander werk gedoen vir die beplande dorp van R2 miljard naby president Jacob Zuma se Nkandla-woning.

Konbani Consulting is deur die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming gekontrakteer om die werk te doen. Mashabane beweer in hofdokumente dat Kombani sy maatskappy in Januarie 2011 gekontrakteer het as projekbestuurder en argitek en toe nie twee bedrae van R741 802 en R55 060 betaal het nie. Die ooreenkoms was glo “gedeeltelik mondelings, gedeeltelik geskrewe”.

Die departement en Tinyiko Maswanganyi, ‘n direkteur van Kombani, beskuldig mekaar intussen daarvan dat die ander party goedkeuring gegee het vir die aanstelling van Mashabane Rose Associates.

Maroela Media het vroeër berig dat planne vir die ontwikkeling van Zumaville voortgaan. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.